Meisie (12) neem eie lewe; glo oor boelies

Anneke Mostert. Foto: Instagram

Anneke Mostert. Foto: Instagram

ʼn Egpaar van Johannesburg is in rou gedompel nadat hul 12-jarige dogter haarself Sondagmiddag met haar pa se .38 rewolwer doodgeskiet het.

Daan Mostert, ʼn prokureur, het gesê hy en sy vrou, Margha, worstel nou met oorweldigende skuldgevoelens, vrae en verwyte nadat hul dogter, Anneke, so onverwags haar eie lewe geneem het. Daan vertel hy en Margha was op pad na Kroasië toe hulle die tragiese nuus ontvang het.

Anneke het glo die middag saam met haar ouma gery om wegneemetes vir aandete te koop. “Hulle was seker so halftwee terug by die huis en Anneke het gesê sy gaan draf,” het Daan gesê. “Ek dink sy het teen daardie tyd reeds die kluis se sleutel êrens uitgekrap en die rewolwer gevat en êrens versteek. Sy het na ʼn uitkykpunt gestap daar in die buurt [Quellerina] en haarself geskiet.”

Daan het gesê mense wat naby die uitkykpunt aan ʼn waterprobleem gewerk het, het opgekyk toe hulle die skoot hoor en Anneke langs die pad sien lê. Hulle het haar na die Flora Life-kliniek gehaas waar sy ses ure later dood is. “Toe ons die nuus kry het ons dadelik ʼn vlug gekry Suid-Afrika toe, maar toe ons Maandagoggend hier land was sy reeds dood,” het hy gesê.

Langs haar op die toneel het sy ʼn rooi boks gelos met nege briefies vir die mense naaste aan haar. In hierdie briefies het sy verduidelik waarom sy besluit het om haar eie lewe te neem. “Sy het in een van die briefies gesê dat die cool groepie by die skool vir haar gesê het sy is vet en lelik. Die tweede rede was dat sy gedink het sy presteer nie goed met haar karate nie. Sy het soos ʼn mislukking gevoel.”

Anneke Mostert. Foto: Instagram

Anneke Mostert. Foto: Instagram

Volgens Daan het Anneke nooit enige tekens van depressie of gedragsprobleme getoon nie. “Sy was ʼn wonderlike, lewenslustige, vriendelike, hulpvaardige kind. Al die goeie dinge wat mens van kinders kan sê kon jy ook van Anneke sê. Sy het nog die Saterdagaand oudergewoonte by my in die bed kom kruip. Ons het gesels en ek het haar gecuddle voor sy terug is na haar eie bed toe. Al wat ons nou kan dink is dat daar ʼn sluimerende depressie moes wees waarvan ons nooit geweet het nie.”

Daan het gesê hy glo Anneke se hoë intelligensie kon moontlik tot haar depressie bygedra het, juis omdat sy baie oor die lewe en haar bekommernisse gedink het en die beplanning van haar selfmoord goed kon wegsteek. Hy het ook gesê hy vermoed dat die hormonale invloed van puberteit ook ʼn rol kon gespeel het.

“Ons het Anneke ten volle vertrou en nooit gevoel dit is nodig om deur haar selfoon te gaan of haar dagboek te lees nie. Natuurlik het ons nou deur haar selfoon gegaan en die foon vertel ʼn baie donker storie. Dit lyk asof sy die afgelope twee weke begin het om donker goed te skryf en gesê het dat sy selfmoordgedagtes het.”

Nadat Anneke by die hospitaal opgeneem is, het dokters ook gesien dat sy haarself liggies op haar arms gesny het. Daan het eers ná haar dood uitgevind dat haar karate-afrigter haar glo oor die snye gekonfronteer het en dat sy toe erken het dat sy selfmoordgedagtes het. Die afrigter het egter niks vir haar ouers gesê nie, omdat sy nie Anneke se vertroue wou breek nie.

