Meisie (2) erg beseer toe sy uit voertuig geslinger is

Foto: Verskaf.

ʼn Kind, vermoedelik twee jaar oud, moes Saterdagmiddag per mediese helikopter na ʼn hospitaal gehaas word ná sy tydens ʼn ongeluk uit ʼn voertuig geslinger is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 13:30 in Diepsloot plaasgevind.

“Ons paramedici is na die Diepsloot‑brandweerstasie ontplooi om die dogtertjie per helikopter te vervoer. Dit word verstaan sy was in ʼn ongeluk betrokke terwyl sy saam met ʼn familielid gereis het,” het Vermaak gesê.

Sy is op die toneel deur ER24 en die Johannesburgse nooddienste behandel waarna hulle haar na die brandweerstasie geneem het waar die helikopter kon land.

“Sy het verskeie frakture en ander beserings opgedoen. Sy is na Busamed in Modderfontein geneem vir verdere mediese behandeling.”

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

IK ·

Volgens die wet is ‘n baba-/kinderstoeltjie verpligtend maar ons ry dan net ‘om die hoek . . . ‘

Estelle ·

Jy is heeltemal reg. Uit persoonlike ervaring, daardie tyd weens omstandighede en naiewiteit was my kinders die eerste keer in hul lewens vanaf geboorte, daardie dag nie in hul karstoeltjies nie, (mamma is mos paranoies) en ook nie vasgegordel nie. Kop aan kop botsing @ 120km/h gewees. Traumatiese gevolge….
Maar die hartseerste is wanneer ek smeek by ander om nie my fout te herhaal nie, en dit val op dowe ore.

Netso ·

In sekere dele van Europa is dit ñ Boete van 5000 Euro = R85 000 as ñ kind onder 12 nie vasgegordel is nie! Kyk maar in jou truspieél hoe staan die kinders tussen die voorste sitplek?

Cherokee ·

Sou dit beteken het dat die grotes was vas ge-gordel en hierdie arme girltjie aan die noodlot oorgelaat? Indien my kommentaar nikswerd klink nà die ongeluk gebeur het, dit is nie want dit mag ‘n ander meisiekind van seerkry weerhou.

Sê maar net ·

Baie mense glo net die voorste passasier en bestuurder moet vasgegordel wees. Ek vervoer kinders na skool. Ek moet HARD en STRENG praat en my kar moet weier om te ry om die agterstes te kry om vas te gordel. Ekt al baie keer gesê hulle moet vasgordel want ek wil nie voel of hulle breins het tydens n botsing nie ( wanneer hulle bloed ens uit spat). Veral die vorige benadeeldes is nie so gretig om vas te strap nie. Party strap hulself selfs los net na ek begin ry het. Dàn stop ons maar net weer en herhaal die proses

Yankee ·

Ek dink presies so!! As dit wel so was, sies vir die grootmens wat in n patetiese gebaar die voertuig bestuur het!! En meer so, sal dit altyd op jou gevrommelde gewete rus!!

AW ·

Die mens doen net wat hy of sy wil!!

Wette is daar om oortree te word!!

Veiligheid is nie eens n gedagte nie!!!

Die wat veronderstel is om verantwoordelik op te tree , gee ook nie om nie…. want as hy of sy of hulle verantwoordelik op getree het, sou daardie kind nie in die hospitaal gewees het nie.

Maar ja, die mens in algemeen wil eers hê dat n tragedie moet plaas vind, om Sorry te kan sê, daar na…

Angie ·

Ongelukke gebeer so vinnig en onverwags mens moet 24/7 voorbereid wees.. ons het vandag by my seun se Rugby langs n boom gestop toe die weer opsteek hardloop ons almal vir karre. Die weerlig het die boom geslaan en deur ons bakkie geslaan. behalwe vir n paar kneusplekke is ons darm almal veilig bakkie is nie meer in ryende toestand nie maar mens moet altyd probeer voor uit dink

Louisa ·

Baba/kinderstoetjies is SSSSOOOOO belangrik. Ja, hulle is duur, maar jou kind se lewe is dit werd. Ons woon in Brittanje en hier is streng wette i.v.m baba/kinderstoeltjies. Jy kan jou lisensie kwyt wees as jy gevang word die reels oortree.

