Meisie (6) sterf toe hek op haar val

Chené Pretorius. Foto: Verskaf

Chené Pretorius. Foto: Verskaf

Chené Pretorius (6), ʼn gr. 1-leerling aan die Laerskool Oosterkruin in Germiston, is dood toe ʼn motorhek by ʼn naskoolsentrum op haar geval het.

Chené was Maandagmiddag oudergewoonte by die Slimkoppe-naskoolsentrum toe die tragiese voorval omstreeks 16:00 plaasgevind het.

Petro Oosthuizen, hoof van die naskoolsentrum, het aan Maroela Media gesê die oprit na die perseel word met ʼn motorhek toegemaak. Die hek het ʼn klein ingeboude veiligheidshek wat deur ouers en leerlinge gebruik word om in en uit te kom. “Ons gebruik glad nie die groot motorhek vir toegang nie, slegs die kleiner hekkie.”

Volgens Oosthuizen het ʼn ouer voor die hek stilgehou om sy kinders op te laai en het hy die veiligheidshek gebruik om weer die perseel te verlaat. “Toe hy by sy motor kom en omdraai, het hy net gesien hoe die groot motorhek op Chené val,” het sy gesê. Oosthuizen het gesê daar is nog geen verduideliking oor hoe die hek omgeval of losgekom het van sy spoor nie. “Ons het nog nooit voorheen probleme met die hek gehad nie. Ek weet nie of sy aan die hek gehang het of wat nie. Ek het net geen idee hoe hierdie tragiese voorval kon gebeur het nie.”

Chené is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar sy aan ʼn kopbesering beswyk het. “Ek het vanoggend [Woensdag] met haar ouma gepraat en sy is baie kwaad oor wat gebeur het,” het Oosthuizen gesê. “Ek verstaan dit tot ʼn mate. Hoe anders kan ʼn mens jou frustrasies en hartseer oor so iets verwerk? Dit is ʼn onbeskryflike tragedie. Ek weet nie hoe ouers ooit so iets verwerk nie.”

Oosthuizen het gesê van die leerlinge in die naskoolsentrum het uitgehardloop toe die hek omgeval het en dat hulle berading by die skool sal ontvang.

Chris Kruger, skoolhoof van die Laerskool Oosterkruin, het Chené as ʼn vriendelike en rustige sewejarige beskryf. “Sy was ʼn tipiese graad een- haasbekkie met potblou ogies. Ons gaan haar verskriklik mis,” het hy gesê.

Claudie de Beer, Chené se ouma, het op haar Facebook-blad ʼn huldeblyk aan haar kleindogter geskryf. “RIP ouma se engel bokkie, gaan jou so vreeslik baie mis. Liefies jou so baie. Ouma se trane sal nooit kan opdroog nie.” [sic]

Konst. Styles Maome, polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê ‘n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

Nuus_Leser ·

Twee klein kindertjies in een week, op dieselfde dag. Dis verskriklik hartseer. Baie sterkte aan die ouers en families sowel as die skole wat hierdeur geraak word. My hart gaan uit na julle, mag die Here vertroosting bring.

Peet Schabort ·

Ai Petro, die hang aan die hek is GEEN verskoning.
Die hek moes net NOOIT omgeval het. Nalatigheid aan die een wat die hek installeer het of moes onderhou.
Mag hierdie ‘n wakker word wees vir ALMAL met sulke hekke!!!!!!!!
Wat ‘n pragtige klein meisiekind. Ek huil saam met jou familie.

Peet Schabort ·

Blyk dit so uit die berig, Dave? Daar sou opmerklik tekens daarvan gewees het. Daar was wel ‘n ouer wat ‘n kind daar opgelaai het wat niks te doen het met die toestand van die hek. Daar staan ook duidelik dat die hek nooit gebruik word en dus behoorlik gesluit moes gewees het. Op só ‘n manier wat die omval van die hek ook sou verhoed het.

Dave ·

Nee Peet maar die teendeel ook nie so uit die berig nie. Met die min besonderhede is jou raaiskoot waarskynlik reg maar dit sluit nie die moontlikheid dat die hek beskadig is uit nie. Mens kan nie ‘n gevolgtrekking maak uit ‘n enkele sinne berig nie.

nig ·

Actually, Peet klink dit wel of die pa sê die hek kon deur ‘n kar gestamp gewees het so Dave is dalk reg. Hou op hap na mekaar

Sukijackie ·

My trane loop, en my hart bloei vir julle. So tragies. Sterkte vir haar familie.

Louis ·

`n Motorhek kan nie sommer net omval nie !!! As ek Chenë se ouers is, sal ek `n klag by die SAPD gaan lê !!

