Mashudu Malelo, woordvoerder van die polisie, sê die meisie se liggaam is onder ‘n hoop grond gevind in ‘n begraafplaas in Thohoyandou.
Die meisie se pa het haar Woensdag as vermis aangegee nadat hy haar by die skool wou gaan haal maar haar nie kon vind nie.
Haar liggaam is Donderdag deur ‘n verbyganger gevind. “Daar is ‘n moontlikheid dat sy verkrag is maar ons wag vir die uitslae van die nadoodse ondersoek,” het Malelo gesê.
Die polisie ondersoek die saak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
hoop hul kry daardie persoon en vinnig ook voordat nog n kind verkrag en dood gemaak word. Die monsters wat dit doen is siek mense
Liewe VADER, wat gaan aan in ons samelewing???? Is ek besig om my vertroue in die mensdom te verloor of het ons dit nie voorheen gesien nie?! Ek kan nie die hoeveelheid kinder misdade glo nie. Wat gaan in sulke siek mense se koppe aan… Ek kan nie eens my diere seer maak nie – wat nog te praat van onskuldige kinders. Ons sal die lekker lewe wat hierdie boos doeners in die tronke kry verander. Hulle doen die MISdaad en gaan sit op ons onkoste en word net slegter en slegter. Dan word hulle vry gelaat omdat hulle goeie… Lees meer »
Daar sal hoop vir die land wees as hulle die galg terug bring. Hulle het geen genade vir kind of dier nie. Al die wat ooit gevang word, gaan sit in die tronke en ons moet nog daarvoor betaal. Ons moet werk soos baie Lande oog vir n oog.
Die dood straf moet terug kom