Meisie (14) glo wreed verkrag; met klippe toegepak

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 22-jarige man het in die Grabouw-landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn 14-jarige meisie verkrag en erg aangerand het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie is glo Saterdagmiddag in ʼn oop veld in Grabouw verkrag. Sy is glo ook gewurg en met ʼn skerp voorwerp in die nek gesteek.

Volgens Van Wyk het die verdagte Maandag in die hof verskyn op aanklag van verkragting, poging tot moord en roof. Die saak is tot 21 September uitgestel vir verdere ondersoek en die verdagte bly in aanhouding.

EWN het intussen berig dat die meisie nadat sy verkrag is met klippe toegepak is en daarin kon slaag om te ontsnap en hulp te gaan soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jessica ·

Wat gebeur met die saak in Naboomspruit waat 3 kinders so vermoor is deur straatkinders en in n veld ook met klippe toegepak is? Die nuus was daar en nou is als tjoepstil. Enige closure?

Debs ·

hierdie wetter moet nie trunk toe gaan nie….. die gemeenskappe moet begin optree en self iets aan sulke gemors mense doen… want die SAP en Regering ag dit nie op hulle hoë prioriteits lys nie ….. hy gaan net weer uitkom op borgtog en weer verdwyn.

Theresa ·

Bring asseblief die doodstraf terug. Dis al wat sal help vir hierdie wetteloosheid. Maar ja – niemand sal dit goedkeur nie want daar sal elke dag te veel van hulle “heengaan”.

pop ·

Gemeenskappe moet optree teen die varke. Is al hoe dit gaan stop. As daar so paar voorbeelde gemaak word van oortreders sal hulle te bang wees om weer enigiets te waag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.