Meisie (6) voor laerskool ontvoer

Amy-Leigh de Jager (6). (Foto: Facebook)

ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur nadat ʼn sesjarige leerling van die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark vanoggend ontvoer is.

Amy-Leigh de Jager, ʼn graad R-leerder by die skool, is steeds spoorloos nadat sy glo deur vier mans voor die skool gegryp en ontvoer is. Die ontvoerders het in ‘n wit Fortuner weggejaag.

Besonderhede oor die voorval is in dié stadium nog vaag. Die skool het ook ʼn plasing op sy Facebook-blad gemaak en mense gevra om na Amy-Leigh te help soek. Die skool kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Boodskappe oor Amy-Leigh se verdwyning is wyd op sosiale media versprei en mense is gevra om op die uitkyk te wees vir die Toyota Fortuner.

Amy-Leigh het volgens beskikbare inligting ʼn pienk rok, wit hemp en swart kouse aan.

Die polisie het bevestig dat ʼn soektog na Amy-Leigh van stapel gestuur is. Meer inligting sal vrygestel word sodra dit beskikbaar is.

** Die berig is aangepas sedert dit oorspronklik gepubliseer is. RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

93 Kommentare

Mark ·

Here bewaar hierdie dogtertjie en gee asb dat sy veilig gevind sal word. Stel U engele aangaande haar in bevel, ons vra dit in Jesus Christus Naam. Amen.

Rina ·

Weet julle wanneer gaan hierdie tipe van dinge stop as ons begin saamstaan en terug baklei. Kom nr 1 beveilig skole .. kamaras … vroue .. mans…. buurtwagte staan saaam ek is n vrou en ek is nie bang nie

Johan ·

Rina, wanorde, misdaad en chaos sal ent kry wanneer ons Boere weer ons eie republiek en eie regering het….

Deloris ·

Dis so pragtige KIND, Heer laat U haar veilig hou en veilig terug bring. Sy is een van U se Engel…. Hou haar veilig ons bid dit in Jesus se naam Amen

Vivia ·

Sy is gevind. Ek hoop regtig inligting korrek. KIND IS GEVIND EN VEILIG.

ilze ·

Vivia sy is nie gevind nie. Ons ken die een Joernalis wat met die soektog span kommunikeer en dis n valse berig dat sy gevind was. Daar is n ander kind gevind wat ook weg was.

Werner ·

Baie dankie dat julle die berig so vinnig reggestel het. Ek weet amper almal in die land bid saam dat Amy-Lee veilig gevind word.

Belinda ·

Die Fortuner is nie die Ma se voertuig nie! Die dogtertjie is uit haar Ma se voertuig geruk en in die Fortuner gegooi

Natalie ·

Ai hoe breek dit mens se hart nie..
Asseblief Liewe Heer wees saam die dogtertjie en vou jou arms om haar, beskerm haar laat sy veilig terug by haar Mamma, Pappa en familie kan terug keer.. Ek bid vir julle..

JENNY ·

Pottie die land is nie siek nie, dis die mense wat siek is.

Michael P ·

O Genade ek het n hol kol op my maag oor hierdie een Onse Liewe Vader hou u hand oor die kindtjie ASB. Ons sit hier met geweetenlose monsters hier.

Magriet ·

Weet hulle hoeveel wit Fortuners daar in Gauteng is? Is daar nie ‘n registrasienommer vasgevang of iets nie?

Pottie ·

Ai ou jenny as dit jou beter sal laat voel dan is dit reg dan is al die mense in afrika seker siek

Christine van Hyussteen ·

HERE ek pleit U kosbare bloed van U om daai dogtertjie, HERE laat U engele haar om ring dat daar mure sal op gaan as een satan naby haar wil kom, HERE asb beskerm haar dat sy ongedeurd hier sal uitkom HERE en gee die ouers krag kalmte en Vrede dat hulle sal bid en staande sal bly en net aan U sal vashou en weet U is in beheer. ???? ???? HERE ons dank U alles wat ons in JESUS naam vra dit sal gebeer. En dat ons net op U alleen kan Vertrou. Amen.????

Vivia ·

Jammer sy is nie gevind . Iemand het verkeerde inligting op ons gemeenskap groep geplaas

sheryah ·

Dis nie waar nie. Daar is nou R2miljoen losprys gevra. Sy is steeds soek.

Pray ·

Here…neem U oor en bring U kind terug na haar ouers….ek pleit U bloed uit oor haar veiligheid…Amen!

