Meisie (4) in Kaapstad geskiet

Argieffoto

Argieffoto

‘n Vierjarige dogtertjie veg om haar lewe nadat sy in Wesbank in Kaapstad geskiet is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die voorval het Maandag in Marlothweg plaasgevind. Meiring sê die meisie is in haar rug geskiet.

“Paramedici het op die toneel aangekom en die meisie gevind waar sy op haar sy in ‘n plas bloed gelê het.”

Meiring sê paramedici het die meisie op die toneel behandel en na die Rooikruis-kinderhospitaal vervoer vir verdere mediese sorg.

Die besonderhede oor wat tot die skietery gelei het, was nie onmiddellik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.