Meisie (12) verdrink in huisswembad

Die polisie en paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn 12-jarige meisie het Donderdagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Centurion verdrink.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Valhalla plaasgevind.

“Paramedici is deur die polisie na die huis ontbied. Die meisie was met ʼn kombers toegegooi toe paramedici by die toneel opgedaag het. Twee ander jong meisies en ʼn bejaarde vrou was op die toneel,” het Meiring gesê.

Paramedici het die meisie ondersoek. Sy het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Omstandighede rakende die verdrinking is onbekend en word deur die Wierdabrug-polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lee ·

Ai maar dis verskriklik hartseer. Baie sterkte aan die ouers en vriende en familie in die moeilike hartseer tyd. Rus sag meisiekind :(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.