
Foto: Verskaf.
’n Meisie (11) is Maandagmiddag ernstig beseer toe ’n voertuig haar getref het in Beyers Naude-straat in Potchefstroom.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 12:15 by die toneel opgedaag.
“Sy het aan die kant van die pad gelê en was omring deur talle onderwysers wat noodhulp aangebied het,” het Meiring gesê.
Volgens Meiring het sy ’n baie ernstige besering aan haar been opgedoen en was in ’n ernstige toestand.
Sy is op die toneel behandel en na die Mediclinic in Potchefstroom vervoer vir noodbehandeling.
Die bestuurder van die voertuig wat die meisie getref het, was glo nêrens te siene nie.
Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog onbekend, maar sal deel uitmaak van die polisie se ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Ai jammer om te hoor.
Verseker weg gèhol MM hou ons op. hoogte
Hoop sy herstel ten volle – en die gemors wat haar getref en weg gery het – word gou gevang. Pasop what goes around comes around.