Meisie (14) se liggaam in begraafplaas gekry

Sedika Lekhobo

Die liggaam van ’n 14-jarige meisie is Sondag in die Vryburg-begraafplaas in Noordwes gevind.

Sedika Lekhobo is Saterdag die laaste keer lewend gesien toe sy by die huis weg is.

Volgens Elias Malindi, woordvoerder van die onderwysdepartement in Noordwes, was Lekhobo ’n gr. 9-leerder aan die Hoërskool Vryburg.

Mmaphefo Matsemela, provinsiale LUR vir onderwys, het haar meegevoel met die oorledene se familie betuig.

“Die pandemie van geweld teen vroue en kinders is steeds algemeen in ons gemeenskappe. Ons hoop die polisie sal diegene vind wat vir die dood van hierdie leerder verantwoordelik was.”

Die Hoërskool Vryburg het Lekhobo se dood bevestig. “Die vreugde wat Sedika in ons lewens gebring het, was onmeetbaar. Sy sal waarlik deur haar medeleerders gemis word. Ons betuig ons innige meegevoel met die Lekhobo-familie in hierdie tyd van hartseer.”

Die oorsaak van haar dood word nog deur die plaaslike polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Frank John ·

Wat gaan in mense se koppe aan waneer hulle Onskuldige se lewe neem? Watse plesier kan jy daaruit kry? Iets groot is vout met die persone wat so ver gaan. Ek sal nog verstaan as daar hier en daar sulke goed gebeur maar op so grootskaalse wyse. Wat laat so mens dink hy kan ander se lewe neem en normaal aan gaan met hul lewe. Die gewete moet dood wees.

Mieke ·

Frank John – Rk stem saam met jou – selfs as dit net hier en daar was, sou dit steeds onaanvaarbaar wees.

piet ·

Enige kriminoloog of sielkundige sal vir jou se hierdie tipe moordenaars kry ‘n “kick” uit die daad om iemand anders te vermoor. Dis ‘n “mags” ding. Dis natuurlik ‘n sielkundige afwyking wat sulke moordenaars het. Andersins kan dit ‘n manier wees van ‘n misdadiger om sy spore dood te vee. Die oorledene kan hom mos nie identifiseer of ander inligting verskaf na die tyd nie.

Di ·

Dis so tragies! Soveel onskuldige mense se lewens word verwoes deur kriminele wat letterlik die land oorgeneem het. Die ANC regering doen ook nie veel hieraan – al wat hulle doen is praat en niks gebeur verder nie. RAAK ONTSLAE van al die onwettige immigrante in die land – DIT is ons grootste probleem. Groot hoeveelheid van misdadigers wat in hegtenis geneem word is onwettige immigrante

marthie ·

Ons innige simpatie aan haar ouers as ook haar vriende. Sy nog so jonk. ‘n pragtige meisiekind. As sy verkrag en vermoor is moet daai persoon goed gestraf word . Sy verdien nie om so te sterf nie nie enige een nie. Ek het self kleinkinders en dit maak mens bang
Moet sê doodstraf moet terug kyk hoeveel moorde verkragtings plaasmoorde gangs wat op mekaar skiet wat onskuldige mense ook doodskiet vrouens mans kinders verkrag vermoor word

Surfer ·

Ons normale mense van alle kleure (bruin, geel, swart, wit) moet hierdie dierlike kriminele met hul eie maniere terug betaal. Ons moet saamstaan (ALMAL) en aksie neem teen hierdie gespuis, n oog vir n oog en n tand vir n tand. Die polisie en die regering kan ons nie help nie.

Nie Verbaas ·

Baie tragies en ANC het geen benul van hoe om van misdaad ontslae te raak of te beheer nie en Cele glo vas hy doen wonderlike werk.

Wondermaarnet ·

So ‘n pragtige jong kind se lewe is geneem deur ‘n monster. Dit is tyd dat die doodstraf teruggebring word en onwettige immigrante uitgeskop moet word.

Swerwer ·

Innige simpatie en meegevoel aan die ouers, familie en naasbestaandes van Sedika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.