Meisie (15) vas vir moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 15-jarige meisie het Woensdag in die Springbok-landdroshof in die Noord-Kaap op aanklag van moord verskyn.

Die meisie word daarvan beskuldig dat sy  ʼn 17-jarige meisie met klippe doodgegooi het.

Maj. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, het gesê daar het na bewering Sondag om 00:10 ʼn argument tussen die twee meisies ontstaan. “Dit is nog nie duidelik waaroor die meisies baklei het nie,” het Mooi gesê. “Die 15-jarige het die 17-jarige glo gestenig. Die slagoffer is deur paramedici op die toneel dood verklaar.” Die voorval het in die Bergsig-woonbuurt plaasgevind.

Die meisie se naam mag nie bekend gemaak word nie aangesien sy minderjarig is.

Die saak is tot 24 Maart uitgestel. Sy bly in aanhouding in ʼn jeugsentrum op die dorp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Theresa B ·

Wow…………….en dit maak alles reg! So klein en klaar so geweldadig!! Wat ‘n vreeslike krimineel in wording. Haar hele lewe is verwoes.

Ronel ·

Wat word van ons mensdom? 15 en 17 jaar, baklei na 24:00 in oggend. Hoort hulle nie in hulle huise daardie tyd van die nag nie? Vra maar net?

Karma ·

Ronel, ek neem aan jy woon nie in die Wes-Kaap en in ‘n plattelandse dorp nie. Want mens, as jy op die regte-egte platteland woon (soos in/om/naby Springbok) dan sal jy weet: dit is dáárdie tyd van die nag, wat die jong meisies juis rondloop: hulle gaan sjebiens toe of loop van die een “paartie” na die ander. En moenie dink dit is diegene wat oor 18 is nie; hulle is dikwels so jonk soos 13, 14. In die ‘buurte’ (die informele buurte of lokasies) slaap die kinders bedags, gaan nie skool toe nie (of hulle gaan, maar net tot pouse wanneer hulle kos d.m.v. ‘n voedingskema kry en dan AWOL hulle) en laat nag, is hulle uit om te gaan jol. Ja-nee, mens kan maar net kopskud en vra.

Gesiggie ·

Jy is 15 en jy doen sulke dinge??en ja my vraag ook Ronel… wat in die lewe soek hul uit die huis daai tyd van oggend ure? Hierdie gaan seker weer oor n boyfriend . Misdaad en aanvalle word net erger onder tieners As iemand jou gooi met klippe hardloop jy weg, as jy sien dit raak erger , die arm kind kon seker nie gou genoeg vlug..My innige simpatie aan die ouers

Jef ·

Blykbaar kan hulle n argument of probleem nie meer op n humane manier uitpraat nie. nee wat dis nie n krimineel in wording nie dit is n krimineel en moet haar straf kry, sulkes kan nie gehelp word nie, hoop haar voorland is die tronk. maar ja sy is minderjarig dan sal daar niks met haar gebeur nie.

Tina du Toit ·

Liewe Vader. Iemand stenig en dit nogal `n meisiekind. In haar jong jare reeds moord gepleeg, dis flippen skokkend. Wonder ook wat maak jong meisies daai tyd van die aand in die straat. Baie sterkte aan die ouers.

Elbri ·

Al hierdie onsinnige dinge wat besig is om te gebeur is tog ‘n duidelike teken dat die wêreld na die eindtyd toe beweeg. Mag God hierdie tiener genadig wees.

Tinktinkie ·

Ag asb Elbrie!!! Dis so min tekens van die eindtyd soos my ouma geglo het Elvis Presley is die duiwel!!!!

Bluff ·

Amen….mag die genade oor tiener wees. Laat ons nie oordeel nie. Die reg sal geskied, maar nie soos “ons” wil nie. Ons deel elke dag nog Bybels en dink daar is mense wat nog nooit Woord van God gehoor het nie. Wanneer klim julle van sosiale media af met julle vingertjies op die knoppies en bou verhoudinge volg op daar waar die Bybels versprei word. Maak tyd vir julle kinders en dan sal hulle nie op strate wees nie. Hou op vinger wys na swart kulture julle eie kinders hang in kuier plekke het voorhuwelikse seks en rook dagga maar solank my bure nie daarvan hoor nie leef ek nog reg! Ons almal bly vinger wys en verwag iets moet gebeur! Wel skrik wakker God gebruik jou wat hierdie boodskap lees om sy Woord te versprei. Dit is wat Hy gesê het nadat hy die besetene genees het ,wat die julle gemeenskap uitgegooi, het om te doen Gaan na jou huis en vertel almal dat God jou jammer gekry het! Julle wat so oordeel oor swart en tieners wat klippe gooi mag die genade oor julle ook wees want volgens God se koninkryk is julle die randfigure….PASOP!! ELBRI ware woorde…dankie… Ek was honger vir die woord van God maar julle voed my nie die tiener dors na Jesus maar julle gee haar nie iets om te drink nie. Mag God elkeen van julle se sintuie seën om ‘n getuie vir Hom te wees! Vrede

snuffels ·

Moordenaar op 15…jou ouers is seker so trots op jou, dit wys immers hulle het jou n goeie opvoeding gegee….sies man, swak smaak!

Mike ·

Jy as ouer kan jou kind hoe goed groot ……. elke kind draai uit soos hy of sy wil….

SkarrelKind ·

Ek stem saam met jou Mike. Party ouers is opgevoede mense wat hard probeer om hulle kinders goed groot te maak en dan draai hulle nog altyd sleg uit. Mens ken nie die omstandighede nie. Alhoewel kinders nie na 00:00 in die straat hoort nie, gaan ek nie spekuleer nie. Geweld in ons land het skokkend toegeneem. Dit so hartseer.

Anne ·

Dit is wanneer kinders die goeie opvoeding wat hulle gekry het gefaal het, en nie noodwending ouers wat in hul opvoedingstaak gefaal het nie. Op 15 kan jy al tussen reg en verkeerd oordeel. My hart gaan uit na al hierdie ouers

Mike ·

Ek persoonlik ken ouers wat dwelm verslaafdes was…oorlede nou,hulle kind is n rektor by n universiteit…..

m ·

Die jeug is net so buite orde soos hierdie land. Die jeug het nie meer leiers om na op te kyk nie so hulle doen ma soos hulle goeddink….. 15 jariges vermoor al en is kriminele…… So gaan almal en alles maar agteruit.

Tina du Toit ·

@Mike, ek stem saam met jou. Ek maak my kinders ordentlik groot, maar kan nie waarborg dat hulle ordentlik daar buite gaan wees nie en dis nie my skuld nie. As my ouers my ordentlik groot gemaak het en ek draai uit as `n suipgat, kan ek nie my ouers blameer nie, want dis wat ek besluit om te doen. En al het jy nie ouers nie of dit gaan sleg, kan jy te minste probeer om iets te word in die lewe en reguit pad te loop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.