Meisie (13) al ‘n week vermis

10432959_684022558336874_6892343241557995202_nDominique Cage (13) van Alberton aan die Oos-Rand word al vir langer as ‘n week vermis.

Volgens Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, is Dominique omstreeks 01:00 op Saterdag 28 Junie die laaste keer gesien.

Dominique is ‘n leerling aan die Hoërskool Marais Viljoen. Sy het ‘n swart baadjie en ‘n denim aangehad ten tyde van haar verdwyning.

Enigiemand met inligting oor waar Dominique haar mag bevind kan sers. Buthelizi by 078 623 2995 of Pink Ladies by 072 241 7439 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
AmY

Hoekom het ek so ‘n idee sy het ook weggeloop? Ek mag verkeerd wees.

Ek hoop nogtans hulle kry haar gou.

AmY

Net so Elizabeth, en ja, sy lyk ouer as 13 op die foto. Hoe word vandag se kinders so gou groot?

Toe ek 18 was, het ek gelyk so iemand van slegs 14.

Natalie Cage

Sy is 13 en nee ek en my man is al 16 jaar getroud en sy het weggelloop van die huis af! Ons het geen idee gehad dit gaan gebeur nie ons is’n normale familie! Sy het skool toe gegaan en huis toe gekom ek nie eers toegelaat my kinders alleen winkel toe loop nie! Ons is huis mense wat oor naweke braai saam met familie en vriende ons is nie eers drinkers nie en is behoort aan die Alberton Lewens Sentrum! My kinder slaap nie uit nie en ons handhaf redelike dissepline! Ek en my man is nie ouers… Lees meer »

Annie

Hi Natalie My hart gaan ook uit na julle toe, maar weet jy, niemand wys vinger volgens hierdie kommentaar nie, beide Amy en Natalie het net genoem watse wrede wereld dit daar buite is en dat kinders eers 2 maal moet dink voor hulle sommer net wegloop, hulle was nie lelik nie. Ek verstaan dat julle uiters bekommerd is, maar weet jy, kan ek jou raad gee, wanneer sy terug is by julle…LUISTER en probeer VERSTAAN na wat sy se en hoe sy voel, so dikwels maak ons as ouers die fout deur te DINK ons luister, maar eintlik hoor… Lees meer »

Trippie

Dit is sekerlik enige ouer se grootste nagmerrie, die bekommernis, is my kind veilig, sal ek my kind weer lewendig sien.

Dominique, ek hoop iemand sal vir jou sê dat jou plekkie by jou mamma en pappa is – gaan terug huistoe, hulle sal jou met liefde terug ontvang en maak jou hartjie leeg as iets jou pla.

Natalie, ons maak dit ‘n saak van gebed dat jul kind binnekort met julle herenig sal word.