Meisie (11), drie tieners het glo seks in PE-fliekteater

Argieffoto

Argieffoto

Drie tienerseuns en ʼn 11-jarige meisie is glo die naweek betrap waar hulle seksuele dade op mekaar uitgevoer het in ʼn fliekteater in Port Elizabeth.

Die vier is glo in die fliek by die Baywest Mall betrap nadat ʼn klag ontvang is van een van die fliekgangers. ʼn 18-jarige seun is glo betrap waar hy seks gehad het met ʼn 16-jarige meisie terwyl die 11-jarige meisie en ʼn 16-jarige seun glo ook besig was met ʼn seksdaad.

Die voorval is deur vier werknemers by die fliekteater bevestig. Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak word deur die kinderbeskermingseenheid ondersoek.

John Sikiotis, uitvoerende hoof van Sterk Kinekor, het gesê die vier jeugdiges is ná die beweerde voorval na die kantoor van die winkelsentrum se veiligheidmaatskappy geneem. Hy het gesê die polisie is ontbied sowel as die twee seuns se ouers en die meisies se oupas.

“Die bestuurder van die teater het die meisies [en hul oupas] na die polisiestasie vergesel om die saak aan te meld. Ons hersien en verbeter voortdurend ons maatreëls en prosedures om die veiligheid van ons klante te verseker, en sal krities ondersoek instel na die omstandighede rakende die voorval,” het Sikiotis gesê.

Sonja de Necker, hoofbestuurder van Baywest Mall, het die voorval bevestig. Sy het gesê die 11-jarige meisie en drie tieners is Saterdagaand omstreeks 18:30 betrap.

Kuban Chetty, ’n prokureur van Port Elizabeth, het gesê die 16-jarige seun wat glo ʼn seksuele daad op die 11-jarige meisie uitgevoer het, kan van verkragting aangekla word.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

VerVanRyn ·

Wat de hel!?!?!?!? Hoe laat iemand sy/haar 11 jarige dogter toe om saam met ‘n spul ouer hormonaal geplade mense te gaan fliek?!?!?!

Jakoos ·

Gironki as hul NIE weet dan is dit eers erg. Laai hul die kleine kind net af by die fliek en hoop vir die beste of wat? Nee kyk, ouers moet bietjie strenger wees en weet wat aangaan en die hoe en waar van hul kinders.

V ·

Liewe genade!Duidelik sien hul dit van die ouers af,selfone en televisies.Kry iets vir die goed se hormone asb.Vroeg ryp vroeg vrot!

Donald ·

En julle was nie kinders, en het ook glad nie problem gehad met hormone???

nig ·

DONALD?? Beslis nie op daardie ouderdom, nog met my Barbies gespeel!

Alien ·

Tieners word te veel vryheid gegee. Ek is een van die helipkopter ma’s en dit wat my 13 jarige dogter my vertel van haar maats laat my hare rys. Gee meer aandag asb en verwag die ergste want dit gebeur. Pas hulle op. Enorme groepsdruk vind elke dag op ons tieners plaas.

Landie ·

Toe ek 11/13 was het my hormone my BESLIS nie gepla nie. En nog minder sou ek toegelaat geword het om saam met 16jariges fliek toe te gaan. Ek het nie eers my eie dogter op 11/13 alleen laat fliek toe gaan nie!!! Sy kon saam met my gaan as sy wou!!!

Pendoring ·

…en julle dink regtig die jeug is so sleg? Dit gebeur al vandat daar sitflieks en inrye bestaan. Wakker word mense! ‘n Groot hoeveelheid van ons ouer garde het saam met hulle Pa fliek toe gegaan en saam met die Ma teruggekom. Daar is selfs al liedjies daaroor geskryf, “Kissing in the back row of the movies” – The Drifters (Sestig – Sewentigs)

Louise ·

Pendoring … jy praat seker van jouself. Meeste van ons het met goeie waardes groot geword. Dis mense soos jy met losse sedes wat met “die Pa fliek toe gaan en met die Ma huistoe gaan” … Kinders van daardie ouderdom wat met seks eksperimenteer kort ‘n verdomde ordentlike loesing!!!

Sollie ·

Pendoring en wie sê die liedjie het van 11-jariges gepraat? Duh! Niemand sê die jeug is ne tsleg nie, hulle is net voor op die wa en te groot vir hul skoene en baie van dit is die ouers se skuld omdat hulle toegee en ingee. Hulle moe tmeer aan sport en goed deelneem dan sal hul te moeg wees vir grootmensdinge.

Liewe lulu ·

Ek het 2 kleindogters wat weens omstandighede by my woon. Hulle is onderskeidelik 11 en 13 jaar oud. Beide het al vir my gese die kinders by die skool spot hulle. Se hulle is nog babas want hulle het nog nie gevry nie. Hulle is in n privaatskool. Dit laat my woordeloos. Ek dink nie ek is te streng nie, maar ek probeer hulle net beskerm.

Helikopter Ma ·

Liewe lullu my 2 dogter is ook dieselfde ouderdom. Pas hulle op. My dogter vertel my dinge van vriendinne wat jou hare sal laat rys, verwag die ergste want dit gebeur om jou kind. Hulle het enorme groepsdruk, pasop vir instagram en facebook jy moet weet wat hulle daarop doen.
Ek dink ouers gee hulle tieners te veel vryheid…

Helena ·

Ek glo n kind moet beperk word op sosiale netwerke anders verloor hulle voeling met die werklikheid. Altwee my dogters van 14 en 18 is net op Facebook, BBM, en ek en my man kan enige tyd van dag of nag daar in teken en kyk wat aangaan ver vilgere goed wat geplaas word en gese word deur ander kinders verwyder en dan daai persoon delete, not nooit probleme gehad nie.

Jolene ·

Sjoe dis bitter rof wat gaan aan in ons wereld??? Ouers wil niks weet van hulle kinders nie!!!! Wat gebeur nou as ‘n 11 jarige swanger word van ‘n 16 jarige? O my skok ek het ‘n seun van 11 ek weet darem nie of ek dit sal oor leef nie kry nou die dag briefie in sy skool hemp se sak (ek soek ‘n drukkie pouse Ja\nee dit bekommer my al

Takkie ·

Spreek daardie oordeel uit, dan voel jy sommer beter oor jouself. Moenie terughou nie.

BoereBikerBaby ·

weet jy dat vandag se kinders geen skaamte het! ek kan net imagine hoe teleurgesteld en kwaad die ouers en oupa’s moes weet toe hul die oproepe ontvang het. sies man…. jong meisies het deesdae geen respek vir hulself nie.

anne ·

Skandelik, sies man! Vandag se meises ( lw. party nie almal) veral is hopeloos te groot vir hulle skoene met geen selfrespek nie, gaan kyk maar oor naweke in die “malls” . Nee wat Liewe Lulu ek is saam met jou, hou hulle kind solank jy kan. Niks leliker as die meisies wat so agter die seuns aanloop nie.

Helena ·

Ja tieners het hormone, maar reg opgevoede en goed ingelige tieners sal defintief van beter weet, en meer respek vir hulle self he. Ek sal glad nie dat my 11 jarige dogter gaan vliek sonder my toesig nie, ook nie my 16 jarige nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.