Meisie (13) gevind ná ma se eks glo met haar verdwyn

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 13-jarige meisie van Rustenburg in Noordwes is gevind nadat sy saam met ʼn man, glo haar ma se eks kêrel, verdwyn het.

Die meisie het op 30 Desember verdwyn nadat sy die laaste keer op Boshoek, sowat 30 km van Rustenburg, gesien is. Sy was glo in die geselskap van die man.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die meisie is Sondag in Brits gevind. Volgens Mokgwabone was sy alleen. Hy het bevestig dat die polisie na ʼn man soek in verband met die voorval.

Die meisie en haar negejarige boetie is in pleegsorg. Haar biologiese ma het aan Maroela Media gesê haar dogter is terug in die sorg van die pleegouers geplaas. Volgens die ma is haar kinders uit haar sorg verwyder en in pleegsorg geplaas terwyl die polisie klagte van kindermolestering ondersoek het teen die eks kêrel.

Die meisie en die ma se name word weerhou aangesien die meisie minderjarig en in pleegsorg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.