Meisie (14) as bruid aan 61-jarige verkoop

Argieffoto

ʼn 62-jarige man en vrou het Donderdag in die hof verskyn op aanklagte van mensehandel.
Kapt. Anelisa Feni , woordvoerder van die Valke het gesê die twee is Maandag in Stanger in KwaZulu-Natal vasgetrek.

Volgens Feni is hulle die tweede en derde verdagtes wat vir die spesifieke saak vasgetrek word. “Die eerste verdagte (61) is in Maart 2017 vasgetrek,” het Feni gesê.

Die 61-jarige man word daarvan beskuldig dat hy ʼn 14-jarige meisie gedwing het om met hom te trou volgens die ukuThwala-tradisie.

Feni verduidelik dat die ouers van die meisie in November 2015 oorlede is. “Sy is toe in die sorg van haar oom, die 62-jarige man wat Donderdag in die hof verskyn het, se sorg gelaat,” het Feni gesê.
Die oom het volgens Feni ingestem om die meisie aan die 61-jarige man te verkoop as sy bruid. Daar is volgens Feni glo R30 000 lobola betaal.

“Die meisie is toe na Port Elizabeth gestuur waar die man woon. Sy het saam met hom gebly van September 2016 tot April 2017,” het Feni gesê.

Volgens Feni is die meisie gedwing om as vrou vir hom op te tree en ook seksueel aangerand gedurende die tydperk.

Die 61-jarige man is tans uit op borgtog van R5 000.

Die 62-jarige man en vrou sal Vrydag weer verskyn vir hul aansoek om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

snoefie ·

hoe verskil dit van labola,? labola gebeur nog elke dag in SA.

Sus ·

Askies!!?? En die witman wat ook van mense-handel beskuldig word terwyl hy blykbaar net minderjariges op plase laat werk het, kry géén bogtog nie!! Ons regstelsel is ‘n joke.

E.K. ·

SIEK. Arme meisie skone kind en nou is haar lewe opgefoeter. Sies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.