Claudia de Beer ·

Goeie dag, ek het al die nodige kommentaar gelees en op dit wil ek net sê daar is en was nalatig van onderwysers se kant af. Hoe kan kinders met geen toesig by of naby hekke speel. Waar is sekuriteit as daar net ‘n klein hekkie volgens Petro die Hoof, by groot hek is wat nie gesluit word nie. So mense kan net in en uit stap, kinders ontvoer en soos met my kleinkind Chenê gebeur waar hek op haar val en noodlottig beseer word / is.

Dis saak word wel deur S.A.P.D ondersoek en die hek is wel gestamp met skuif merke van hek aan binnekant naby waar ons Chenè gelê het. Die persone wat dit gesien het moet net na vore kom, want hulle maak hulself skukdig ook aan dit met dwarsboming van die gereg. Hoe kan die S.A.P.D saak ondersoek as getuies nie na vore kom met inligting nie.

My dogter Claudie, Carl, Werner en familie betrokke is hard geslaan deur die tragedie. As daar behoorlike onderhoud en veiligheid by hekke was en is, sal sulke ongelukke nie gebeur nie. Dit geld ook vir CCTV wat op hekke moet wys vir enige ongerymdhede. Die skool is beslis verantwoordelik vir my kleinkind se dood. Hulle ontvang betaling om na kinders te kyk en ouers verwag dat hulle kinders veilig moet wees ten alle tye. My dogter het die naskool elke dag gebel om seker te maak haar kind is veilig en dan het hulle haar verseker haar kind is veilig. Ek hoop uit my hart uit dat geen ander kind enige iets sal oorkom by dai naskool nie. Niks sal my Chenètjie terug bring nie, maar ek hoop my dogter laat nie die saak daar nie.

Grassie ·

Blou ogies, blonde hare – wat ‘n pragtige meisiekind. Ek sal nooit die gang van die noodlot verstaan nie. My innige meegevoel met die familie. Ek ken hulle nie, maar ek voel saam met hulle.

Hannelie ·

Ai soveel hartseer, dis eintlik tragies. Baie sterkte aan haar ouers en familie. Petro Oosthuizen al het sy aan die hek gehang, moes die hek nie omgeval het nie. Dis nie ‘n goeie verskoning nie. Jou skool se Beheerliggaam sal na veiligheidsmaatreëls by jul skool moet kyk.

Tina ·

My inige mee gevoel aan die ouers en familie. Dit baie harteer. Wil net byvoeg dat ek saam met Hannelie stem oor die komentaar wat gelewer is oor daar onsekerheid is of Chenè aan die hek gehang het of nie. Al het sy aan die hek gehang bly die feit dat sy heeltemal te fyn gebou was om daai swaar hek om te trek. Waar was die toesig van die naskool dat niemand gesien het wat gebeur het nie? Hoekom is daar ook geen cctv kamaras geïstalleer by die hekke wat ook kon bepaal wat gebeur het nie. Duidelik is daar geen veiligheid toegepas nie.

Tina ·

My inige mee gevoel met die ouers en familie. Ek stem saam met Hannelie, Chanè was heeltemal te fyn gebou om die hek om te trek as sy aan die hek gehang het. Waar was die naskool se toesig dat niemand gesien het wat gebeur het nie? Hoekom is daar geen cctv kamaras geïstalleer by die hekke wat ook kon bepaal wat gebeur het nie. Duidelik is daar geen veiligheid toegepas nie. Dit gaan nie oor beskuldigings oor en weer gooi nie…dit bly n feit dat daar nie toesig by die kinders was nie…hoe sou jy as ouer voel as dit jou kind was?

pop ·

Ons hek is eendag verby sy spoor gestoot deur n kind en het genadiglik op my seun se motor geval. Die installeerders moet n stop aan die einde van die spoor vassweis. Sterkte aan die ouers.

nig ·

POP – Dankie vir jou inligting pop – mense moet let op veiligheidsaspekte van sulke tipe hekke, dit het al te veel kere gebeur. Wag voor ons net vinger wys dat die polisie die saak ondersoek en die ware feite kry. Baie jammer vir die ouers en familie, sterke vorentoe!

Familie lid ·

Ons Chenetjie was 6 en sou in November 7 geword het. Hoe kan ‘n kleine meisietjie wat maar net 17kg geweeg het daardie groot hek laat omval.

Sune van Heerden ·

Dagsê Familie lid

Ons is so jammer om van jul verlies te hoor. Baie dankie dat jy ons op Chene se ouderdom gewys het, ons het die berig só gewysig.

Baie sterkte
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Familielid 2 ·

Die voorwal het net voor 3 plaas gevind want Chene se ma was reeds om 3uur geskakel en ingelig. Dit blyk ook dat sy wel op slag oorlede is en nie eers by die hospitaal nie.

Helesti ·

Ek weet op die oomblik is dit geen vertroosting vir julle nie, maar julle hele gesin/familie is in baie mense se gedagtes en gebede.

