Meisie (15) ná kerk glo deur sewe minderjariges verkrag

Argieffoto

Argieffoto

Vier minderjariges verskyn Dinsdag en Woensdag in die Zastron-landdroshof in die Vrystaat in verband met die beweerde bendeverkragting en aanranding van ʼn 15-jarige meisie.

Sers. Yanga Ngcukana, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Vrydag omstreeks 21:50 in Zastron plaasgevind.

“Die verdagtes het na bewering die meisie agtervolg toe sy ná ʼn kerkbesoek huis toe gestap het,” het Ngcukana gesê.

“Hulle het haar gegryp en sy het vergeefs probeer terugbaklei. Sy het om hulp geskreeu, waarna sy deur een van die verdagtes met ʼn mes gedreig is. Sy is gedwing om haar onderklere uit te trek en op die gras te lê. Hulle het haar op die gras gelos toe hulle klaar was met die daad.”

Die meisie het haar ouers van die voorval ingelig toe sy by die huis opgedaag het, waarna die polisie in kennis gestel is.

Die meisie is na ʼn mediese praktisyn geneem wat penetrasie en ernstige beserings aan haar geslagsdele bevestig het.

Die meisie het in ʼn latere stadium een van die verdagtes gewaar en hy is dadelik in hegtenis geneem, wat tot die inhegtenisneming van drie van sy medepligtiges gelei het. Twee verdagtes is 17 jaar oud en die ander 14 en 15 jaar oud.

Hulle staan tereg op aanklagte van verkragting.

Die soektog na die ander drie verdagtes duur voort en inhegtenisnemings word binnekort verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ontsteld

Nou vra ek julle, waarso het daardie seuns geleer dis aanvaarbaar om so iets te doen op hulle ouderdom? Maar ek meot vra hoekom sy alleen kerk toe gegaan het en hoekom haar ouers haar nie vergesel het nie…. of dalk is die dorp relatief stil en verwag hulle nie so iets nie… sal nie weet nie… punt is my hart bloei vir daardie meisiekind! Ek hoop dat die hof verrigtinge soos met die Waterkloof 4 sal maak en wag totdat hulle nie meer minderjarig is voordat hulle gevonnis word nie, sodat hulle lewenslank in die “grootmens”se tronk kan wees… Lees meer »

Yolandie

As hulle die daad van ‘n grootmens wil doen moet hulle gevonnis word soos ‘n groot mens…. Jammer vir daai kind wat se lewe nou verwoes is….

Theresa B

Klaar siek en walglik op so jong ouderdom…………………..

Ronel

14? RERIG? Watse siek toekoms wag nie op daai kinders nie!!! So jammer die meisiekind moes dit deurmaak. Maar 14? RERIG??? WOW. Daars groot fout in jou kop mannetjie. Die ander ook, moet my nie verkeerd verstaan nie, maar jinne. My oudste is 14. Gelukkig weet ek sy opvoeding is stukke beter as wat daai kinders gekry het. Siek ouers, sieker kinders…

Mienks

My hart breek vir haar. Ek weet hoe dit voel om verkrag te word is deur 2verkragtings 8jaar uit mekaar en buide sake is uit gegooi weens gebrek an bewyse of die doket het weg geraak. Almal praat van geregtigheid en hoe hulle gestraf moet word, maar dis suid afrika die, verkragters loop vrylik rond en verkrag wild en wakker en kry n “slap on the hand” en word net gesê moet dit nie weer doen nie dis hoekom duisende meisies, vrouens en mans nie n saak maak nie want of die doket raak weg of daar word net eenvoudig… Lees meer »