“Enige volwassene moet weet dat wanneer ʼn kind teenoor jou erken dat hy of sy selfmoord oorweeg, jy die ouers móét inlig daaroor, maak nie saak hoe kwaad die kind gaan wees nie. Ons is so ongelukkig om te weet dat daar iemand was wat voor die tyd geweet het wat in Anneke se kop aangaan, maar niks gesê het nie. As dit by depressie kom, kan ʼn mens nie stilbly nie.”

Hy het gesê hy hoop Anneke se verhaal sal ʼn boodskap aan ander ouers wees om altyd op die uitkyk te wees vir enige tekens van depressie by hul kinders. “Ouers moet nooit ooit dink dit kan nie met hulle gebeur nie, want dit kan met jou gebeur. Die hedendaagse samelewing, die internet en sosiale media plaas ongekende druk op ons kinders. Niks kan Anneke terugbring nie, maar haar verhaal kan dalk ʼn waarskuwing vir ander ouers wees. Wees bewus van wat in jou kind se binneste aangaan voordat hulle by die punt van geen omdraai is.”

Anneke word oorleef deur haar ouers, vyfjarige tweelingboeties en ʼn 20-jarige suster. Sy sal Dinsdag uit die NG Kerk Quellerina begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Milan Bye ·

‘n Kind word gevorm tot en met die ouderdom van twaalf, daarom is dit so belangrik om vir ‘n kind die regte fondasie te skep.

Was ook daar... ·

Op die nuutste Prontuit TV-program het dit uitgekom 23 (DRIE-EN-TWINTIG) mense pleeg selfdood per DAG in Suid Afrika. Hierdie arme kind is een van die aaklige statistiek. Ek sal wil hê daar moet daadwerklike stappe geneem word in ALLE skole om boelies uit te sorteer. Depressie is ‘n siekte wat toeneem in ons land agv baie dinge – geweld, druk, vrees dat jy jou werk mag verloor en dan ook, soos in die geval, boelies wat definitief aangespreek moet word. Dis NIE altyd moontlik om depressie by jou kind raak te sien nie. Daar is nooit een enkele faktor wat die totale bydrae lewer tot depressie nie. Ons lewe ongelukkig in ‘n baie gejaagde lewe, almal moet swoeg om kop bo water te probeer hou, mens wil die beste vir jou kind gee en moet baiekeer lang ure werk om hul ‘n goeie toekoms te probeer verseker. Dis ongelukkig hoe die lewe is. Sterkte en aanvaarding vir hierdie ouers.

Debs ·

Ai my innige simpatie en meegevoel met die verlies van hierdie prag kind. Die jong kinders word so bloot gestel en het soveel druk op hulle vandag agv die samelewing, dus moet ouers baie meer betrokke wees by hulle kinders VERAL op hierdie ouderdom. Ek glo die inligting wat Daan hier gedeel het sal baie ouers bewus maak.

Henk Venter ·

Mense koppel te maklik depressie aan n selfmoord. Waneer begin ons ophou n slagoffer vinger wys en kyk eerder na ons self om te blameer. Dis kinders wat na hul ouers aard wat ander kinders so boelie en spot. Hulle moet sulke kinders saam hul ouers n boete ople wat hulle vir 2 jaar in n instelling laat bly waar hulle geleer kan word om soos behoorlik opgevoede mense te lewe

Sarita Rademeyer ·

Self DOOD nie selfmoord nie. Party mense kan nie in hierdie wereld leef nie.

Yolanda ·

Verdomp mense ‘n elektroniese toestel soos ‘n foon, rekenaar, tablet is soos ‘n wapen in die hande van kinders. Dit hoort nie ‘n item te wees wat kinders sonder toesig gebruik nie. Hoeveel skade het dit al berokken? Dit is verskriklik dat hierdie meisietjie dood is en so alleen moes voel en gedink het daar is nie vir haar hulp nie. My kinders smeek my vir selfone en ek het net my voet neergesit. Selfs my ouer seun se foon is gereeld deurgegaan en ek het net nie ‘n saak gehad met sy privaatheid nie. Wat het van ons geword dat ons kinders se privaatheid van meer belang is as hulle welstand? My hart is so seer vir hierdie ouers.