Pierre Celliers ·

So’n pragtige meisiekind!!! Dit is verskriklik hartseer!!!

Lorra Erasmsus ·

Mev. Oosthuizen, as Chene aan die hek gehang het en hy het omgeval dan was daai hek maar uiters swak sy is ‘n klein fyn meisie, eks jammer ek dink die skool moet bietjie eerlik wees dalk was daar fout met die hek, ek huil saam Ouma en familie, so onnodig, maar ek is ook ‘n gelowige en glo sy is veilig by Jesus,

Lorra Erasmsus ·

Ek stem saam my vriendin sy dogter het jare terug ook onder so hek beland en sy het nie aan die hek geraak dis met afstandbeheer oopgemaak en het van die spoor afgekom, myne kom gereeld van die spoor af maar die ysters bo hou dit, ek het nie detail vd hek, maar ek is lekker groot en kan nie so hek omruk nie, ek neem aan die hek is sterk en swaar en daars nie ‘n manier dat ‘n fyn 17kg meisietjie hom kon omkeer omdat sy aan hom gehang het nie.

Lorra Erasmsus ·

Dave het ‘n punt beet, word iemand dalk beskerm ‘n motor kan so hek omry

Lorette ·

Hierdie storie bring weer al die herringeringe terug van 12 Februarie 2007. My poppie was toe 6 jaar oud ook graad 1. Daardie middag toe val ons hek ook om bo-op haar. Die gevoel om jou kind so te sien lê in die “driveway” met bloed wat oor die bakstene loop, kan ek aan niemand beskryf nie. Dit was die donkerste tyd in ons lewe. Vandag is sy ‘n pragtige blou-oog blondine van 14 en in grd 9. Die letsels sal altyd daar wees. Die dankbaarheid dat Pappa haar lewe gespaar het vir ons, sal altyd daar wees. Elke jaar op 12/02 onthou mens weer daai dag. My hart bloei vir Chené se ouers en familie. Ek bid dat julle hierdeur sal kom. Ek wens dit vir geen mens nie.

charlotte ·

Mev Oosthuizen ek wil net graag weet waar was jou personeel dan wat na die kinders moes omsien.Betaal die ouers julle dan nie om na hulle kinders te kyk nie?As Chene aleen daar voor was en niemand het gesien wat gebeur het nie,beteken dit dan dat daar geen toesig by julle naskool is nie..En so kleine dogtertjie kan op n plastiek hek hang en hy sal nie omval nie.Daar moes denitief n probleem met die hek gewees het. ,ek kan nie dink dat die hek voldoen het aan al die veiligheids vereistes nie.Ek dink daar is meer nalatigheid betrokke.

charlotte ·

Daar is n storie dat van die kinders weet hulle was besig om aan die hek te werk..So as daar geen problem met die hek was nie,hoekom aan hom werk

Peet Schabort ·

Dave, daar word seker ‘n paar veiligheidsmaatreëls getref? Soos om nie die hysbak te gebruik?

KAG ·

Eerstens baie simpatie aan die familie. Dis vreeslik hartseer en onnodig wat hier geberu het. Tweedens, en ek stem saam met Charlotte, moes daar sekerlik toesig gewees het deur naskool staf?? Hoe is dit dat niemand gesien het wat gebeur nie?? En bitter onveilig dat ‘n kind by die hek alleen is. So ek sou eerder vra waar die naskool verkeerd gegaan het dat daar nie toesig was nie!!!

werner koch ·

Ek chene se pa was by die naskooll en het die hek so hard as wat ek kan geruk en die hek was nog op sy spoor ek glo nie wat hul se nie.

werner koch ·

Die een vrou by chene se naskool se dat die een oom sy kind kom optel het en die hek met sy kar op my kind gestamp het

net ek ·

Ek weet dit is ‘n frats ongeluk! maar dit is iets wat iemand, soos Petro, kon verhoed het! Eerstens, waar was sy >>> een van Chene se maatjies het aan haar mamma vertel dat sy iets hoor val het, sy het gaan kyk en haar onder die hek sien lê DAARNA is Petro geroep – WIE KYK NA DIE KINDERS EN WAAR WAS SY! Ek weet skuld gevoel laat jy gewoontlik iemand anders blameer… ek voel Petro moet nie die ‘vicitm’ speel nie – erken dat jy nalatig was.

Elfie ·

Ai tog alis daar twintig mense wat moet kinders oppas kan hul ook nie heltyd oral wees nie. Wat van die gr 1 seuntjie wat by skool geval en dood is. Wil almal nou daar ook die skool aanvat “omdat niemand gekyk het nie”. En let wel ek ken niemand in die saak, bly nie eers in Germiston maar ek dink net mense is so deksels vinnig om links en regs mense te beskuldig terwyl dit selfs by mens se eie huis gebeur. Hoevele kere het ‘n kind bv nie by die ouerhuis verdrink nie, of soos reeds genoem ‘n hek op die kind geval nie, die goed gebeur ongelukkig. Daar moet liefs gekyk word na sekere veiligheidstandaarde waaaraan hierdie tipe hekke moet voldoen as wat daar nou net vinger gewys word.

