Meisie (14) kritiek ná bakkie rol

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Tienermeisie is kritiek en agt ander mense beseer nadat ʼn bakkie Sondagmiddag teen ʼn wal op die R512 in Hartbeespoort afgerol het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 16:00 gebeur. “Die bestuurder van die bakkie het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor en die bakkie het ʼn hele paar meter teen ʼn wal afgerol. Die meeste beseerdes het ten tyde van die ongeluk agter op die bakkie gesit,” het Mathe gesê.

Sy het gesê ʼn 14-jarige meisie het ernstige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. ʼn Netcare-helikopter het die meisie na ʼn trauma-hospitaal in Johannesburg geneem.

Intussen het nog reddingswerkers passasiers wat in die bakkie vasgekeer was, uit die voertuig gesny. “Toue en ʼn draagbaar is gebruik om al die beseerdes tot bo die wal te kry waar ambulanse op hulle gewag het,” het Mathe gesê.

Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24 wie se paramedici ook op die toneel was, het gesê afgesien van die 14-jarige meisie, het die ander passasiers ligte tot matige beserings opgedoen.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Bakkie ·

Ja, ek het ook ‘n bakkie . . . nou al 22 jaar op die pad maar padwaardig. ENIGE voertuig moet op só ‘n wyse bestuur word dat jy nie beheer verloor, dit wat ek die laaste 56 jaar regkry. Neem ALTYD padomstandighede in ag en bestuur daarvolgens. Onthou ook dat die kappie van ‘n bakkie net die wind keer en geen beskerming in ‘n ongeluk. Jy kan netsowel ‘n groot plastieksak gebruik.
Sterkte aan die ongelukslagoffers.

snoefie ·

oordele oordele oordele! baie geluk bakkie. jy is due perfekte bestuurder. hou dit so. sterkte en snelle beterskap aan almal.

Leon ·

Ons is daar verby en het nogals lank in die verkeer gestaan en wag vir die helikopter om die kind op te pik. Daardie pad is ongelukkig bekend vir ongelukke, en die plek was op ‘n draai, en ‘n langerige afdraend.
Dieselfde pad het ook al heelparty motorfiets ryers se lewens gekos. Niks teen motorfiets ryers nie, maar dit ‘n gevaarlike stuk pad tussen Lanseria en Broederstroom.

Sharon ·

Sonder om harteloos te klink… “meeste beseerdes het agterop die bakkie gesit” jy klim nie op ‘n pad met mense agterop nie punt. Maak nie saak of jy net 20kph ry nie. Jy MAG nie

Linette ·

Presies, Sharon, presies. Wanneer gaan die mense leer dat ‘n bakkie nie soos ‘n taxi bedryf mag word nie? Dit is teen die wet om mense agter op ‘n bakkie te vervoer – of dit nou met of sonder ‘n kappie is. Ag, Snoefie, hou tog net jou snater as jy niks positief tot ‘n gesprek kan bydra nie – jy moet altyd sarkasties en beterwetig wees in al jou kommentare.

Kobus 4e ·

Sharon en Linette, ek ken nie vir snoefie nie.., maar jy mag mense agter op n bakkie vervoer, mits die voertuig “toe” is 350 mm bokant die oppervlak waarop jy sit of 900 mm bokant die oppervlak waarop jy staan. As jy plat binne die bak sit, mag jy agterop ry, jy mag nie op die kant van die bak sit nie. As die bak nie n reeling , hoer as 900mm bokant die vloer het nie, mag jy nie staan nie.
Ek se nie dis reg om agter op die bak te sit nie, maar ek veroordeel dit ook nie, party mense, van enige kleur, het dalk net nie genoeg motors om almal na n plek te vervoer, en moet noodgedwone van ‘n bakkie gebruik maak. Die bestuurder moet dan besef dat hy n kosbare vrag vervoer, net soos enige persoon met ander manse in die kar.
In elk geval gaan blaam nou niks help nie.
Sterkte aan die families.

Kobus 4e ·

Jy mag nie geld vra vir persone agter op die bak nie, ‘n maksimum van 5 mense op die bakkie se bak, jy mag dit nie as n skoolbus gebruik nie, saam nog ander beperkings

CHRISTA ·

Sharon, ek stem volkom saam met jou, maar hoekom word die wette nie deur die Metropolisie / Verkeerspolisie toegepas nie? Hier in Ekurhuleni is ek ‘n ruk gelede gestop en ‘n boete uitgereik omdat my motorlisensie nog nie hernu was nie. My man was op sy sterfbed (13.9.2016 oorlede) en ek het dit so aan die metropolisie verduidelik. Terwyl sy die kaartjie uitskryf ry TWEE MOTORS by ons verby SONDER ENIGE NOMMERPLATE!! Toe ek dit aan haar uitwys was haar antwoord net “You whites must always complain about everything”. Ek sê toe vir haar: “Don’t use that racist nonsense towards me”, waarop sy my antwoord “Don’t point your f****ing finger at me!!”. Ek het die boete nie betaal nie en gaan Woensdag Hof toe oor die aangeleentheid!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.