Meisie (5) brand ernstig met kookwater

Argieffoto

ʼn Vyfjarige meisie het ernstige beserings opgedoen toe sy met kookwater gebrand is.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24 het gesê die voorval het Saterdagaand in Fochville plaasgevind.

“Toe ons paramedici by die toneel opdaag, het hulle gesien die meisie het ernstige brandwonde aan haar maag en rug opgedoen. Sy het in erge pyn op ʼn familielid se skoot gesit toe die paramedici daar aankom,” het Siddall gesê.

“Die paramedikus wat haar behandel het, glo die meisie se ouers was besig om kos te maak toe die water per ongeluk op haar beland het.”

Die meisie is onmiddellik per mediese helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

vra maar net ·

As eskom nie bankrot is nie hoekom die buitensporige krag tariewe en dan praat hulle van nog n krag verhooging.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.