Dave ·

Netjiese antwoord aan diè naamlose een en ander wat diè tipe dinge uitspoeg, Elfie. Ek wonder nog die heeltyd of die mense verwag daar moet personeel wees wat elke kind aan die hand hou totdat die huismense opdaag. Snaaks dat niemand nog voorgestel het dat die kinders in ‘n vertrek gehou word vanwaar hulle gehaal word.

candice ·

Ja sien j bly ni da ni ken ok niemand daar nie en blykbaar ht j ni kennis v hu n naskool of even n klueter skool werk nie daars n sekere hoeveelheod kids onder een juffrpu vd simple rede lat s nq hul alm kan kyk helllllooo en ng iets daars speel areas v kinders hkm was s by di hek sonder toesig en jah n opaser mut seker maak dat di kids nt klasse of speel terein verlaat Ek wil net my meening deel! Die dat daar nie toesig was nie is nalaatig … Ek werk ook by n skool en daar sit elke dag iemand by die hek wa ons kinders en ouers in en uit gaan. So dit is swak van daardie skool om nie toesig by die hek te he nie! As die hek nie voutief was nie ? Hoekom dan glad nie gebruik maak van hom nie. Daar is dan stories van n kind se ma wat haar buite die skool gevind het nie so lank terug nie weens daardie hek wat hul besig was om te herstel ! Ek stem saam die hoof moet aanvaar en eerlik wees en se dat haar skool nalaatig is en ek hoop sy vebeter haar reels en staffas ouers daar is so

candice ·

Ek wil net my meening deel! Die dat daar nie toesig was nie is nalaatig … Ek werk ook by n skool en daar sit elke dag iemand by die hek wa ons kinders en ouers in en uit gaan. So dit is swak van daardie skool om nie toesig by die hek te he nie! As die hek nie voutief was nie ? Hoekom dan glad nie gebruik maak van hom nie. Daar is dan stories van n kind se ma wat haar buite die skool gevind het nie so lank terug nie weens daardie hek wat hul besig was om te herstel ! Ek stem saam die hoof moet aanvaar en eerlik wees en se dat haar skool nalaatig is en ek hoop sy vebeter haar reels en staff

candice ·

Ek stem iemand mus na haar omsien. soos haar pappa se mense het gesien wat gebeer het di hoof van die naskool is def nalatig gewees maki saak hu j dana kyk ni

Nina ·

Hemel, Candice….Ek hoop werklik jy is nie ‘n onderwyseres met jou spelling nie! Arme kinders!

Foutief
Mening
Nalatig
Kleuterskool
Oppasser

Elfie ·

Dankie Candice vir jou talle kommentaar en spelfoute. Dis seker hoekom hulle jou by die hek sit. Ek ken kinders – weereens moenie aannames maak nie. Al sit iemand by een hek kan kinders by ander hekke rondspeel. Een by ‘n hek gaan nie verhoed dat kinders by ander plekke beseer word nie. Tensy die ouers betaal dat elke liewe kind ‘n oppasser het wat elke sekonde BY die kind is kan ek nie sien hoe ongelukke verhoed kan word nie. Soos ek genoem word selfs by die huis gebeur sulke goed, m.a.w. dis nou elke ouer se skuld wie se kind ooit verdrink het of waar ‘n hek op die kind geval het of die hond die kind aangeval het? Dink voor jy net komMINtaar lewer

net ek ·

nog iets … hoekom het Petro nie aan die mammas en pappas genoem dat iets so vreeslik by die skool gebeur het nie? Hulle moes dit uitvind ‘via the grape vines’ – DIT is verkeerd!

anne ·

Petro Oosthuizen, ‘n sagte woord ontbreek by jou, dit was iemand se dogtertjie, kleinkind en maatjie.

Elfie ·

Mense moet nou nie links en regs sommer beskuldigings gooi nie alla wêreld. Dit klink of hier meer as net ‘n ontspoorde hek aan die storie is, maar ek weet nie, ek was nie daar nie. Sterkte aan die ouers, familie, maatjies en enigeen wat haar geken het. Dis baie hartseer. Ek weet egter baie van die tipe hekke het al voorheen op mense geval so ek dink mens moet baie seker maak so ‘n hek is te alle tye veilig – ongelukke gebeur.

Klaas ·

Tipies Suid Afrikaners. Gooi klippe terwyl julle geen feite het ni. Dis mos lekker om iemand anders te beskuldig terwyl ons almal mar nalatig is aan iets. Mense julle klipgooiery gaan nie die pragtige kind trugbring nie. Sterkte en innige simpatie aan haar ouers en di skool.

