Meisie (15) vermoor

crime-scene-tape-320x191ʼn 15-jarige meisie se halfnaakte liggaam is Saterdag in Daveyton naby Benoni aan die Oos-Rand gevind.

Maj. Mack Mngomezulu, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie se bebloede liggaam is omstreeks 06:00 Saterdagoggend in Pulanestraat gevind. Haar keel is met ʼn skerp voorwerp oopgesny.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en die polisie is op soek na die meisie se kêrel. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.