Vivia ·

Dis nie waar
Sy is nie gevind.
Iemand her verkeerde inligting op ons gemeenskap groep geplaas

Joubert ·

Ek voel gedeeltelik verantwoordelik hiervoor aangesien ek as blanke man in SA nogsteeds net niks sit en doen aan hierdie gruwels wat besig is om in my land te gebeur nie. Dis tyd dat ons satan en sy trawante begin aanval.

Johan ·

Joubert as blanke man voel ek net so skuldig…. maar terselfdetyd ook totaal magteloos. Dit voel vir my ons Boere het geen leiers en geen plan….

Inge ·

Mag die hemelse vader haar ongedeerd terug besorg aan haar geliefdes.

Koos ·

Wat is die voertuig se reg nom daar is baie van die selfde soort voertuie op die pad??

Amelia ·

Here asb maak die ma en familie sterk. So ook die dogtertjie wat nie weet wat aangaan nie. Here asb ons vra U teenwoordigheid en Goddelike beskerming.

Almarie ·

Liewe Jesus, ons bid dat U hierdie kindjie veiling sal terug bring na haar ouers. Bewaar haar waar sy ook nou mag wees en die vrees waardeur sy moet gaan. Ons glo en vertrou dat U haar sal bewaar en lewendig terug besorg.
Wees ook met die ouers waardeur hulle nou gaan.
Ons bid dit in Jesus naam, Amen

willemien ·

Nee wat ek ruik alweer ‘n rot. Hierdie is nie sommer net ‘n ontvoering nie. Sy is geteiken.
ons sal wel nou maar die weer die storie hoor as hulle haar kry. ek het al te veel keer die land blameer as ‘n kind verdwyn net om die volgende dag te sien ….”die land” het toe al die tyd niks daarmee te doen nie. ek hoop ek is reg.

Anoniem ·

So hartseer soos dit is..ek glo ook daars iets hieragter..net soos die panayouto vroutjie daai tyd..arme arme kindjie wn haar ma. Geen ouer moet hierdeur gaan nie????????????

Anoniem ·

Bedoel geen ouer moet hierdeur gaan nie!!!!!! Wie ookal hieragter..God slaap nie!!

Rina ·

Asb mense sy is nog nie gevind nie asb wag vir korrekte terugvoering van SAPD

Chantelle ·

Ek hoop en bid hier waar ek sit dat sy veilig gevind word, n mens voel so magtelooe.
Hoe bang en verward moet sy net nie voel nie. Asseblief laat haar gaan, sy is net n klein weerlose dogtertjie wat wil speel en verstaan nie wat aangaan nie.
my gebede gaan uit na julle, sterkte!

Ryan ·

Ek sal ook moord pleeg – verby mal raak, hoop hulle kry haar gou.. Hou ons op hoogte asb Maroeloamedia.

Ek ·

Asseblief Here Jesus ons God en Vader, U is Groot, Grooter as enige mens ooit sal Kan dink, asseblief Here Jesus hou die kindjie veilig, besorg haar asseblief ongedeerd terug aan haar mamma waar sy hoort!!! Asseblief! In Jesus Naam bid ons dit. AMEN!

JohanR ·

Nee man…. kan nie wees nie! Is niks en niemand in hierdie siek land meer veilig nie?

jessica ·

Elsabr, waar kry jy die storie vandaan, my seun werk in die polisie en jy weet alles waarvan hulle niks weet nie.

Arlene ·

Groot en Genadige GOD, bring asb hierdie kindjie terug na haar ouers. Hoor asb al die smeekgebede! Amen

Veronica ·

Kom ons wat nou hier lees . . . ROEP GOD IN DIE HEMEL AAN OM DIE DOGTERTJIE TE BESKERM EN HAAR VEILIG TERUG TE BESORG DEUR N KRAGTIGE INGRYPING VAN GOD, NOU IN JESUS CHRISTUS SE NAAM! — Want daar staan geskrywe . . . ” Voorwaar EK se vir julle, alles wat julle op die aarde bind , sal in die hemel gebonde wees ” en daarom bind ek hierdie gees van vernietiging en ontvoering en die planne van satan nou in die magtige NAAM VAN JESUS CHRISTUS en JESUS stuur verwarring nou in die kamp van die vyand sodat sy gevind sal word ! AMEN !!!

Huil ·

Ek vra asb mooi moenie verkeerde inligting versprei nie. Ons bid almal vir Amy-Lee en haar ouers en familie dat sy veilig is en dat God sy hand oor haar hou.