Danie ·

Yolanda, ek stem saam jou, ek het self n 17 jarige en ek gaan ook deur haar foon , en het al op meer as een geleentheid groot probleme ontlont .

Leandre Smit ·

Ons het die ouers op die lughawe by Frankfurt gekry terwyl hul besig was om vlug terug te probeer kry. Baie sterkte aan die ouers en familie in hierdie moeilike tyd! Bid vir vertroosting

Melani ·

Ek dink daar rus ‘n geweldige groot verantwoordelikheid op ouers se skouers, om hulle kinders te leer om nie ander kinders te boelie of te verneder nie.

Yolande ·

Amen, Suster.

Mense verstaan nie die impak wat kinders op ander kinders kan hê nie. Dis ‘n onlooflike groot probleem. Ek probeer my bes om vir my kinders empatie te leer – om hulself altyd in ‘n ander se skoene te sit voor hulle woorde sê wat seermaak en nie teruggetrek kan word nie.

Ek sien ook dat die arme kind nie voldoen het aan hoë verwagtinge nie en dat sy minderwaardig gevoel het a.g.v. die karate. Ek het net so gevoel, toe ek in matriek nie as ‘n prefek gekies was nie. Die klink nou simpel om dit so hardop te sê, maar ek het soos ‘n totale mislukking gevoel.

Elmarie ·

Ek as ouer gun ook nie my kinders privaatheid nie. Ek kyk en ek vra vrae. My seun amper selfmoord gepleeg met n online dating meisie. Nou vat ek privaatheid weg. Dit is my reg. Dit ook my reg om kinders teen ander mense en hulle self te beskerm.

Sproetjies ·

Dis hartseer en ontstellend om nuus te lees van sulke jong kinders wat hulle eie lewens neem agv ander kinders wat nie ‘n duit omgee, of respek het vir hulle medemens deur die te boelie nie. Sterkte aan die ouers en familie. Mag ons Hemelse Vader julle vertroos en koester met Sy Liefde in julle groot verlies.

Christine ·

Voel so jammer vir die gesin. Maar wanneer neem jy weer die beheer terug oor jou kind en gee baie aandag en liefde. Jy kan vandag se tieners nie vertrou nie. Hulle sal jou reguit in die oë kyk en vir jou lieg. Bring terug wederdydse vertroue.

Corne ·

Vreeslik hartseer! So jong & onskuldig! Kinders kan baie lelik raak in die skool & kinders maak & breuk jou terwyl jy op skool is! Ongelukkig was ek ook al n slagoffer van boelies nadat ons in nuwe dorp intrek & ek by nuwe skool begin het.
Was n aaklige tyd maar gelukkig was ek sterk genoeg om nie myself deur depressie onder te kry nie.
Ek voel die meisie se pyn om alleen te voel & soos ‘n mislukking te voel.
Kinders wat boelies is wys duidelik hoe hulle by die huis opgevoed word & dat hulle eie ouers self ook Boelies is!
Dit is die wreedste marteling waar deur enige kind moet gaan, boelies!

Hoop alle ouers let meer op na hul kinders wat geboelie word & selfs die ouers wat boelies groot maak!
Ek probeer met alles in my, om my kind met mooi maniere groot te maak & om vir hom te wys om eerder n maaitjie se hand te vat I.p.v lag. Om eerder altyd n maatjie help opstaan as hy/sy geval het & dat dit “ok” sal wees as maaitjie anders loop, praat of lyk.
So bid ek dat my kind nooit op skool moet deur gaan waar deur ek moes gaan nie & eerder net te vergewe indien dit moet gebeur. En geen kind moet ooit soos n mislukking te voel nie!

Alle sterkte aan die Familie met die afsterwe van n geliefde meisiekind wat te vroeg n engel geword het. Die Here het ander planne met haar in die hemel!

Allet Venter ·

Ai, dis so sleg om n kind aan die dood af te staan. My innige simpatie aan haar familie.

