Meisie (16) glo deur metrobeampte verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 16-jarige meisie is glo deur ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte bedwelm en toe verkrag.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die meisie is glo op 14 Mei in ʼn agterkamer by haar ma se huis in Braamfischerville verkrag.

Die metrobeampte is deur die polisie in hegtenis geneem. “’n Saak is aanhangig gemaak ná ʼn verslag van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat.”

Volgens Minnaar sal die beampte van sy pligte onthef word tot ná die voltooiing van interne dissiplinêre prosesse en die strafsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pierre Celliers ·

Lyk my die Metro polise en en die SAP is in kompetisie met mekaar met die gruwelikste
wandade!

danie ·

Die halfte jaag nonsens aan , en die ander helfde staar hulle blind. Meskien moet hulle die polisie en metro privatiseer.

Peet Schabort ·

Doodstraf as hy in een van die moslemlande dit gedoen het. By ons net ‘n paar jare tronkstraf en vroeër uit op parool om dit weereens te gaan doen. Hierdie verkragters se koeëls moet verwyder word.

Hennie de Jager ·

Al die polisie lede is nie sleg nie en die wat so graag negatiewe kommentaar op die polisie in die algemeen lewer moet daarop let dat persentasie gewys die publiek waarvan jy deel is meer misdrywe pleeg as die polisie. As een man n pedofiel is maak dit dan van alle SA mans pedofiele of oor een vrou n prostetuut is van alle vroue prostetute? Beslis nie so maak een swak polisie lid nie almal sleg nie. Sit dit in jou pyp en rook dit

danie ·

Ja dit is seker so, maar die poliesie is hoog opgeleide mense wat n salaris ontvang om juis die res van die bevolking te keskerm. So meskien moet die goeie poliesie hulle werk begin doen en hulle eie huis skoon maak .

Lappop, die Ashoop ·

Hoe kan jy wil huil as jou skape verskeur, vermoor en gesteel word as jy ‘n wolf jou skaapwagter gemaak het? Hoe durf jy kla van die wins verlies in jou drankwinkel as jy ‘n suiplap aanstel om vir jou daar te werk? Vir sekere poste in Suid-Afrika moet jy swart wees met ‘n kriminele rekord wat langer is as jou CV. Selfs vir poste in die polisie en verkeerspolisie. Dit is seker ‘n kwessie van “it takes on to know one”. Of dit vat ‘n grote om ‘n kleintjie te sien. Daardie soort van ondervinding weeg blykbaar swaarder as eerbaarheid, trots en inbors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.