Ben ·

“Social Media” is gevaarlik. Moet ASB nie julle kinders se Fotos en ander inligting daar plaas nie. Dit is soos ‘n advertensie – Foto van die produk en adres en ander inligting .
Sterkte aan die Ouers. Ons vertrou dat die kindjie veilig terug besorg sal word.

KDT ·

Ek stem 100% saam met jou Ben. EK het ook my kinders se skool geskrewe instruksie gegee dat my kinders se fotos onder geen omstandighede op hulle webwerf geplaas mag word nie.

Ons bid saam dat hierdie kleine nooi deur God se Engele omring word, en dat sy beskerm sal word van ALLE kwaad.

Anoniem ·

En ook nie geo-tag of check in nie. Veral nie by skole nie.

Alet ·

As skole….. Veral laerskole… Drop n go maak deur skoolgronde sal sulke dinge afgeweer word. In by hek….drop af…go uit by ander hek.

JohanR ·

Stem heeltemal saam Alet. Geen kind mag buite die skool se hek afgelaai word, en dan die laaste entjie in loop nie. En die selde vir weer optel na skool.

Johan ·

JohanR, in die ou SA kon kinders veilig skool toe stap. Wat het dan verander? Wil ons regtig dan in so ‘n land onder so ‘n regering bly en ons kinders groot maak?

klakouse ·

nee julle het geen idee hoe lyk daai drop en go nie, hoe om dees aarde gaan elke ouer tyd kry om in ry te sit en dit te doen ?
veiligheis wagte moet by skool wees…
ek het ook gehoor van losprys van 2 miljoen, geen kind is veilig in die plek van hel wat ons beleef nie. ek bid Yheweh asb laat hul nie n haar op die kind se kop verwyder, sy is u kind ..amein

Ma van twee ·

Ek hoop en bid hulle vind hierdie pragtige dogtertjie, onaangeraak, en veilig, JESUS hou U hande oor hierdie pragtige dogtertjie, hou haar veilig, bewaar haar.

Nadine ·

Hi, Can you please help me spread the word to have a few minutes praying session for Amy Lee 11:00. I posted everywhere. I need help with this please.

Arlene ·

Will publish your message via Whatsapp and FB. Amy Lee and her family are in our prayers.

KDT ·

@Nadine

I support. Please also post a request for prayer on FB group “Driehoek Gebedsgroep vir Jesus Kinders”

marous ·

Gebed dat sy ongedeerd gevind sal word . Vir diegene wat verantwoordelik is , mag daar geen genade getoon word deur toe te laat dat daar ‘n hof verskyning is nie .

Daleen ·

Here hou haar Veilig in U hande… met U is ALLES moontlik! Laat sy asb veilig terug in haar ouers se arms kom! U is Groot en Almagtig. Amen.

Christine ·

Ek sal van my kop af raak as dit met my moet gebeur sulke gemors sterkte aan ouers

Jonet ·

Dis hoe “human trafficking” gedoen word. Iewers in buiteland sit ‘n koper en wag dat “handlangers” waarde vir sy geld bring…

Kolskoot ·

HERE laat u wil geskiet.
Gaan lankal nie meer oor kleur nie dit gaan oor geld .
Die regstelsel in ons land moet dringend hersien word lewenslank tronksstraf moet soos in Amerika wees for life met geen voordele en geen geleerdheid en geen geriewe met geen menseregte die samelewing het sulke mense nie nodig

JohanR ·

Stem heeltemal saam Alet. Geen kind mag buite die skool se hek afgelaai word, en dan die laaste entjie in loop nie. En die selde vir weer optel na skool.

Zettie ·

@Maroela Media – ek stel voor julle sluit die pos aangesien daar nou te veel teenstrydighede is oor of die arme kind gevind is of nie.

Bella ·

Hoekom post mense om te sy sy is gevind na hul sulke gerugte hoor…….. los die media om dit te bevestig… as mense hoor gevind kyk niemand uit nie en dan??????????????? Niemand het nodig om sulke goed te se as dit nie bevestig is nie! regtig!!!!! Sy is nie gevind nie, so kan almal steeds net soek? Imagine dis jou kind!!!!

