Meisie (5) in Kaapstad verkrag, vermoor

Argieffoto

ʼn Vyfjarige meisie se liggaam is Maandagmiddag in Kaapstad opgespoor kort nadat sy weggeraak het ná sy by haar ouma was.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die voorval het in Harare, Khayelitsha, plaasgevind.

“Die meisie is die laaste keer die middag gesien toe sy by haar ouma se huis gespeel het. Sy het omstreeks 18:00 haar ouma se huis verlaat om na haar ouerhuis terug te keer, maar nooit daar opgedaag nie,” het Rwexana gesê.

Die gemeenskap het na die meisie begin soek en haar klere naby ʼn plakkershut gevind, waar haar liggaam ook aangetref is. Sy het steekwonde aan haar bors opgedoen.

Met die hulp van die gemeenskap is ʼn 33-jarige man later in verband met moord en verkragting in hegtenis geneem.

Die man moet binnekort in die Khayelitsha-landdroshof verskyn.

“Die polisiebestuur wil lede van die gemeenskap aanmoedig om hande te vat met die polisie en kinders te beskerm teen gewetenlose booswigte wat op hul prooi toeslaan,” het Rwexana bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

M ·

My magtig , jy kan lankal nie meer as volwassene alleen iewers heen loop nie en hier laat die mense n kleuter toe om alleen huistoe te stap. Rus in vrede klein dogtertjie het jou ouma jou huistoe vergesel was dinge dalk anders.

christa ·

kan grootmense nie dink nie. Die arme kind is maar net 5 jaar oud maar loop alleen tussen die huise heen en weer. Met ‘n land wat so wreed en moordadig is. Gelukkig is sy nou veilig waar saar nie seer bestaan nie. RIV

rafel ·

n mens se lewe beteken niks. Die duiwel loop los in hierdie land van hel.

Carlien ·

Hoe laat jy n 5 jarige kind sonder toesig rondloop in hierdie bose land waarin ons bly.. jy kan nie eers as grootmens jou huis verlaat nie..ons is letterlik soos n klomp verskrikte hase in n slanghok vasgekeer en hoop en bid net daagliks die onheil tref jou nie. Suid Afrika is n bloeiende maagseer van al die moord en doodslag wat ons elke dag so genadeloos ry.. ons is al so afgestomp met al die doodsberigte wat daagliks in die nuus is.. Goeie nuus met gelukkige eindes bestaan lankal nie meer nie… hoe jammer dat ons land van drome en sonskyn so vrot geword het.. wanneer gaan ons weer n land word waar wet en orde actually iets beteken????????

ZAR ·

Dis onmenslik. My hart bloei vir die gesin. Rus in vrede prinsessie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.