Meisie (15) in Mpumalanga vermoor

(Foto: SA Polisie)

ʼn Tienermeisie is in Mayflower in Mpumalanga vermoor toe haar ouma haar na ʼn nabygeleë vulstasie gestuur het.

Die meisie se halfnaakte liggaam is Donderdagmiddag in ʼn veld gevind.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, het gesê die tiener se ouma het haar na ʼn vulstasie langs die N17 gestuur en het begin bekommerd raak toe sy nie terugkeer nie.

Die polisie en paramedici is ontbied nadat haar liggaam in die veld gevind is. “Paramedici het haar op die toneel dood verklaar en die polisie het ʼn saak van moord aanhangig gemaak.”

Volgens Mdhluli is ʼn grootskaalse soektog na die meisie se moordenaar(s) van stapel gestuur.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting oor die moord om sers. Delisa Duba te bel by 082 496 3169 of Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.