Antoinette ·

Vroeer die jaar was 2 seuntjies hier naby by ‘n kleuterskool ontvoer. Dit was die pa en die oupa. Die ouers is geskei en soos ek verstaan wou die ma die pa nie toegang gee nie. Die Polisie oorweeg seker ook so ‘n moontlikheid?

helena ·

Miskien is ek verkeerd, maar dit lyk vir my of God wil he ons moet saamstaan en mekaar se belang meer op die hart dra. Ons was nog altyd bekend as ‘n volk wat nie maklik saamstaan nie, maar as ek kyk na die droogte in ons land en hoe mooi mense mekaar bystaan en vreemdes help dan besef ek dat ons tog nader aan mekaar begin beweeg. Ons moet by skole, malls ens ens na mekaar begin kyk en nie net wegkyk omdat ons nie betrokke wil raak nie. More is dit dalk jou beurt. Kom ons vat hande en begin kyk na mekaar. Kom ons staan saam in gebed ook vir hierdie familie en kindjie. Dit is ondenkbaar dat so iets met jou en my kan gebeur. Ondersteun hierdie familie in gebed en kyk uit vir mekaar.

NOG NIE GEVIND!! ·

Mense, die kind is NOG NIE GEVIND NIE! Ons het spoor gevolg tot in Heidelberg vanoggend. Polisie stel ondersoek in en daar is geen verder info behalwe die losprys wat geeis word nie. Hou aan bid asb!

Petro Maloney ·

Dit was ook my “gevoel”…. Maar nogtans gebid.

Christa ·

Ons vra in Jesus naam vir haar beskerming en veiligheid. Mag sy asb terug besorg word aan haar ouers.

Vanessa Moore ·

Ek kan nie glo wat ek hier lees nie!!!!!!!. Ag liewe Here, besorg die kind veilig terug aan haar ouers. Ons bid dit in U Heilige naam. Hou haar veilig.

J ·

Elke sekuriteits groep het gevra om nié inligting te versprei nie, omdat dit in n sensituwe stadium is. Die is nie n random ontvoering nie.

Ongedeerd ·

Here, ek kan my nie indink wat deur hierdie mamma se gedagtes en hart gaan nie maar ons bid vir krag en stekte oor sy, die pa en die familie. Hou hulle vas in U beskermende hand. Here laat hierdie klein dogtertjie ongedeerd by haar mamma kom. In Jesus Christus Wonderlike Naam. Amen en Amen

Wenner ·

Here, ek weet U beskermengele is rondom hierdie kindjie. Here bewaar haar asb soos n stukkie goud. Sy is soooo kosbaar! Bring haar asb ongeskonde terug vir haar ouers

Pam ·

Baie misdaad vandag is ‘n replika van misdaad in flieks. Ontvoerings en lospryse en selfmoord word baie goed uitgebeeld so daar is genoeg voorbeelde en “tips” waarop die skelm brein kan teer … en geprikkel kan word. Hierdie vreeslike scenario vandag speel hom af in baie flieks …

Barbie ·

Hoekom kry die Groverment nie die army in en stop de laaste kar en ondersoek die vliegtuie voor hulle opstyg, die problem is die mense wat niks het om te doen nie dit is wat gebeur. Hulle sit n bruik op haar pragtigge koppie en trek vir haar ander klere aan, wie gaan weet of dit sy is. Die mense van Suid Afrika is siek !!!! siek !!!. Wat het die onskuldige engeltjie gedoen in die lewe dat dit met haar moet gebeur. Almatige Vader
ek pleit U bloed oor Amy L, U weet waar sy is, red haar uit die duiwel se hande Vader en stuur haar terug na haar mama toe, want dit is al wie sy nou soek is haar mama. O Vader asseblief help vir Amy L laat iemand haar kry en beskerem asseblief, ek vra dit in Almatige Vader se naam. Amen. Ek glo, en Ek glo hulle sal haar kry.

Hartseer ·

Vader – gee uitkoms. Laat U engele om haar staan, hou haar rustig en troos haar. Bring haar ongeraak aan haar ours terug. In Jesus se magtige naam bid ons dit.

Sarie ·

Ek voel bitter jammer vir die dogtertjie, sy moet dood bang wees. My vraag nou net is, hoe weet hulle wie die dogtertjie is om R2 M te eis. Iets hier klink net nie vir my reg nie.

Leslie ·

Daardie mense nie siek. … eerder besmet met sonde.
Heer hou U beskermde hand oor Amy-Leigh uitgetrek en ek vra dat sy veilig is en gevind sal word.

louisa ·

Ek vertrou niemand meer nie. Gaan ons net toekyk hoe ons kinders verniel word, hoe ons land se boere vermoor word. As die son sak wil ek nerens meer gaan nie. Hoe leef ‘n mens konstant in vrees. SLEGS JESUS SE GENADE KAN ONS BESKERM.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.