Meisie (13) al ‘n week vermis

10432959_684022558336874_6892343241557995202_nDominique Cage (13) van Alberton aan die Oos-Rand word al vir langer as ‘n week vermis.

Volgens Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, is Dominique omstreeks 01:00 op Saterdag 28 Junie die laaste keer gesien.

Dominique is ‘n leerling aan die Hoërskool Marais Viljoen. Sy het ‘n swart baadjie en ‘n denim aangehad ten tyde van haar verdwyning.

Enigiemand met inligting oor waar Dominique haar mag bevind kan sers. Buthelizi by 078 623 2995 of Pink Ladies by 072 241 7439 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

AmY ·

Hoekom het ek so ‘n idee sy het ook weggeloop? Ek mag verkeerd wees.

Ek hoop nogtans hulle kry haar gou.

Elizabeth ·

@AmY – stem saam met jou. Wat dink kinders tog .. dis nie beter as tuis nie, sowaar; die dinge wat met jou kan gebeur… my hare rys. As probleme SO erg is tuis, neem iemand in jou vertroue wat jou kan help om dinge deur middel van instansies en organisasies wat met sulke dinge werk (Welsyn ens) uit te sorteer. Net een ding – sy lyk heelwat ouer op die foto as net 13! Hoop dit is reg?

AmY ·

Net so Elizabeth, en ja, sy lyk ouer as 13 op die foto. Hoe word vandag se kinders so gou groot?

Toe ek 18 was, het ek gelyk so iemand van slegs 14.

Natalie Cage ·

Sy is 13 en nee ek en my man is al 16 jaar getroud en sy het weggelloop van die huis af! Ons het geen idee gehad dit gaan gebeur nie ons is’n normale familie! Sy het skool toe gegaan en huis toe gekom ek nie eers toegelaat my kinders alleen winkel toe loop nie! Ons is huis mense wat oor naweke braai saam met familie en vriende ons is nie eers drinkers nie en is behoort aan die Alberton Lewens Sentrum! My kinder slaap nie uit nie en ons handhaf redelike dissepline! Ek en my man is nie ouers wat ons kinders dood slaan nie maar as ‘n pak gegee moet word en dis noodig dan doen ons dit soos ons grootgemaak is en ons het nog nie uitmekaar geval nie en is ook nie dood daarvan nie! Hierdie is ‘n skok vir die hele familie en niemand het dit verwag nie! Dis maklik om vinger te wys na die ouers! Ek glo en vertrou die geskenk wat die Here vir my gegee het sal hy gou huis toe bring! Lekker dag Dominique se Ma: Natalie Cage

Jas van As ·

Hallo Natalie. My hart gaan uit na julle. Ek hoop sy word gou en veilig teruggevind. Baie sterkte.

Elizabeth ·

Dit kan regtig met enigiemand se kind gebeur en dis wat so skrikwekkend is. As sy weggeloop het is sy dalk deur vriende beinvloed- maats wat heel “normaal” voorgekom het of ‘n ouer kêrel dalk? Natalie, sterkte jong, jy moet die maats goed ondervra en hoop iemand weet êrens iets. Op 13 het hul g’n idee wat kan gebeur nie. En ek het nie bedoel dat daar iets verkeerd is by jou huis nie, wat ek daarmee probeer sê het dat SOU daar probleme wees moet so kind liefs na iemand wat hy/sy vertrou gaan en die saak probeer oplos as om weg te loop. Dalk het sy nie eers weggeloop maar is ontvoer. Ek probeer jou glad nie bangpraat nie, maar ek hoop die polisie en ander kyk na alle moontlikhede en ek hoop werklik dat sy gou en veilig gevind word.Jy moet asb nie dink iemand wys vinger nie, mens probeer liewer dink wat kon dalk gebeur het en waarna jul moet kyk!

Annie ·

Hi Natalie

My hart gaan ook uit na julle toe, maar weet jy, niemand wys vinger volgens hierdie kommentaar nie, beide Amy en Natalie het net genoem watse wrede wereld dit daar buite is en dat kinders eers 2 maal moet dink voor hulle sommer net wegloop, hulle was nie lelik nie. Ek verstaan dat julle uiters bekommerd is, maar weet jy, kan ek jou raad gee, wanneer sy terug is by julle…LUISTER en probeer VERSTAAN na wat sy se en hoe sy voel, so dikwels maak ons as ouers die fout deur te DINK ons luister, maar eintlik hoor ons hulle praat maar luister nie werklik nie. Ekself was in my tiener jare rebels en het weg geloop van die huis af..ek kan net se dankie Here dat ek veilig gebly het, maar as ek terug kyk dan weet ek, sou my ouers net geluister het na my as ek probeer vertel het hoe ek voel en wat ek graag wil bereik in my lewe, sou ek dit nooit gedoen het nie. Ek oordeel nie, ek kan net dink hoe bekommerd julle tans is, probeer net goeie raad gee van n mamma wat dit self gedoen

Trippie ·

Dit is sekerlik enige ouer se grootste nagmerrie, die bekommernis, is my kind veilig, sal ek my kind weer lewendig sien.

Dominique, ek hoop iemand sal vir jou sê dat jou plekkie by jou mamma en pappa is – gaan terug huistoe, hulle sal jou met liefde terug ontvang en maak jou hartjie leeg as iets jou pla.

Natalie, ons maak dit ‘n saak van gebed dat jul kind binnekort met julle herenig sal word.

Marlene ·

Sy kort n goeie pak slae. Sy het seker weer rusie gehad met haar ouers, of hulle het reels neergele. En as iemand haar wegsteek hoop ek hulle stuur die person tronktoe vir ontvoering al het sy dit self beplan.

Leeutjie ·

Ag nee Marlene jy kan nie sommer net se sy kort ‘n pak slae nie. Hoe weet jy wat het met haar gebeur. Kom ons bid en glo dat sy veilig is en nie onnodige aannames maak dat sy ‘n pakslae moet kry voordat daar nie sekerheid is oor wat met haar gebeur het nie. Baie sterkte Natalie en gesin. Ek bid uit my hart uit vir julle en ‘n veilige tuiskoms vir haar.

Louise ·

Natalie, my seuns is albei in Marais Viljoen, maar ken ongelukkig nie jou dogter nie. Maar dit maak geen verskil. Ek hoop van harte dat sy geen skade opgedoen het nie, en dat sy veilig sal terug keer na haar ouerhuis. Dit is werklik enige ouer se grootste nagmerrie. Ek sien jy behoort ook aan ALS. Gaan vra dat hulle (ons) almal saam sal bid. God sê, waar daar ‘n klomp in sy naam vergader (en bid) daar sal Hy luister, en ek vertrou eerlik dat ons gebede verhoor word! Ek weet regtig nie wat om vir jou te sê om dinge beter te maak nie, behalwe dat ek en spannetjie vriendinne en familie waarlik sal bid dat julle kind veilig terug aan julle versorg sal word. Sterkte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.