Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die voorval het Maandag in Marlothweg plaasgevind. Meiring sê die meisie is in haar rug geskiet.
“Paramedici het op die toneel aangekom en die meisie gevind waar sy op haar sy in ‘n plas bloed gelê het.”
Meiring sê paramedici het die meisie op die toneel behandel en na die Rooikruis-kinderhospitaal vervoer vir verdere mediese sorg.
Die besonderhede oor wat tot die skietery gelei het, was nie onmiddellik bekend nie.