Meisie (15) se liggaam in plastiek toegedraai, in veld gestort

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Twee mans van Motherwell in die Oos-Kaap is vandeesweek in hegtenis geneem vir die moord op ʼn 15-jarige meisie van dié provinsie.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, sê die 15-jarige se liggaam is verlede naweek in ʼn oop veld aangetref.

“Haar naakte liggaam was in plastiek toegedraai en in ʼn afvoerpyp in ʼn oop veld gestort. ʼn Nadoodse ondersoek het vasgestel dat sy verkrag en toe verwurg is, waarna die verdagtes van haar liggaam ontslae geraak het,” sê hy.

Beetge sê die verdagtes is onderskeidelik 21 en 22 jaar oud.

Intussen het lede van die Motherwell-polisie, familie van die oorledene en die gemeenskap Saterdag ʼn optog teen geweldsmisdaad in die provinsie gehou. Die betogers het van die Motherwell-polisiestasie gestap tot by die toneel waar die meisie se liggaam aangetref is.

Die groep van sowat 200 mense het daarna voor die Motherwell-landdroshof saamgedrom om te eis dat die polisie moet ingryp.

Beetge sê beide verdagtes is steeds in polisieaanhouding en het nog nie ʼn formele borgtogaansoek voor die hof gebring nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marianne ·

Onskuldige kind vermoor – is haar lewe Dan niks werd nie? Mag God die familie krag en genade gee.

Valerie ·

Hierdie voorval is simptomaties van ‘n vervalle, verlore,en siek gemmenskap. En dit is tien maal meer belangrik as wie die nuwe president van die landjie is en die gewone beloftes wat hy gegee het. Hierdie is die waarheid: dit was iemand se kind; iemand se liefde en sonskyn. ‘n Meisie met drome wat in ‘n land soos SA (soos dit op die oomblik daarna uitsien) nie sou gekry het nie. Prioriteite is daar met ‘n rede; laat die regte mense dit in orde kry. Volgende keer (want dit sal nie ophou nie) is die toegraaide lyk dalk iemand wat jy ken.

Sarel ·

Indien skuldig bevind word? Wat sal gepaste vonnis wees. Is dit wat mens noem Psigopatiese gedrag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.