Meisie (8) glo verkrag terwyl sy regmaak vir skool

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van die Wes-Kaap verskyn na verwagting Dinsdag in die hof nadat hy glo sy agtjarige stiefdogter verkrag het.

Volgens kapt. Bernadine Steyn, provinsiale polisiewoordvoerder, het die man glo Vrydag omstreeks 07:15 die dogtertjie op die vloer van hul huis in Da Gamaskop, Mosselbaai, verkrag terwyl sy vir skool gereed gemaak het.

Die man is Sondag omstreeks 10:00 by die huis in hegtenis geneem en sal in die Da Gamaskop-landdroshof op aanklag van verkragting verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ron ·

Ek sal dit verloor as ek so iets moet sien….Verloor se ek vir jou!!

Griki ·

Ek ook, Ron. Dit sal die een rede wees waarom ek met plesier tronk toe sal gaan.

Pierre ·

Mag hy kry wat hom toekom, daar is nie plek vir sulke mense in die gemeenskap nie.

Yolandie ·

Jammer aan daai poppie wie se lewe verwoes is…. Ek het ‘n dogtertjie van 8 jaar oud en sal dit verloor as dit met ha mut gebeur…. Aan daai man was dit aan ha haar gedoen het..Het jou ma jou niks geleer nie…. Kinders is vir ons gegee om op te pas met alles wat ons het…. Hoop hulle sluit hom toe en hy kry wat hy verdien…. Dis bitter sad :(

Eduard ·

sjoe wat gaan met die mensdom aan kom ons hou dium vas dat hy baie hart gestraf sal word

Tammy ·

Dis alles tekens van die agteruitgang van die mensdom. So tragies, die arme kind. Sy kon haar nie self verdedig nie, maar was sy dan alleen saam met die wrede man in die huis dat niemand haar kon verdedig nie?

Winston ·

Hy is onopvoedbaar en nie reahabilteerbaar nie. Psigopaat. Hang is al, kastreer sal nie help nie, dan moor hy nog steeds.

GES ·

So ‘n persoon verdien nie die reg op lewe nie. Sy nek beboort gerek te word.

E.K. ·

Arme ou dogtertjie. Ek hoop en bid sy kry minstens terapie. En hoelik kry die gedierte nie paarool of ‘n klappie op die hand nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Los hom vir die bandiete die vuiles. Ek sal , indien ek so n persoon vang, dit ook heeltemal verloor. Hy moet nooit weer uit die tronk losgelaat word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.