Peet Schabort ·

Klaas, daar word die moontlikheid ook uitgespreek dat die kind teen die hek opgeklim het afkomstig van die skool self. Daar was dus niemand van die skool by die hek, nie eers om te kyk wie ‘n kind kom oplaai. Die kind was na alle aanduidings alleen by die hek wat nie so moes gewees het want daar was op daardie stadium vrye toegang en uitgang.

Petro Struwig ·

Dis so tragies ek lees die artikel met trane in my oe!!!Mag die HERE ons kindertjies beskerm dis so hartseer as iets wat n mens se lewe die moeite werd maak om te leef so vinnig kan verdwyn deur so tragiese ongeluk Mag GOD die familie dra deur die moeilike tyd!

Annelize ·

Ek vind dit is normaal om deur so n tragedie vingers te wys en mense te blameer.. en net iewers berusting te vind. Ek glo soos Elfie se – ongelukke gebeur. Hoe wou elke ouer verbonde aan die skool verwag dat Petro die dag van die gebeure aan al die mammas en pappas verduidelik van n ongeluk wat gebeur het…. dink niemand aan die feit dat Petro en die staf en al die ander kindertjies wat teenwoordig was, hartseer en geskok was na wat gebeur het nie. My innige simpatie aan Chene se ouers en familie en al haar maatjies.

HEVW ·

Die vlekkelose perfeksioniste verwyt so harteloos en oorvloedig , so asof daar nog nooit in hul lewe iets onvoorsiens gebeur het nie. Niemand is sonder vlek of rimpel nie. My meegevoel aan almal betrokke.

Peet Schabort ·

Dit gaan nie hier oor die heilige vlekkelose perfektioniste maar oor die onnodige dood van ‘n kind. Waarom sê ek so? Omdat hierdie nie die eerste en ook nie die laaste keer is wat dit sal gebeur nie. Ons wil net nie leer dat dit met ons kan gebeur nie. Daarom is hierdie nalatige ongelukke. Ek het gereeld soos klokslag my kinders saam met my in die motor gelaai VOOR ek enigsins vorentoe of agteruit gery het. Maar dit ‘steel’ tyd om weer by die hek stil te hou en die kleintjie weer af te laai. Of jy maak seker dat die kind by die ma is. So het kinders al verdrink waar die pa aangeneem het die kind is by die ma en andersom. Ons wil net nie leer uit ander se foute want ons is té slim. Met ‘n kind in die omgewing aanvaar jy geen situasie as sommer maar net nie gevaarlik. Jy speel polisieman oor daardie kind m.a.w. jy gee die noodlot NIE ‘ n kans. Ek het op die myne gewerk en veiligheid is in jou ingefoeter as jy nie wou luister. Die aanname na ‘n ongeluk wat ek moes opmeet was daar nie sprake van “An act of God” om dit af te handel. Daar is diep getorring om vas te stel WAAROM en HOEKOM en dan die belangrikste: DAT DIT NOOIT OOIT weer moet gebeur. Maar nee, ons wil net nie verantwoordelikheid neem om hierdie dinge te voorkom. Daar is nie altyd ‘n tweede kans met ‘n kind. Daar is verskillende stappe om veiligheid te identifiseer. Faal een van hierdie stappe dan is die situasie ONVEILIG. OOR EN UIT!!

Ronel ·

Ek ken die familie persoonlik en hulle gaan deur hel dit was die mamma se enigste kind wat sy verloor het op n baie slegte manier hulle treur baie en glo nie enige iemand kan fingers wys nie dinge gebeur met n doel in die lewe dalk is dit jy of ek more niemand weet wat die toekoms inhou nie.Sterkte aan die familie ons dink en bid dat God julle sal sterk hou in hierdie moeilik tyd

Regtig ·

En as dit nou jou 6 jarige dogtertjie was? Sou julle gese het “oh well, ongelukke gebeur” kom ons maak die begrafnis reelings en gaan aan met ons lewens want “ongelukke gebeur”? Party van julle is so onsensitief! Se dan net eerder niks. Ouers en familie het die reg om kwaad te wees en hulle gaan kwaad wees vir die wereld en vir God. Die van julle wat nog nie iemand so na aan jou verloor het nie sal dit nie verstaan nie.

christina ·

Ek persoonlik dink dat as dit jou kind was wat op daai hek gestaan het en dit met jou kind gebeur wat sou ni deur jou kop gaan ni. Ek dink eerlik waar dat niemand vingers wys maar we’ll feite.

bb ·

Ek dink dis waar, almal dink vinnig en se als maar nie een van hulle dink ooit wat sou hulle gedoen het in so omstandighede ni. Wat as dit jou kind was ? Wat dan ? Ek dink eerlik daardie skool moet toe gemaak word want duidelik word daar nie omgesien na die kleintjies …