Neilia ·

My kinders het 5 stoeltjies gehad vanaf geboorte tot op 9 jarige ouderdom. Laaste was n booster seat tot en met hulle veiligheids gordels kon dra wat oor skouer kon pas weg van nek af. Ek sluit nie my motor aan voor almal n veiligheids gordel aan het nie. En ek dink nie 2 keer om iemand uit te trap as ek sien n kind staan . Gelukkig het dit by my kinders ingedril en nou doen hulle dit sommer vanself.

Sies.. ·

In die berig word daar nêrens gesê dat die dogter nie in ñ stoeltjie was nie. Was een van julle op die toneel? Hoekom bid ons nie eerder vir haar herstel nie? Altyd so vinnig om te oordeel…

Anette ·

As sy in n stoel was sou sy nie uitgeslinger gewees het nie. Ek het self n baba en daai stoel is VAS en stewig!

Lizette Uys ·

Anette, daar was al gevalle waar die kindjie met stoeltjie en al uitgeslinger is.
‘Sies’ ek stem met jou saam. Ons was nie daar en in elk geval, dink julle nie dit is reeds n bitter straf vd ouers dat hul kindjie so ernstig beseer is nie?

Penellope Jones ·

Lizette Uys, hoekom noem jy dit n straf vir die ouers??

Anoniem ·

Net n vraag, het julle die sin: presiese omstandighede nog nie bekend nie…… raakgelees? Dink nie so nie. Veiligheidsgordels, vlgs julle die oorsaak vd ongeluk, is ook feilbaar. Ek het nie tyd vir judgemental mense soos julle nie. Skaam julle!!!!!!

Estelle ·

Annoniem en Sies, deur “ons” te oordeel omdat ons oordeel (eintlik in my oë net ñ opinie lig) maak dit mos nou eintlik van julle ook die “judgemental” tipe waarvoor julle nie tyd het of waaroor julle dan nou so skaam kry. Nie waar nie?

Sies.. ·

Estelle, ek het jul nie “gejudge”nie, maar wil wel weet waar jul simpatie is. As eenn van julle daar was kon jul die ouers, wat reeds deur so moeilike tyd gaan, oordeel. Almal is vinnig om klippe te gooi. Bid eerder dat hul kindjie gesond word. Lees my boodskap mooi voor jy antwoord.

Charlotte ·

Almal lewer kommentaar en slinger verwyte maar nie 1 bid vir daai kindjie nie….Meisie ek bid vir n volkome herstel en dat Jesus jou sal toevou in Sy arms.

GM ·

Nee Louisa, karstoeltjies is nie almal so duur nie (mens moet net rond ‘shop’), en daar was al inisiatiewe waar mense stoeltjies gratis kon kry. Ek het so paar jaar terug (nie te lank terug nie) een nuut gekoop vir R400. Ek was nog op soek na die ‘regte een’, maar het een vir ‘n naweek nodig gehad. Die duurder een wat ek daarna gekoop het, was vir my minder stewig as die ‘cheapie’.

Dalk was die meisie wel in ‘n stoeltjie, en daarom nie op slag dood nie? Om in ‘n karstoeltjie te sit, verbeter jou kanse op oorlewing, maar dit beteken nie dat jy definitief sal oorleef net omdat jy in ‘n stoeltjie was nie. My eerste gedagte was ongelukkig ook dat sy dalk nie vas was nie want ek sien TE gereeld kinders wat agter rondhop, of selfs voor, en dan is die bestuurder/es nog besig op sy/haar selfoon.

Mag die dogtertjie ten volle herstel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.