Meisie (9) dood ná hond haar byt

Chanté Horsban. Foto: Facebook

ʼn Negejarige meisie van Calitzdorp is dood nadat sy Saterdag deur ʼn hond, wat glo van sy ketting losgeruk het, aangeval is.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê Chanté Horsban se ma het haar Saterdag gestuur om ʼn pakkie êrens te gaan afgee. Die pitbull het van sy ketting losgeruk en uit ʼn erf in Gamkaweg gekom en Chanté aangeval.

“Die dogtertjie het verskeie bytwonde aan haar kop opgedoen en is later na die Oudtshoorn-hospitaal geneem. Sy het daar aan haar wonde beswyk,” het Pojie gesê.

“Sy het een laaste ruk gegee en toe sê ek vir myself, nou is my kind dood,” het Sophia, Chanté se ma, aan die Oudtshoorn Courant gesê. Die publikasie berig die hond is intussen van kant gemaak.

Pojie het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

lorayne ·

Arme kind. . . Mag jy in vrede rus Chantè. My hart gaan uit na die mamma, gesin en almal wat vir haar lief was.

Johann ·

Kla die hond se eienaar aan, hy weet sekerlik daai tipe honde is onwettig

Gert ·

My hart gaan uit aan die familie. Sterkte vir julle.

Stem saam met Johann dat die eienaar verantwoordelik gehou moet word, maar Johann, kry net jou feite reg hulle is nie onwetting om aan te hou nie. Die ander kant van die saak is ook, as die hond met lifde grootmaak, dan is hulle die mees liefdevolle honde.

CK ·

Rerig Johan, daai tipe honde!! Geen hond moet aan ‘n ketting vasgemaak word nie.
Gebede vir die gesin.

CHRISTA ·

Jy is reg CK!! Enige hond wat permanent aan ‘n ketting vasgemaak is sal agressief raak!!!

Charlene ·

Die hond was aan ‘n ketting vas gemaak en nou is dit alweer die hond se skuld. Die persoon wat die hond vasgeketting het is verantwoordelik vir die aanval. gee enige dier genoeg liefde en so iets sal nie gebeur nie nie. maak asb die eienaar van die hond aan ‘n ketting vas en kyk hoe gaan reageer na ‘n tydjie so vas gemaak!!My innige mee gevoel met die familie.

Elsabe ·

Ek voel baie jammer vir die ouers. Ek bly reg oorkant ‘n skool my Boerboelle is in my erf en is toe, maar dan loop die kinders van die skool verby my erf en pes my honed ek het al gekla by die skool en net niks word aan die kinders gedoen wat my honed terg nie.

Anel ·

Elsabe, ek stem saam jou. Nou kom jou hond uit en byt ‘n kind, al is dit nie die skuldige een nie, want ‘n kind het hom geterg en nou kry hy kans om ‘n kind terug te kry. Geen hond sal ‘n mens onskuldig byt nie! Ouers moet hulle kinders opvoed tov honde en diere in die algemeen. En dit is ook verkeer om ‘n hond aan ‘n ketting te hou. Dis teen die dierebeskermingswet.

Kosie ·

Sommige kinders sal diere terg, was nog altyd so en sal altyd so wees. Dit gee egter nie die eienaar die reg om mensvreters aan te hou nie. Hierdie betrokke ras het mos nou tot vervelens toe hul reputasie as mensvreters gestand gedoen. Dit mag dalk oulik vir hul eienaars wees dat hul honde ander mense opvreet maar nie vir die res van die bevolking nie. Hierdie tipe honde moet uit stedelike gebiede verban word, finish en klaar.

Cherokee ·

Hulle moet uit die land verban word. Iemand sê hier bo ‘geen hond sal ‘n mens onskuldig byt nie’. So sy het besluit die arme kind is skuldig. Soos jy sê, hulle moet verban word.

Jollie Jacqueline ·

Pitbuls is nie mense vreters nie Kosie! Rerig. Julle mense moet bietjie julle kennis opskerp. Kyk bietjie na Ceasar Millan. Hy is ‘n spesialis op honde, nie julle nie.

Pj ·

Johann waar kom jy daaraan dat n pitbull onwettig is, ek slegte nuus vir jou….Hierdie is die einaar se skuld, hierdie tipe honde moet van kleintyd af al gaan vir training en dit hanf van die baas af hoe daai pitbull word, agresief of nie….N hond hoort nie aan n ketting nie, dan hoort die einaar daar omdat hy te sleg was om die hond beter te leer

MissDemeanor ·

Dit is verskriklik. Dit is verskriklik dat die dogtertjie so geweldadig moes sterf, en dis erg dat ‘n hond aan ‘n ketting vasgemaak word en mense as bedreigings sien en dan n kind doodbyt.

zeno ·

Honde moet nie aan kettings vasgemaak word nie, hulle word ge-frustreed en wat moet hulle dan doen

Dottie ·

Aag so jammer vir hierdie klein mensie & sterkte aan die familie. Rus sag??

Johann ·

Aan al die lesers wie my wil byt oor die fout dat die honde onwettig is, jammer daaroor, maar gaan groot asb die geskiedenis na en sien self, 99% waar honde mense aanval is dit (BOEL) honde of hy nou vas was opgelei was of wat ook al, Boelhonde beskerm sy gebied, daarom word daar so baie eienaars deur hulle eie diere verskeur

Pierre ·

Johan jou slaaptyd is amper verby…. ek het n paar boerboelle gehad en 2 Rodhweilers.. geen hond is agresief as hy reg grootgemaak word nie.. dit waarborg ek enige iemand.