Louise ·

Die vreeslik erg, baie jammer aan die arme kind en haar ouers.
Hoekom word boelies in die 1ste plek toegelaat om te boelie, na die 2de oortreding van ongepaste gedrag moet hulle geskors word.
Ek was self geboelie deur die onderwysers en hulle kinders ongelukkig was dit n klein skool en 3 van die kinders in my klas se ouers was onderwysers wat toegelaat het om my af te kraak en te boelie en sleg te maak. Ons was brand arm en was die grap van die skool en so ook die onderwysers wat my gedurig GEROEP het en gese het ek RYK nie lekker nie.
Dit moet glad nie toegelaat word nie. Ongelukkig het ek nie ouers gehad wat vir my kom opstaan nie. ek moes dit self doen. Ek het meer as eenkeer aan selfmoord gedink en n briefie geskryf ek kon net nie so ver kom nie. Dis erg om so getuister te word, ek kry die familie ongelooflik jammer. wens net iemand kon opstaan en dit stop sit voor die tyd. Sterkte aan die familie

Shirley ·

Sterkte aan di familie in di moeiliketyd. Net God kan jul dra en vertroos.

Sonja ·

Ek wens mens kan hul kinders reg groot maak!!!!!!!!!!! n mens spot met nimand nie!! mak nie saak wat daar vout is nie. Ek sal my kind iets an doen as ek ooit hoor dat hy n kind spot of sleg se of boelie!!!!! dis die vieslikste ding van kinders is om te spot!! Maar dis mos trotse ouers wat nie om gee hu sy kind is omdat hy “populer” is nie!! Kom by mense en maak jul kinders op die regte pad groot en nie die regte pad wat almal jou like nie!!!

Ek is baie jammer oor jul verlies van n dogter, ek dink dis n seer wat geen woorde kan toe smeer nie. Baie baie sterkte aan julle gesin deur die tyd van rou…. julle is in ons gedagtes en gebede.

Elfie ·

Nou-ja, hopelik weet die boelies nou wat het hulle nonsens veroorsaak….

W ·

Ek hoop ook so!! Ek hoop die arme kind het daardie boelies se name gegee, dat hulle weet hoe seer hulle haar gemaak het. Want soos dit mos werk sal die skuldige boelie altyd dink dit was nie hy/sy nie maar iemand anders. En môre spot ons net weer die volgende persoon. Ai dit is so sleg…voel soooooo jammer vir hierdie ouers. Baie sterkte aan hulle.

Sarita Rademeyer ·

Ek dink dis uiters onverantwoordelik van die joernalis om deur die opskrif van die berig die indruk te skep dat die skuld van boelies is. Dit is baie hartseer wat gebeur het, maar om ander kinders te blameer is ongevraagd. Depressie is n siekte wat party mense nie oorleef nie. Dis niemand se skuld nie (ek praat uit ervaring). Wanneer jy in depressie gedompel is beleef jy nie noodwendig dinge soos dit werklik is nie. Daar is ander 12 jarige meisies wat saam met haar op skool is wat hierdie berig gaan lees en hulle self gaan blameer vir wat gebeur het.

Vir die ouers wil ek sê – maak nie saak wat enige iemand vir julle sê oor seelfdood nie (let wel – DOOD nie MOORD nie) – julle kind is by God.

Boelie-verwyter ·

Ek dink jy het enersyds ‘n punt, maar andersyds staan die feite so: geen twaalfjarige behoort so bedreig te voel deur haar medemaats deur so ‘n stap te neem nie. Ons weet vir ‘n feit die dogter het wel depressie nie, maar ons weet vir ‘n feit sy is geboelie. Dalk nodig dat haar mede-leerders die waarheid weet sodat enige boelie gestuit word. As ons kinders nie weet wat aangaan nie, word hulle dalk die cool groepie se volgende teiken. Die betrokke skool behoort ook daadwerklik oor hulle boelie- en aanmeldingsbeleid te besin. Ek weet hoe dit voel, het self ‘n twaaljarige dogter wat gereeld in trane opeindig by die huis. En ja, soos iemand anders tereg noem, sulke boelies leer baiemaal die “eiegeregtigheid” by hulle ouers. Aan Anneke se ouers, julle is in my gebede. Baie, baie sterkte!

