Meisie (5) se liggaam gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vyfjarige meisie se liggaam is Maandagmiddag in ʼn veld in Bredasdorp in die Wes-Kaap gevind.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie is Sondag as vermis aangegee. “Die fynere besonderhede rakende die ondersoek kan nie in die stadium bekend gemaak word nie.”

Die voorval kom presies twee jaar nadat die saak van Anene Booysen wêreldwyd die nuus gehaal het. Booysen is grusaam verkrag en vermoor. Sy is op 2 Februarie 2013 by ʼn bouterrein gevind en is later die dag in die hospitaal oorlede.

Johannes Kana is twee keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van en moord op Booysen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

suid afrikaner ·

Afri forum , kan ons nie opstaan teen hierdie moord ook nie, inteendeel teen enige moord in hierdie land. Dit is broodnodig , dit sal hierdie land soveel goed doen as elke mens ongeag kultuur en ras saamstaan teen hierdie wreedheid wat ons land stadig maar seker verteer.

Dan het julle my ondersteuning en baie van my vriende sin.

Ina ·

ek lees op News24 dat daar nog 4 vermiste kinders is ….. wonder nog altyd of sameness se regte moordenaar veroordeel is en of hul nie weer na die ander “uitgeslape” kalant moet kyk nie…….

Drieks ·

Trots vir 20 jaar deur die ANC toegelaat.
Wreeder en wreeder sal ons raak.
ANC jy het die hele SAUK tot jou beskikking.
Begin met opvoeding……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.