Toya ·

My innige simpatie aan die familie. Ek kan myself nie eers indink hoe hulle moet voel nie. Ek wil net graag noem dat die nasorg apart bedryf word en nie deel van die skool is nie. Die skoolhoof is nie die hoof van die nasorg nie. Die nasorg word heeltemal apart van skool af bedryf.

anon ·

jis jul mense like om vinnger te wys was n frats ongeluk n ongeluk gebeur soos blits hoe moet di ouers net ni voel om als te lees wat jul kwyt raak ni

Neptunus ·

Hierdie tragedie is absoluut onverskoonbaar. Die persoon in beheer van die terrein behoort van strafbare manslag aangekla te word as daar fout met die hek was. Kinders moet op hierdie brose ouderdom geensins sonder volwasse toesig te wees nie, punt. Nie naby sulke hekke nie, nie naby swembaddens nie, nie naby ‘n pad nie, nêrens nie. Mense met die “ongelukke gebeur maar”-standpunt het seker nog nie ‘n kind weens growwe nalatigheid verloor nie, of nog erger, was dalk die oorsaak van so tragedie. Dis daardie tipe wat hulle kind nie vasgegordel of op die sitplek laat staan terwyl hulle met ‘n selfoon teen die oor in tweede rat verby stoptekens suiker. Party mense behoort nie in beheer van kinders (of hulle self) te wees nie, veral as mens sien hoe party hierbo “skryf”. Dit bly maar skokkend hoeveel analfabete rekenaars of selfone het en ‘n gebrabbel kwytraak in die openbare domein. Aan die gesin van die arme kind: Maak seker die SAPD ondersoek hierdie saak deeglik en dat ‘n formele geregtelike doodsondersoek gehou word en/of ‘n kriminele klag gelê word. Die standaarde van die polisie en ook aanklaers val soos ‘n klip deesdae en daar lê baie struikelblokke voor in julle pad na geregtigheid.

EMK ·

Neptunus – jy veralgemeen darem grof om te sê dat mense “self die oorsaak van so ‘n tragedie” was of dat party mense behoort “nie in beheer van kinders (of hulle self) te wees nie”. Skaam jou man! Dalk moet jy jouself verwyder van forums met sulke snert.

snip ·

Los vir Neptunus, ek like nogal sy sê goed altyd en wat hy sê maak sin. Ek verstaan 100% wat hy bedoel met daai sin, party mense is n gevaar vir ander en hulle self met hul optredes. Hierdie is n tragiese gebeurtenis, maar veral waar kinders na gekyk word of teenwoordig is moet mens baie seker maak dat alles veilig is, hierdie hek moes ysters bo gehad het wat hom keer om om te val, al ontspoor hy, maar Werner Koch het hier bo genoem dat iemand in die hek vasgery het en die hek toe op haar geval het, dan het daardie ou mos skuld. Hoop regtig hier word n deeglike ondersoek gedoen sodat die ouers sal weet wat werklik gebeur het. Sterkte aan die ouers en familie.

Dave ·

Los vir EMK, ek like nogal wat gesê word en hòe dit gesê word.

Wally ·

Ongelukke vra nie om te gebeur nie – hulle gebeur net sommer. Sterkte aan die familie. RIV, Chené. Jy is nou by Liewe Jesus.

Riaan ·

Ongeluk bly n ongeluk. Dit kan nie beheer word nie, help nie om verwyte uit te deel nie. Dit is baie hartseer en sterkte vir haar ouers.

christina ·

N hek wat nooit gebruik is. En n groot man wat gaan kyk het en opi hek spring en di hek wat ni om val ni. N kind wat 6 is en so lig is. Dink weer. Geen toesig. So jou kind isi veilig want da isi toesig eenage kind kan iets oor kom. Mense se net dis n ongeluki. So ander woorde niemand warie ni ag dis maar net n kind wat dood is muni warie ni. Ja want disi jou kind ni. Ongeluki.

Delia ·

EMK, dis gewoonlik mense wat te lui is om te dink en heeldag aan hulle selfone vas sit wat daardie skryfstyl het…..

