Meisie (15) dae lank in onbewoonde huis aangehou, verkrag

Die vervalle huis waar die meisie aangehou is. Foto: Verskaf

Die vervalle huis waar die meisie aangehou is. Foto: Verskaf

ʼn 15-jarige meisie is Woensdag gered nadat sy glo vier dae lank in ʼn onbewoonde vervalle huis in Louis Trichardt, Limpopo, aangehou en herhaaldelik verkrag is.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê die meisie is Sondagmiddag ontvoer toe sy in Kleinhansstraat geloop het.

“Die verdagte het haar van agter af gegryp, haar mond toegedruk en haar na ʼn nabygeleë verlate huis gesleep  waar sy vasgebind is,” het Mojapelo gesê. “Daar word verder beweer dat die man die meisie bedwelm en herhaaldelik verkrag het totdat sy Woensdagoggend deur ʼn verbyganger gevind is toe sy probeer ontsnap het.”

Die slagoffer is met haar hande agter haar rug vasgebind aangetref en was vol bloed. Haar mond was toegebind en sy kon nie behoorlik loop nie.

Die meisie is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

ʼn Saak van verkragting is by die Makhado-polisie aanhangig gemaak.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met enige inligting na vore te kom wat die polisie met hul ondersoek kan bystaan. Bel kapt. Fourie by 082 729 0378.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

snoefie ·

arme kind. nag die slymbol gou gevang en na sy handeling gestraf word.

Savethetigerplz ·

Nee o hel die storie klink soos ‘n ‘horror movie’. Wat gaan word van ons land.. skokkend. Sterkte vir die jong meisie, dit moes vir haar ‘n nagmerrie gewees het, ek hoop sy herstel

Jan maak n plan ·

Noem my nou vreeslik verskriklik onnosel en dom. Waars die kind se ouers.? Hoekom het die polisie en gemeenskap nie al lankal na die kind begin soek nie? Ek dink die skurk moet deur die gemeenskap aangekeer word en self uitgesort word. ‘n Tronksel is te goed vir hom.

Ancara ·

Doen aan hom dieselfde soos hy aan haar gedoen het.What goes around comes around.

al ·

Dis asof boosheid in SA handuit ruk. Ek is so bly as moordenaars en verkragters met hul lewens boet – dis n perfekte fantasie in hierdie deurmekaar land.Die arme meisie is vir die res van haar lewe getraumatiseerd.

E.K. - ek sê net! ·

Arme, arme, arme kind. Ek weet mens vra so maklik waar is die ouers maar mense julle het geen idee hoe dit in die sg “rural” areas gaan nie. Die ergste is hierdie kind sal weereens geen terapie kry nie en haar lewe lank met hierdie las moet loop. Die polisie kon mos maklik die bossheid inwag by die huis en arresteer sodra hy daar kom om sy vieslike dade voort te sit. Ek hoop hul vang die ding en verwyder hom uit die samelewing want hy gaan beslis NIE stop nie.

doortjie ·

E.K. ek se net.. .Was jy al in Louis Trichardt? Baie ver van n rural area,,dit is n ontwikkelende dorp, en die straat waar sy ontvoer was is bykans in die dorp.

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Ag doortjie moet jy MY nou aanvat. Hou by berig. Ek het in algemeen oor sulke areas geskryf en al was dit IN die dorp werk albei ouers dalk so om te vra waar is die ouers is ongevraagd. Sy is heel moontlik na winkels gestuur of dalk net op pad na ‘n maat. Dalk het die ouers vermoed sy is na ‘n maat/familie om oor te slaap – dinge werk anders in sulek husihoudings en dis ook nie te se haar ouers is net sleg nie. Dinge is anders in baie huishoudings. Dus my punt is moenie net altyd vra waar is die ouers nie. As dit naby die dorp is is dit soveel erger dat die monster dog hy kon haar net gryp.

Vlugteling ·

Niemand kon dit better stel nie. 10 uit 10 vir jou kommentaar.

Marelize van Stade ·

My naam is Marelize Visser van Stade, ons het in die huis agter hierdie huis gebly… ons huis was al beroof, en dan is alles terug gekry in daai huis! dat die Polisie nie eers daai huis skraap nie verstaan ek regtig nie! Eerlik… ek dink as hulle daai huis omkeer, gaan hulle baie lyke vind! nie lelik bedoen nie, maar daai huis is totaal en al ‘n crime scene en ongelooflik maklik om ‘n vrou of kind te gaps en niemand weet nie!!!!! LOUIS TRICHARD POLISIE SKRAAP DIE HUIS, SKRAAP DIE HUIS, SKRAAP DIE HUIS… PETITION!!!!

Theresa ·

Waarom word sulke vervalle plekke toegelaat in ‘n gemeenskap? Die stadsraad daar moes al lankal die plek of opgeknap het vir iets bruikbaar of dit sloop om hierdie tipe snert en skade te voorkom. Rondlopers sal mos hierdie tipe plekke opraap vir lêplek. Sou dink die mense moet saamstaan dat die plek gesloop word. Aan wie behoort dit in elk geval??
Hoop die stroper van ‘n jong lewe word vinnig aangekeer en ongelooflik gestraf vir sy doelbewuste dade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.