Meisie (15) ná kerk glo deur sewe minderjariges verkrag

Argieffoto

Argieffoto

Vier minderjariges verskyn Dinsdag en Woensdag in die Zastron-landdroshof in die Vrystaat in verband met die beweerde bendeverkragting en aanranding van ʼn 15-jarige meisie.

Sers. Yanga Ngcukana, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Vrydag omstreeks 21:50 in Zastron plaasgevind.

“Die verdagtes het na bewering die meisie agtervolg toe sy ná ʼn kerkbesoek huis toe gestap het,” het Ngcukana gesê.

“Hulle het haar gegryp en sy het vergeefs probeer terugbaklei. Sy het om hulp geskreeu, waarna sy deur een van die verdagtes met ʼn mes gedreig is. Sy is gedwing om haar onderklere uit te trek en op die gras te lê. Hulle het haar op die gras gelos toe hulle klaar was met die daad.”

Die meisie het haar ouers van die voorval ingelig toe sy by die huis opgedaag het, waarna die polisie in kennis gestel is.

Die meisie is na ʼn mediese praktisyn geneem wat penetrasie en ernstige beserings aan haar geslagsdele bevestig het.

Die meisie het in ʼn latere stadium een van die verdagtes gewaar en hy is dadelik in hegtenis geneem, wat tot die inhegtenisneming van drie van sy medepligtiges gelei het. Twee verdagtes is 17 jaar oud en die ander 14 en 15 jaar oud.

Hulle staan tereg op aanklagte van verkragting.

Die soektog na die ander drie verdagtes duur voort en inhegtenisnemings word binnekort verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ontsteld ·

Nou vra ek julle, waarso het daardie seuns geleer dis aanvaarbaar om so iets te doen op hulle ouderdom?
Maar ek meot vra hoekom sy alleen kerk toe gegaan het en hoekom haar ouers haar nie vergesel het nie…. of dalk is die dorp relatief stil en verwag hulle nie so iets nie… sal nie weet nie… punt is my hart bloei vir daardie meisiekind!
Ek hoop dat die hof verrigtinge soos met die Waterkloof 4 sal maak en wag totdat hulle nie meer minderjarig is voordat hulle gevonnis word nie, sodat hulle lewenslank in die “grootmens”se tronk kan wees waar hulle dalk ook gelos word op die grond in hulle bloed.

snoefie ·

die waterkloof vier is wit. ek twyfel of hierdie knape is.

Yolandie ·

As hulle die daad van ‘n grootmens wil doen moet hulle gevonnis word soos ‘n groot mens…. Jammer vir daai kind wat se lewe nou verwoes is….

Theresa B ·

Klaar siek en walglik op so jong ouderdom…………………..

Ronel ·

14? RERIG? Watse siek toekoms wag nie op daai kinders nie!!! So jammer die meisiekind moes dit deurmaak. Maar 14? RERIG??? WOW. Daars groot fout in jou kop mannetjie. Die ander ook, moet my nie verkeerd verstaan nie, maar jinne. My oudste is 14. Gelukkig weet ek sy opvoeding is stukke beter as wat daai kinders gekry het. Siek ouers, sieker kinders…

Mienks ·

My hart breek vir haar. Ek weet hoe dit voel om verkrag te word is deur 2verkragtings 8jaar uit mekaar en buide sake is uit gegooi weens gebrek an bewyse of die doket het weg geraak. Almal praat van geregtigheid en hoe hulle gestraf moet word, maar dis suid afrika die, verkragters loop vrylik rond en verkrag wild en wakker en kry n “slap on the hand” en word net gesê moet dit nie weer doen nie dis hoekom duisende meisies, vrouens en mans nie n saak maak nie want of die doket raak weg of daar word net eenvoudig nooit weer aan die saak geraak nie. Al wat ek kan sê vir die familie van die meisie is baie sterkte, wees geduldig daar is hoop.

Frans C ·

Vandat lyfstraf verban is ruk dinge net hand uit. In die ou dae sou die lotjie ‘n stewige pak slae met ‘n rottang gekry het wat alle lus uit hul uit sou gehaal het.

Maar helaas ‘n slim prokereur sal daarop wys dat dit hul menseregte sal skend.Maar dat hul waglike daad die dogter se menseregte geskend is is natuurlik van minder belang.

Jean ·

Ja hoor, nou verkrag die minderjariges al die meisies . HOEKOM? Omdat deesdae se verkragters vry rondloop. Omdat daar geen gevolge vir baie verkragtings is nie. Dan is daar te min bewyse, dan is die slagoffers oorlede, of ‘verdwyn’ hulle net baie geheimsinnig. Daar is min dissipline onder volwassenes (kyk maar net na die breek en brand kultuur by die universiteite en tydens protesoptigte) daarom is dit ook die voorbeeld wat hulle aan hulle kinders stel. Ek hoop van harte die dogter herstel en dat sy sielkundige behandeling ook ontvang. So jammer dat ons regstelsel julle meestal in die steek laat.

ST ·

Dit behoort nie eintlik mense te skok dat 14 & 15-jariges hulself skuldig maak aan verkragting nie. Hul leef in ‘n wereld waar alles toelaatbaar is & hul toegang het tot enigiets, veral pornografie. Kinders is regtig vroeer ryp deesdae & ons moet nooit die krag van tiener-hormone onderskat nie. Die seuns is heel moontlik self die slagoffers van seksuele misbruik. Hul mag dalk ook die daad gepleeg het as deel van hul inisiering in ‘n bende. Hul het duidelik ook grootgeword sonder morele leiding & mag dalk selfs onder invloed van dwelms gewees het. Kinders jonger as 14 is betrokke by seks, meestal met gewillige maats. Sommige dwing ook maar die meisie om seks te he deur verskeie tegnieke, waarvan emosionele afpersing een is. Ek praat die daad geensins goed nie, ek wil net se dat ons behoort geensins geskok te wees nie, want kinders leef in ‘n heel ander wereld-opset as ons 2 of 3 dekades gelede.

wilma ·

Sorry ST lyk jy keur ni di walgkike gedrag af nie. Die rottang mos weggeneem deur di kommunis. Laat ek jou se iets sielkunde werk ni vi kids ni. wat se Die Bybel van di boompie buig terwyl hy jonk is. Maar te veel ouers tog soo jammer vi hul arme bloedjies. My kids se reguit dankie dat ons so streng was

Lollie ·

Waarheen gaan die ou wêreld. Blykbaar geen skande nie want as mens net sien wat daar deesdae op tv gewys word! Mooi flieks wat vir almal geskik is om te kyk is baie laat in die nag maar die met ouderdoms beperkings word vroegaand gewys. Ons kan die SAUK (wat ANC is) blameer maar dis hoe hulle die jonges BAIE gou ryp maak. Ons sal dit seker maar net moet aanvaar. Sterkte aan die meisie en haar ouers. Ek dink dis verskriklik en sal julle in gebed opdra.

PMB ·

Die arme kind. Sny af die boewe se……. as dit hulle pla!!!!! Toon geen genade aan die boewe.

Ben ·

Dit is maar net die resultate van n rugraatlose regering. Hierdie tipe van ding vier hoogty in hierdie land. Kinders luister nie meer nie. Ouers wil nie meer tug nie want ouers mag nie meer tug nie. Onderwyser tug lankal nie meer nie. Hierdie land het eergister al sy agterend gesien!Niks gaan die plek red nie. Daar is ook nie salf te smeer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.