Johanna ·

My innige simpatie aan die familie. Dis verskriklike hartseer omstandighede en niemand kan hulle in julle plek indink nie. Ek wil egter sê dat dit waarskynlik ‘n bona fide ongeluk was en daar nie noodwendig skuld uitgedeel moet word nie. Dat daar met die hek gepeuter was op een of ander manier is seker. Dit vat nie veel om daardie hekke uit hul spore te ruk nie en as die pragkind self op die hek geklim het en hom nie vreeslik hard geruk het nie, sou al wees wat nodig is om ‘n tragedie te veroorsaak. Ek woon in ‘n meenthuiskompleks waar kinders van 5 jaar oud gedink het dit is snaaks om op die hek te staan wanneer ‘n motor inry sodat hulle lekker op die hek kan ry wanneer hy oopmaak. Gelukkig het daar niks met die kinders gebeur nie, maar dit het die kompleks ‘n klomp geld gekos om die hek weer reg te maak. Jy het nie baie gewig nodig om so ‘n hek van sy spoor te kry nie. Kom ons hoop hierdie tragedie was nie verniet nie en dat al die partye hieruit geleer het en mag die familie die vertroosting ontvang wat hulle toekom.

EMK ·

Johanna, dankie vir kommentaar van iemand wat ooglopend dink voor sy skryf en dink voor sy net vinger wys. Ai party mense tog… Ek wens die hele familie, skool, vriende en maats sterkte toe. G’n mens op aarde kan elke sekonde van elke dag by ‘n kind wees nie, as daar so ‘n naskoolsentrum is wat soveel personeel kan aanstel dan sal ek graag die naam wil weet sodat ek my kiddies soontoe kan stuur. As ek dit sal kan bekostig, want dit sal baie duur moet wees om soveel personeel te kan hê.

Peet Schabort ·

EMK, gaan kyk by TJOKKERLAND in Vanderbijlpark. Daar waar die ouer eers moet bevestig vóór iemand anders jou kind mag oplaai. Selfs die oupa of ouma word nie toegelaat om kleinkinders goedsmoeds te gaan oplaai.

Eric ·

Aan Johanne die volgende – As ‘n naskool sentrum dit nie kan behartig om na naskoolse kinders behoorlik met toesig kan kyk nie, moet hulle nie ‘n naskool sentrum oopmaak nie en nog minder betaling ontvang.

Aan EMK die volgende – Daar is baie naskoolse sentrums wat na elke kind omsien met sy onderwyseres tot die regte ouers hulle kom afhaal. Geen ander familie lid word toegelaat om kleinkinders af te gaan haal nie. Jy het seker nie kinders of kinders in ‘n naskool sentrum nie. So ondersoek eers voor jy enige kommentaar kan lewer. Dit is feite wat ek staaf.

Sasha ·

sjoe hierdie is hartseer en gee my sommer ‘n koue rilling, dieselfde het met my boetie gebeur toe ons op laerskool was en genadiglik was daar stene teen die een kant waar die hek teen geval het en hy is ongedeeerd. Dit kon so lelik uitdraai en so tragies soos wat mens hier lees. Dit was ‘n geval waar die hek verby sy ‘stop’ punt gegaan het.
My hart gaan uit na die dogtertjie se familie.

Peet Schabort ·

Op enige ongelukstoneel waar iemand dood is of, soos hier, ernstig beseer is word daar nie getorring aan die ongelukstoneel. Net die nodige word gedoen om om te sien na die beseerdes. Hier egter word die hek TERUGGEPLAAS in sy werkbare posisie. Was daar enige foto’s geneem van die gebuigde staal en merke aan die hek waar die voertuig die hek raakgery het?
Maroela Media moet asb. vir ons terugvoering gee oor hierdie ongeluk want dit is in landsbelang oor wat gebeur het. Dit mag net nie weer wees soos in sovele vorige ongelukke dat ook hierdie kindjie se dood tevergeefs was. Ons mag dit nie ignoreer maar wat gaan ons doen? Ek stel voor (dit sluit my in) om ons neuse te gaan indruk by openbare plekke om ondersoek in te stel na hierdie hekke se veiligheid. Wat egter gaan ek aanvoor as rede om dit te wil doen? Is dit moontlik vir Maroela Media om ‘n aflaaibare brief van hierdie ongeluk beskikbaar te stel wat dan gebruik kan word as motivering? Ook met die toestemming van haar ouers kan ons die projek na Chené vernoem? Ook met ‘n foto.
Daar is seer sekerlik vakmanne wat betrek kan word vir riglyne waaraan hierdie hekke moet voldoen en gewapen daarmee kan ons dan begin inspeksie doen.
Van my kant maak ek hierdie voorstel en is ek nie besig met lippetaal.
Kom ons maak iets vrugbaars hieruit.
Wat sê Maroela Media hiervan?

Familie lid ·

Peet dis ‘n wonderlike idee. Ons sal dit bespreek met die familie en laat weet na die begrafnis.

Peet Schabort ·

Ek heg groot waarde aan jou antwoord Familie lid. Ons kan dit net nie so los.
Hiermee ook my toestemming dat Maroela Media my e-pos aan jou mag gee.
Die Heer se seën in hierdie moeilike tyd.

