ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur na ʼn sewejarige meisie van Limpopo wat sedert Saterdag vermis word.
Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die meisie, Leago Mohlahla, woon saam met haar ma en ander familielede in ʼn huis in Nebo, noordoos van Groblersdal.
“Haar ma is Saterdag na ʼn troue en Leago het tuis gebly. Sy het êrens deur die dag spoorloos verdwyn. Die familielede wat saam met hulle woon het gedink syis saam met haar ma by die troue,” het Otto gesê.
Die meisie is Saterdag om 21:00 as vermis aangemeld by die polisie toe die ma van die troue af teruggekeer het en besef het sy is weg.
Leago het ʼn grys broek, pienk hemp en grys stewels aangehad toe sy vir die laaste keer gesien is.
Lede van die gemeenskap, die polisie se soek-en-reddingseenheid en die honde-eenheid soek sedert Sondag in die omgewing na haar. Die polisie se lugvleuel is Woensdag by die soektog betrek.
Dalk nog een van die “vroue-stastitiek” in ons land waar geweld teen vroue hoogty vier? Hoe anders verdwyn so ‘n klein kind net? Ek vra dit want net gisteraand weer in ons omgewing ‘n swart vrou in verkrag deur twee mans en haar keel doodeenvoudig met ‘n bierbottel afgesny. Siek.