Monica ·

Sarita, ek het self ‘n tienerdogter wat ook geboelie word en gedurig vertel word hoe vet sy is, al is sy nie vet nie. En omdat sy nie soos baie ander tieners in die strate rondlê, dwelms gebruik, drink en los banding is nie. Verstaan my mooi: Ek sê nie alle tieners is so nie, maar dit lyk my deesdae is dit aan die orde van die dag. Hoekom sê kinders anders kinders sleg? Omdat hulle ‘n swak selfbeeld het. Jy sal nie besef wat se impak dit op ‘n kind het nie. Ek hoop die kinders wat dit gedoen het, lees die berig sodat hul die nagevolge van hul dade kan besef. Die tong is ‘n gevaarlike ding.

Elrika ·

My meisiekind is nou 12 en dinge by haar skool gaan ook maar rof…want as jy nie geld het in daai skool nie of nie brand maer is nie (JA op hul ouderdom)beteken dit jy word verwerp en blykbaar dink die mammas ook dat hulle kinders maar so lelik kan wees soos hulle wil, want to ek dinge aanspreek met die 1 kind se ma word ek vertel ek moet uit die kinders se sake bly…nee ek is moedeloos en voel jammer vir my kind sy het gegaan van baie lief vir skool tot nou wa sy huil en maak of sy siek is sodat sy nie hoef skool toe te gaan nie. Dit breek my hart…

Uiltjie ·

So verskriklik. Wat n verlies. Ek hoop die boelies van daardie kind word identifiseer en blootgestel. Haar maatjies sal weet wie die cool groepie by die skool is. As dit my kind was sou ek wees soos n wyfie leeu wat storm.

Annie ·

Ons kan se wat ons wil. Ons lees wat geskryf staan, maar nie een van ons kan regtig se wat gebeur het en wat al die redes is nie. My hart gaan uit na die familie en vriende en al die maats by die skool. Depresie is n baie lelike ding. Ek self was n “victum” van depresie gewees. Selfmoord was ook al in my kop maar ek het nog nooit n plan gehad nie. Dit is vreeslik hartseer dat so iets met so n mooi jong mensie moes gebeur het. Ons bid vir die familie. Sterkte vir julle!!

Annie ·

Ons kan se wat ons wil. Ons lees wat geskryf staan, maar nie een van ons kan regtig se wat gebeur het en wat al die redes is nie. My hart gaan uit na die familie en vriende en al die maats by die skool. Depresie is n baie lelike ding. Ek self was n “victum” van depresie gewees. Selfmoord was ook al in my kop maar ek het nog nooit n plan gehad nie. Dit is vreeslik hartseer dat so iets met so n mooi jong mensie moes gebeur het. Ons bid vir die familie. Sterkte vir julle!!

johan ·

Dit is altyd tragies as so iets gebeur.Kan my nie eens indink watter impak dit op haar gesin moet he nie. Ek is n departemenshoof by n Skool in die Strand. Ek en die adjunkhoof se akademiese las is baie ligter gemaak sodat ons beskikbaar is vir leerders sowel as ouers. Dit is skokkend om te weet dat daar baie kinders is wat nie emosioneel gesond is nie. Skole mag nie hul skouers optrek as dit kom by hul leerders se emosionele gesondheid nie. Dit is dalk nie ons wetlike plig nie, maar beslis ons morele plig. Die saamwerk tussen ouers en die Skool is daarom ongelooflik belangrik.Dit is n groter belegging in leerders we lewe as die kennisbelegging.

J.Z ·

Johan jy het n baie belangrike punt daar.Ek haal my hoed af vir jou en jou adjonkhoof, sterkte en hoop daar is meer mense wat dit wil nadoen .

