Die meisie het op 30 Desember verdwyn nadat sy die laaste keer op Boshoek, sowat 30 km van Rustenburg, gesien is. Sy was glo in die geselskap van die man.
Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die meisie is Sondag in Brits gevind. Volgens Mokgwabone was sy alleen. Hy het bevestig dat die polisie na ʼn man soek in verband met die voorval.
Die meisie en haar negejarige boetie is in pleegsorg. Haar biologiese ma het aan Maroela Media gesê haar dogter is terug in die sorg van die pleegouers geplaas. Volgens die ma is haar kinders uit haar sorg verwyder en in pleegsorg geplaas terwyl die polisie klagte van kindermolestering ondersoek het teen die eks kêrel.
Die meisie en die ma se name word weerhou aangesien die meisie minderjarig en in pleegsorg is.
Iets klink nie reg nie!