Meisie (14) in hof oor puttoilet-baba

hof-hamer

Argieffoto.

Die 14-jarige meisie wat in hegtenis geneem is vir poging tot moord nadat sy vermoedelik haar ses maande oue babaseuntjie in ʼn puttoilet gegooi het, het vandag in die Bolobedu-landdroshof verskyn.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê haar aansoek om borgtog is van die hand gewys.

Die polisie in Limpopo het vroeër gesê hy veroordeel die betrokkenheid van minderjarige kinders by strafregtelike bedrywighede.

“ʼn Verbyganger het gesien wat gebeur en die polisie ontbied,” het Ngoepe gesê.

“Die polisie het vinnig reageer en die baba is veilig uit die toilet gehaal. Hy is dadelik na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die saak is uitgestel tot 6 Julie vir nadere ondersoek deur die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ekke ·

Haai! Weet jy!! So jonk en soo harteloos!! Wat vir ‘n MA doen soo iets aan jou baba? Net gevoellose mense!

TM ·

Ons wêreld het ‘n bose plek geword. Kinders dink hulle is oud genoeg om die daad te doen of om te dink dit is cool om dit te doen maar weereens is hierdie ‘n bewys dat hulle absoluut geen idee van die gevolge van hulle dade het nie. Hulle dink ‘n babatjie, ‘n lewe, is soos ‘n ou speelding wat jy net kan weggooi as jy dit nie wil hê nie. Ek ken nie haar omstandighede nie en weet nie wat gebeur het nie, miskien oordeel ek te vinnig, maar dit bly hartseer.

Ronel ·

Bitter hartseer dat hierdie kind n mamma moet wees. Swanger op 13….. dalk verkrag? Dis n maatskaplike skande. Het sy ondersteuning gehad, van haar ouers, die gemeenskap? Seker nie. Ek verdedig nie haar daad nie, wel die situasie waarin sy vasgevang is.

E ·

14 jaar oud! Sy is self ń baba! Nee wat daar moet ń nuwe wet ingestel word. Alle kinders onder 16 wat so iets oorkom se ouers moet aangekla word. Draai bietjie die kleur om. As dit ń wit meisie was, wat sou ons dan sê? of dalk iemand bekend aan ons? Nee wat ons leef nou in die 20ste eeu alle ouers moet verantwoordelikheid neem teenoor hul eie kinders. Watse tipe lewe en helse omstandighede veroorsaak so iets?

Magda ·

As jy nie kinders wil he nie – HOU JOU BENE TOE OF GEBRUIK IETS- Dit is so volop en gratis – SIES MAN – hoop jy kry harde arbeid vir jou gedrag – soos om in n Kinderhuis te werk sonder vergoeding vir ten minste 5 jaar – dit sal jou leer om kinders te waardeer en met respek te behandel – Jy verdien nie die word MA nie.

connie ·

Ja dit is n skande maar kyk na haar ouderdom sy was 13 toe sy swanger geraak het. Wie was verantwoordelik hiervoor, is sy dalk verkrag? en deur wie. Soek die skuldige.

Lynette ·

Waarom se almal verkragting? Die wet laat kinders toe om op 12 seksueel aktief te wees. Ek wonder of die spesifieke wet deur ou, vuil, siek mans goedgekeur is.

Ouvrou ·

Op ses maande raak hulle so oulik. Glimlaggies, en hulle gryp mens so vas. Alida ons mag sê barbaars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.