OP ·

Dis so erg. Sjoe mag die ouers tonne genade en krag ontvang.
Kinders kan so wreed wees. My kind is in die kleuterskool en as ek hoor waarmee sy huistoe kom partykeer oor wat ander kinders se soos “ek gaan jou mamma doodmaak” dan wonder jy hoe op dees aarde kom die kinders daaraan! Die ontvangers van hiedie tipe uitlaatings se breintjies kan dit nie verwerk nie. Ek moedig my kind aan om my te vertel wat gebeur good bad or ugly want mens is nie elke dag daar by hulle nie en die wereld is n wrede plek. Mens bid elke dag dat jou kind net bewaar word. Die mensie het haar lewe geleef en die ouers moet weet liewe jesus het haar nodiger gehad as die aarde. Ai. Ek wil nie eens dink wat die ouers moet deurgaan nie. Stuur net baie gebede en liefde. Baie sterkte en God se sagte hand van vertroosting.

Sarah ·

Boelies Boelies nie net onder die kinders nie die onderwysers is ook sskuldig jammer vir die familie my kleindogter selfde probleem met n ondewyser en wat doen die hoof? Vat die onderwysers se kant. Ons gaan nou na tuisonderrig. Gelukkig is my kleindogter oop kop en het rreguit na ons gekom. Ouers moet hulle kinders beskerm teen die boelies daar buite. Sterkte aan die ouers

Marianne ·

Ons kinders sal nie oor deel en neer kyk op ander as ons dit self nie doen nie. Soms is dit ons as ouers self wat sonder dat ons dit besef ons kinders leer om neer te kyk op ander. Dis hoe jy jou kinders groot maak. Soos hulle se doen wat ek doen nie doen wat ek se nie. Leef by voorbeeld vir jou kinders. Die lewe is so vol ge weld en lelike goed. Ons moet ons kinders leer om nie neer te kyk op ander en te dink jy is beter as die volgende een nie. Kinders kan soms baie lelike goed se sonder dat hulle besef die skade wat hulle eintlik het op ander met woorde wat hulle se nie. Mag dit n les wees vir elke een van ons. Tel jou woorde voor jy iets se van of vir iemand. Dis n skade wat jy nooit weer kan reg maak na jy dit gese het nie. Heer wees asb met die gesin en dra hulle deur die tyd.

SNEL ·

As ouer kan jy so betrokke wees en belangstel in jou kind se doen en late soos jy wil, maar as hulle nie wil praat, oopmaak of jou deel wil maak van wat in hulle lewe aangaan nie, wat meer moet jy doen. Jy kan die beste ouer wees en n goeie voorbeeld stel, kinders het maar hulle eie persoonlikheid en voel nie altyd om alles te deel nie. Ek kan ook nie sien wat is die probleem dat die ouers sonder hul kinders met vakansie gegaan het nie. As daar n goeie en liefdevolle ouma is, is sy net so goed soos n ma en daardie kinders bring miskien baie tyd by haar deur, so die probleem om hulle by hulle Ouma te los en met vakansie of werk oorsee te gaan kan ek ook nie sien wat die probleem is nie. As ouer kan jy nie altyd die skuld kry vir jou kind se doen en late nie, mens doen die beste wat jy weet om te doen en tog volg hulle hul eie koppe met tye. Met alles wat in die land aangaan, al did negatiewe dinge wat gebeur, die druk in skole en dan nog boelies en die feit dat iemand faal in n aktiwiteit waarin hulle wou uitblink kon net die laaste strooi vir haar gewees het. Dit wat vir ander sinneloos lyk kan vir iemand anders n maak of breek wees. As mens “rock bottom” geslaan het, lyk alles erger en besef mens nie dat die son môre weer sal skyn nie. Baie sterkte aan die ouers, boeties en sussie.

Kobus Horn ·

N boelie program moet geloots word deur die hele Suid Afrika. En eerste begin by onderwysers. Van hulle self is boelies, en hulle was boelies op skool gewees. Soos ek voorheen gese het is dit die mees walglikste daad wat deur een mens, teenoor n ander mens gepleeg kan word. Onderwysers wys kinders weg wanneer hulle kom kla, wanneer hulle geboelie word. Boelies loop in groepe. Dink by jouself as n boelie in n mags posisie kom. Hy saai verwoesting!!!

