Meisie (17) gered uit bordeel

Argieffoto

ʼn 17-jarige meisie is Vrydagaand uit ʼn beweerde bordeel in Noordwes gered.

Mpho Khunou, burgemeester van Rustenburg, het dié nuus bevestig.

Khunou het gesê die meisie, wat glo net buite Rustenburg woon, sal voor Sondag weer met haar familie herenig word. Die meisie is tydens ʼn onderhoud telefonies gedreig om na die bordeel terug te keer, maar het bevestig dat die polisie die saak ondersoek en verder hanteer.

Hy het beklemtoon die munisipaliteit sal aanhou om mensehandel te beveg. ʼn Optog teen mensehandel in Rustenburg is Vrydagmiddag laat in dié dorp gehou.

“Ons het wye bewusmaking oor mensehandel en dwelmmisbruik in Rustenburg teweeggebring en sal aanhou om teen dié kwessie te baklei,” het hy gesê.

Die optog is gehou om bewusmaking te skep oor inwoners se veiligheid in dié dorp. Die plaaslike regering het vroeër mensehandel, dwelmmisbruik, probleemgeboue, ongedokumenteerde inwoners, roof en voertuigdiefstal geïdentifiseer as algemene misdade wat in die dorp gepleeg word.

Vyf huise in dié dorp is verlede week aan die brand gesteek, glo in verband met die verdwyning van ʼn 14-jarige meisie. Inwoners het gesê die meisie is moontlik ontvoer en gevange gehou in ʼn bordeel.

Sy is later deur die polisie opgespoor saam met ʼn ouer man wat in hegtenis geneem is. Die verbintenis tussen die twee mense is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ontnugter ·

Ek bly al 33 jaar in Rustenburg. Een van die mooiste dorpe gewees. Vandag is dit n ‘hel hool’ van dwelms prostitusie, mensehandel, misdaad vlakke ongekend, Werkloosheid, armoede – ons dorp, ons land is aan die brand.

CG ·

Nou wag ons vir al die besware en politieke uitsprake teen die betoging omdat hulle durf betoog teen n spesifieke tipe misdaad teen n spesifieke deel van die bevolking. Ons gaan lank wag…

Leahim ·

Waar is die geniale manne en vroue in blou met die grade en diplomas hoekom as julle weet daar is n probleem niks daaromtrent doen nie.Ek kan nie verstaan nie is julle bang of te lui of het julle nie die trots om die lyn in die sand te trek nie en te sê van vandag neem ons ons buurte en strate terug jy kan hier bly maar as jy die wet oortree gaan ek jou pla ,die inwoners word nou aangekla oor hulle presies dit doen.

Jackie ·

Sad but true!!! Solank soos wat mense / mans die bedryf gaan ondersteun, solank sal die bedryf bedryf word, een van die oudste bedrywe in die wereld bly en een van die winsgewendste bedrywe wees

PJC ·

Ontnugter ek verstaan presies wat jy bedoel. Het familie in ń gegoede deel van julle dorp. Die kwaaddoeners klim so oor hulle mure in die nag dat al hulle plante doodgetrap is. Alarm bly afgaan en sekuriteitsmaatskappy kan nie voorbly nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.