Sune van Heerden ·

Dagsê Peet

Ek het jou e-posadres aan die gesin verskaf.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Se maar net ·

Daar is Standaarde wat gevolg moet word in die oprigting van hekke. Die SANS kode. Die gebruik van die hekke en veiligheid word alles vervat hierin. Die ongeluk het op n besigheids perseel gebeur waar baie mense hierdie hek moes gebruik, Was daar inspeksies soos voorgestel deur die wet? Was daar n “Maintenance Plan” om seker te maak dat hierdie hek veilig is vir gebruik. In hierdie geval gaan daar beslis gekyk word na die besigheid en daar sal beslis gevolge wees. Wat my egter pla is dat n 17 kg dogtertjie n hek kon omtrek? Wat sou gebeur het as n pa wat dalk so 100kg die klein beweeg hek op die groot het sou trek? Sou dit nie die dan ook omgeval het nie? Hoekom het dit omgeval op daardie oomblik toe sy naby of op die hek was? Ja ek sal ook graag die “Root cause ” van hierdie ongeluk wil weet. Ongeluke gebeur nie net nie. Ongeluke word veroorsaak deur gedrag, nalatigheid en net 1% deur onnatuurlike oorsake. Dit is nou soos weerlig en goed wat ons ons nie kan beheer nie. Hoekom is daar aan die toeneel verander? Ek bid vir almal in hierdie saak. Sterke aan die ourers.

Gerhard ·

Ek was woensdag oggend daar en het met petro gepraat gesien hoe die kinders cupcakes van die vloer af moet eet want hulle het nie borde gehaad nie, sy het my deur die hele perseel gevat ek het gesien dat daar nie eers n net oor die swembad was nie ,tools le die hele plek rond die deure wat hulle al maande lank terug sou reg maak val uit mekaar uit en die Hond wat nie ophou blaf nie. Oppad uit het ek die bloed gesien wat niemand gedink het om skoon te maak nie en toe ook gesien waar die staal van die hek wat hom in plek moet hou gebreuk het wat iemand weer vas geweld het. Nou se jy my hoe breek staal sonder help. Nie snaaks nie maar dit is nie so maklik nie en petro praat nie die hele waarheid nie maar dis ok varke kry n lang naweek.
Dave weet nie wie jy is nie stel ook nie belang nie maar wou net vra het jy die hek reg gemaak aan gesien jy so slim is met hekke????

Trixe ·

eks n bekommerde ouma wat al hierdie dinge bo lees.
neet een uitweg : SLUIT DIE SKOOL, ANDER MAMMAS EN PAPPAS MOET NIE JUL KINDERS LANGER DAAR LOS NIE.
As onder in die ouers se skoene was deur n kind te verloor, sout hul ander stories gehad het, dis tragies man tragies!!!
als klink nie goed by daardie skool nie.
MAAK TOE!!!!!!!

Pieter ·

Dis baie hartseer..ek voel baie jammer vir die ouers
mens hoor te veel van hekke wat kinders doodval.. as die hek nie deur ‘n motor beskadig is nie ..is dit swak vakmanskap .. geen hek behoort om te val al hang daar ‘n man van 200kg aan hom nie

Annelize ·

Ek dink regtig almal moet ophou vingers wys tot die finale verslag verkry word.. Onder geen omstandighede dink ek enige iemand verdien verwyte of vinger wys nie. Ek voel baie diep hartseer aan almal betrokke en ek dink al die bespiegelinge en verwyte maak Familie en Vriende en betrokke partye meer en dieper seer…. Ek verstaan ouers se seer en bitterheid ek verstaan die vrae en ek verstaan die woord Hoekom al te goed. Ek weet dat dit enige van ons kinders wat teenwoordig was kon wees. Sterkte aan almal julle in ons gebede en gedagtes.

Eric ·

Hallo Peet, met verwysing na jou kommentaar en voorstel en van familie lid, wil ek en Claudie (Chenè se Ouma) ons volle ondersteuning gee met als. Ons as ouers sal met ons dogter Claudia, Carl en Werner praat oor die aangeleentheid. As ander kindertjies gehelp kan word, ondersteun ons dit 180%

Toya ·

My innige simpatie aan die ouers en familie. Ek kan myself nie eers indink hoe julle moet voel nie. Onthou net die Nasorg word heeltemal apart van die skool bedryf. Die Nasorg is ook nie deel van die skool nie. So die skoolhoof van Laerskool Oosterkruin is nie verantwoordelik vir wat by die Nasorg gebeur nie. Hierdie hele gebeure is net tragies verby. Ek hoop en bid ek bevind myself nooit in so situasie nie. Mag die Here julle in Sy arms van liefde omvou.

Neptunus ·

Peet Schabort: Niemand som die harde werklikheid so goed op soos jy hierbo nie. Jy wys nie alleen vinger na die onverskillige tipe mense nie, maar gee die naasbestaandes van hierdie dogtertjie hoop. Baie nugter denke man, moenie ophou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.