Meisie (16) kritiek ná ongeluk op plaas

Argieffoto: ER24

ʼn 16-jarige meisie van Gauteng is Saterdag per helikopter na ʼn hospitaal geneem nadat sy glo op ʼn plaas in Blue Hills, noord van Johannesburg, van ʼn perd afgeval het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die meisie het erge kopbeserings in die voorval opgedoen en is in ʼn kritieke toestand.

“Paramedici het haar onmiddellik met lewensondersteunende middels behandel in ʼn poging om haar te stabiliseer voordat sy na die hospitaal vervoer word,” sê hy.

Die meisie is met behulp van ER24 Oneplan se mediese helikopter na die Mediclinic Sandton- private hospitaal vervoer.

Sy is volgens berigte in die waakeenheid opgeneem. Meer inligting was nie onmiddellik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rosetta ·

Maak nie saak of hulle helms dra nie hulle kan nog steeds seer kry. My dogter mag glad nie op haar perd klim voor sy nie haar helm op het nie. Ons het die beste een gekoop maar kan nogsteeds haar nek beseer. Ek as mamma bid elke keer wat sy ry dat sy veilig sal wees. Sterkte vir die meisie en haar ouers hoop sy word gou beter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.