Meisie (15) sewe keer geskiet tydens huisbraak

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 15-jarige meisie het wonderbaarlik oorleef nadat sy sewe keer geskiet is tydens ʼn gewelddadige huisroof in Muldersdrift in Gauteng.

Shenan Cochrane, ondervoorsitter van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het gesê die meisie was Dinsdagaand alleen by die huis in die area van die Avianto Estate aangesien haar ma nog by die werk was. “Sy het op die bed gelê toe vier aanvallers skielik in die kamer was. Sy het van die bed af gerol sodat sy tussen die bed en die muur gelê het.”

Volgens Cochrane is nege skote afgevuur waarvan sewe die meisie in die bolyf getref het. “Volgens haar ma is sy daarna ook erg aangerand. Hulle het haar na die kluis gesleep en sy is gedwing om dit oop te sluit.” Die verdagtes het met elektroniese toerusting, juwele en ʼn .38 Special-rewolwer wat in die kluis was gevlug.

Jarques Treptow, eienaar van die Drift Reaction-veiligheidsmaatskappy, het gesê die meisie se ma het sowat 30 minute later tuisgekom en haar dogter in ʼn plas bloed aangetref. “Sy was skaars lewend en haar ma het die nooddienste en polisie ontbied.”

Volgens Cochrane is die meisie is eers na die Pinehaven-hospitaal gehaas voor sy na die Milpark-hospitaal oorgeplaas is.

“Sy het vandag ʼn noodoperasie ondergaan waartydens ʼn aar uit haar been verwyder is om die skade in een van haar arms te herstel,” het Treptow gesê.

Cochrane het gesê dit is ongelooflik dat die meisie oorleef het.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê meer inligting sal later bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jacques ·

En wie moet bedank word ? Baie sterkte , hoop jy herstel 100% en wys die skuldiges uit .

Zettie ·

Ek het nie woorde nie………sterkte meisiekind…….ek bid dat jy volkome herstel……….

Ella ·

Dink iemand nog hulle breek in omdat hulle honger is? Ek hoop die arme kind kom reg..

Ongelooflik ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie, waaragtig!!! Mag sy ten volle herstel en geen skade oorhou nie.

JP ·

“dit is ongelooflik dat die meisie oorleef het”

Meneer, dus net die Here !!!! Niemand anders nie…

maryann ·

En dit is om van siek te word, want as sy nou binne was en gewapen en op hulle geskiet het toe julle in die huis was en een of twee doodgeskiet het was sy nou op vir moord. Siek S.A

Riaan ·

Die inbraak is hoegenaamd nie oor bloot steel vir kos omdat hulle honger is nie wel honger vir onskuldige bloed watter weerstand kan n kind van 15 bied teen gewapende rowers? Dis eenvoudig bloed dorstige haat draende agenda. Maar my troos is ons Hemelse Vader slaap nie en is nie blind vir ons pyn nie. BLY BID BLY GLO EN WEES DANKBAAR VIR ELKE DAG WAT JY NOG GESPAAR IS. Baie sterkte hoop jy herstel spoedig.

Gesiggie ·

I believe in Angels… dit was nie die kind se tyd of dag.. God het n plan met jou in die lewe… so dankbaar dat jy ok is…God is Good all the Time.. mag jy gou herstel

Tigergirl ·

Here ek pleit U bloed oor ons en stuur U Engele om ons te beskerm teen die bose magte Asb

Leahim ·

As n mielie dief in n kis gedruk word daar n groot ding van gemaak as n kind sewe keer geskiet word dan kan ons dit nie glo nie hoeveel aanvalle was daar net hierdie jaar in muldersdrift wat het die polisie gedoen wat proaktief was in die area???

RH ·

GOD IS ONGELOOFLIK! Jou tyd is jou tyd! Dis een afspraak wat ons nie kan uitstel nie.

Vuurwapenwet ·

Sy kon ook nie die vuurwapen (in die kluis) by haar gehad het nie want dan sou sy weer die belaglike vuurwapenwet oortree het!! Dink nou net die GROOT moeilikheid sou sy een van hulle ‘n snywondjie toegedien het met daardie ‘onwettige’ wapen in haar besit?! Die ANC het presies geweet wat om te doen met hierdie gedeelte van die wet.

marianne ·

Dank die Here jy lewe kind. Dit moes uiters traumaties vir haar en haar ma gewees het, ek hoop hulle gaan berading ontvang.
Ons bid vir spoedig herstel. Mag iemand daardie mans vang en laat les op sé, neem not die wet in Jul die hande mense, dinge kan nie so aangaan nie.

Johannes Meintjes ·

Dankbaar dat kind oorleef. Tyd van wonderwerke inderdaad. Dink net die reuse wonderwerk as die land goed regeer word en Afrikaner leiers ons mense eenparig lei!

riana ·

Ja nee dit raak erg. Ek is ook dinsdag met n mes by die robort teen my keel gehou vir my handsak en selfoon. Here gaan met hulle en Hou U Groot Hand Oor die Kind. Sy is nog so jonk en ons glo dit sal Goed gaan. Ja Muldersdrift raak nou baie erg ek bly ook daar. En Zandspruit ook die Polisie sal iets moet doen dit kan nie so aangaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.