Naas ·

Mevrou
U weet nie waarvan u praat nie, ken nie die gesin of Anneke nie.
Die kinders het almal dieselfde biologiese ma, Margha.
U eerste aanname in verband met die tragedie is dus uit die lug gegryp.
Vir ons wat Anneke geken het en die omstandighede waaronder sy dood is, weet dus dat sy ALTYD ‘n vrolike hoogs intelligente babbelbekkie was met ‘n verwysingsraamwerk veel wyer as meeste mense jonger as 25.
U skynheilige raad is ongevraagd en het die uitsluitlike doel om u selfsugtige agenda te bevorder om die ouers by te kom
Groete.
Naas

Eliza-beth ·

Dankie Naas. Hier is altyd “slim mense” wat “weet” wat in ander se huise aangaan, wat elke dag “in hul skoene gestap het” en dus vryelik hul “raad” aan ons hier kan afsmeer. SIES THEA!Sterkte aan die familie en vriende van, wat vi rmy na ‘n oulike kind lyk, GLAD nie vet en beslis ‘n mooi gesiggie.

Eliza-beth ·

Maroela, dankie dat julle die Susan se onsmaaklike en onvanpas kommentaaar verwyder het. Dis seer genoeg vir hierdie ouers dat so iemand nog hier kom nonsens skryf ook, sulke goed bereik altyd familie en vriende se ore en hoe voel hul dan.

Woedend ·

So ‘n rukkie terug sit ek voor ‘n plattelandse skool en wag vir my kind wat in graad 2 is. Terwyl ek wag kom twee dogtertjies wat in haar klas is by die hek uit en stap gesels-gesels verby my kar sonder om my raak te sien. Sê die een vir die ander: “Ons kan Vrydag gaan, maar my ma het gesê Karlien mag nie saamgaan nie, want sy is te vet en dan kry ons skaam.” Vertel jy nou vir my boelies word nie by die huis gekweek nie.

nig ·

Woedend – ai…dis BAIE erg! Wat se vieslike ma leer haar kinders so?? Hene dis ongelooflik. Mens moet in so geval sommer kyk hoe lyk die ma en een of ander tyd in ‘n winkel agter haar staan en ‘n soortgelyke aanmerking oor haar lelike rok/broek/hare of iets maak…

Elaine ·

Dit is van dié ergste en hartseerste ding wat enige ouer kan deurgaan. Baie sterkte want die is ‘n proses wat tyd vat.

‘n Kind is hier dood en geen jammers gaan dit regmaak nie of haar terugbring nie.

Alle skole behoort ‘n boelie program te hê. Alle kinders het immers die reg om veilig te voel by die skool.

Ongelukkig is daar baie skole wat op die oog af as goeie skole bestempel word, maar wanneer dit by boelies kom faal hulle. Te veel kere word geen ondersteuning word aan slagoffers gebied nie, selfs al weet die skool en die skool se bestuur van die probleem. Baie keer word die boelies deur ‘n skool beskerm omdat hulle (die boelies) goed in sport is of hulle ouers invloedryk is met betrekking tot die skool.

‘n Werklike goeie skool het ‘n werkende boelie program en regverdige mense wat die program bestuur.

Te veel kere kom boelies weg met afgryslike gedrag.

Sarita Rademeyer ·

Dink mooi oor wat jy hier kwyt raak. Daar is ander 12 jarige meisies wat hierdie lees. Depressie is n siekte. Geen skool se boelieprogram sal dit kan keer nie. Lees ook die artikel wat in die Rapport was.

Roelf ·

Dit is môre die begrafnis. Kan net dink hoe voel die ouers vanaand. Dit is so finaal. Verskriklik finaal. Mag julle krag kry om môre deur alles te kom. Julle sal. Ek weet julle sal. Dankie aan almal wat help. Die wat naby is – en omgee. Dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.