Meisie (8) op pad skool toe verkrag, vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Agtjarige meisie van Limpopo is Vrydagoggend op pad skool toe ontvoer, verkrag en vermoor.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in Ritavi, suidoos van Tzaneen, plaasgevind.

“Die meisie het saam met maatjies skool toe gestap toe die verdagte skielik verskyn en haar oorweldig het. Hy het haar gegryp en in die bosse ingesleep waar sy verkrag en verwurg is,” het Otto gesê.

Otto het gesê die meisie se maatjies het weggehardloop en hulp by lede van die gemeenskap gaan soek. “Dié mense kon daarin slaag om die verdagte vas te trek en het hom aan die polisie te oorhandig.”

Die man sal na verwagting Maandag in die NkowaNkowa-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Fannie Masemola, die provinsiale polisiekommissaris, het sy skok oor die “sinnelose moord van ʼn klein meisie” uitgespreek. Hy het ook die lede van die gemeenskap bedank wat die man opgespoor en aan die polisie oorhandig het – sonder om die reg in eie hande te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Inge ·

Dis verskriklik! Ek is so bly die gemeenskap het hom vasgetrek! Die wetter!

Manie ·

Nog ‘n verkragter en moordenaar wat onderhou gaan word deur die staat. Bring die Doodstraf terug!!!!

Berhalet Beukes ·

Selfs die doodstraf is vir so ‘n vieslike boosaard te sag!

Berhalet Beukes ·

Sies maar ons land is vol van barbaarse boosaards! Ek is al so moeg om dag in en dag uit te lees hoe kinders verkrag word! Nee werklik! Ek hoop die gemeenskap kry hom voor die polisie!

Tanya ·

Kyk, dis onmenslik wat met die arme kind gebeur het! My seun is al 11, daar is GEEN manier wat ek hom sal toelaat om alleen / saam met maats sal laat skool toe loop nie. Ouers moet besef dat dit in vandag se lewe te gevaarlik is.

Rus in vrede meisiekind, en sterkte aan die familie. Mag God julle vertroos deur hierdie moeilike tyd.

JOHNY ·

Ek wil eers vir die ouers en Familie se ons is baie jammer om te moet lees wat met die kind gebeur het dit is verskriklik hartseer dat so iets haar lewe tot n einde gebring het.Ek kan my indink dat die kind om hulp gegil het en daar is niemand om haar te help nie Al hoe meer sulke gevalle kom deesdae voor.Die regering moet asb baie asb n plan maak om veilige vervoer vir die kinders te bewerkstellig baie van die ouers het nie genoegsame geld om hulle kinders by die skool te kry nie. Ek glo daar is baie goeie mense daarbuite om te help .Wat van n fonds stig om geld bymekaar te maak om die ouers te help om veilige vervoer vir hulle kinders te kry .Of dat daar n klein branstof toelaag bygereken word by die branstof prys om dit aan te wend om die kinders veilig by die skool te kry.Kyk net die water insameling wat so goed afgeloop het.Ek weet Suid Afrika het baie mense met harte van goud wat baie graag ook die probleem vir die ouers wil probeer oplos wat net te min geld het om dit self te doen

Jacquelene Naude ·

Doodstraf. Of kap alles af hande en voete ook. Sal dan nooit weer dit met onskuldige kleinmensies kan doen nie.
DOODSTRAF ASB

TDW ·

Nee! Ek sou te kwaad wees om hom net so te oorhandig om gebad, gevoer en geleerd te word in die tronk. Ek sou hom eers kastreer en hom stadig laat dood bloei. Ek kan nie glo die mense was so ordentlik nie. Ek weet ek is verkeerd, en dat my gedagtes nie in lyn is met wat Jesus ons geleer het nie, maar ek word so kwaad oor hierdie goed wat aangaan. Geen mens verdien sulke wreedaardigheid nie, ‘n kind nog minder. Baie sterkte aan haar familie wat nou moet vrede maak met die dood van hul dogter en nog ook die haglike manier waarop sy van hulle gevat is.

Anthony ·

Vir hom ry ek 5km in die diep see in en gooi hom oorboord. Maar nie sonder n lewensredding jassie nie. Ek wil hom sien spartel soos die haaie stukkie vir stukkie van hom vreet. Geen mens en ek bedoel geen mens, swart of wit, verdien om te leef in vrede nadat hy n kind vermoor of verkrag het nie. My dogter is 4 en net die gedagte maak my siek! Sterkte aan die kind se ouers. Ek kanie indink waardeur julle gaan nie.

andre de kegel ·

julle moe eers syn geslag dele afsny en dan ophang

sarie van heerden ·

Sulke mense is nie rehabiliteerbaar nie. Ons het baie lee mynskagte. Hoekom hulle nie maar daar bere tot vir later nie. Dan hoef ons nie te betaal om vir huisvesting te bied nie.

james ·

Gemeenskap moes hom net daar ook verwurg het. Nou gaan hy rustig agter tralies sit want ons land se wette is mos n grap v misdadigers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.