M'Lady ·

Geen hond verdien om aan n ketting buite vasgemaak te word nie. As jy hulle nie 100% deel van jou gesin maak nie, moet asseblief dan nie n hond kry nie.

Bethevoice ·

“99% van die gevalle waar ‘n hond ‘n mens byt is nie Pitbulls nie. Die honde wat die meeste geneig is om mense te byt is Jack Russels. Al verskil is hulle hoe groot hulle is en dat die skade minder is as wat ‘n Pitbull aanrig. Dit is waar dat hulle, hulle gebied beskerm en dit is hoekom baie mense (nie almal nie) hierdie honde kry. Hulle besef net nie dat as jy jou hond as ‘n waghond groot maak hy ‘n waghond gaan wees nie ongeag van teen wie hulle waak nie. Dit is nie die hond se skuld as dit is wat JY hom leer nie.

Bethevoice ·

Dit is beslis die eienaar se skuld. My hart gaan uit aan die familie en hoop hulle vind vertroosting in hierdie moeilike tyd.

Liza ·

Ja en die meeste mense se ….. pitbulls is nie gevaarlik nie, nou ja ek het niks om te se nie, ek het nog nie gehoor van ‘n Jack Russel wat ‘n kind dood byt nie…… en mens maak ook nie ‘n hond aan ‘n ketting vas nie….. Ek voel net kla die eienaar aan dat hy leer uit hierdie les, sterkte aan die familie, RUS IN VREDE PRAGTIGE CHANTE

Tanya ·

Jammer Liza maar al verskil tussen ‘n pitbull en ‘n jack russel is die grote. Gaan doen bietjie navorsing oor hoe baie jack russels mense byt. Nie noodwendig doodbyt nie, maar hulle is aggresief. Die enigste ding wat jy se wat sin maak is dat ‘n hond nie aan ‘n ketting vasgemaak moet word nie. Daarmee stem ek saam.

Christel ·

Ek stem saam. Geen hond moet vas gemaak word aan n ketting nie. Waarvoor het jy dan n hond? Ek het self n pitbull en hys n wondelike hond. Mense is geneig om altyd die hond of sy ras die skuld te gee maar hulle vergeet hys n hond nes al die ander wat ook tande het….

Marina ·

Ek wil net se dat n jack russel sal n pitbull mors dood kan maak….hy sal in die pitbull se keel vas sit soos my man altyd se. Baie sterkte aan die mamma en familie ons dra julle op in ons gebede. Rus sag kleine Chante?❤

Marina ·

Ek wil net se dat n jack russel sal n pitbull mors dood kan maak….hy sal in die pitbull se keel vas sit soos my man altyd se. Die eienaar van die pitbull moet verantwoordelikheid vat want n hond moenie aan n ketting vas gemaak word nie dis dieremishandeling ” so by the way”!Baie sterkte aan die mamma en familie ons dra julle op in ons gebede. Rus sag kleine Chante?❤

Jdp ·

Dit is n swak regering se skuld wat mense dwing om gevaarlike honde aan te hou omdat hulle nie misdaad kan of wil beheer nie

Hanna ·

Dit is bitterlik hartseer. Wie stuur in elk geval ‘n 9 jarige meisie rond veral in Suid Afrika. Die hond was seker vir honde gevegte gebruik, dit is al wanneer hulle so wreed aggressief is. Ek het self ‘n pitbull gehad en sy was met baie liefde groot gemaak, sy was die liefdevolste en baie beskermend teenoor my kinders. Dit is die mens wat die Pitbull ‘n slegte hond maak omdat hul vir verkeerde redes gebruik word. Pitbulle word nie aggressief gebore nie, hul word aggressief gemaak. Enige hond wors agressief as hy so geleer word. Aan ‘n ketting vas gemaak sê ook vir my dat daardie hond geen liefde en aandag gekry het nie, sy doel was net om wag hond te wees.

Hannetjie ·

Dis so sad. ..kan nie eers probeer dink hoe angsbevange daai dogtertjie was nie…Kosie stem saam jou. ..ALWEER n pitbull. ..

Marie Visser ·

Innige meegevoel aan die gesin. Plaas dat die regering hierdie tipe veghonde verbied en nie hulself met nonsens soos suikerbelastings besig te hou nie.

Rescuer ·

Skokkend hoe oningelig sommiges is…doen jou navorsing hulle word aggressief geteel nie “mensvreters” soos wat ongevoelloos uitgemaak is hier nie. Die hond is aan ‘n ketting maw GEEN liefdevolle huis nie, geen aandag so blameer VOLUIT die eienaar nie die arme dier nie…My innige simpatie met die pragkind se familie dis groot hartseer.* Ek se raak eerder betrokke by diere organisasies en help hulle uit die walglike omstandighede dan het sulke gevalle nie nodig as hulle die huis, LIEFDE en AANDAG wat hulle verdien kry nie!* Enige hond sal in so situasie aggressief wees.

Jeanne ·

Weereens n persoon wat NIE n hond moes gehad het nie!!!!! Want agv n dier wat vasgeketting en gefrustreerd was is n klein dogtertjie nou dood.

Kosie ·

Die probleem met hierdie veghond-rasse is dat as hul aanval, is dit om dood te byt en ongelukkig eindig dit omtrent altyd in ‘n tragedie (dis nie ek wat so se nie, die statistieke bewys dit). Die vraag is, kan mens hierdie risiko loop? Ek se nee, ons kan nie mense se lewens in gevaar stel deur hul bloot te stel aan monsters wat byt om te dood nie.

Diwreliefhebber ·

Ek is stom geslaan oor party mense sê komentaar. “Mensvreters”, “monsters”, ens. GEEN hond word aggresief gebore nie!!! Ek gaan seker nou gestenig word, maar dis ok. Die mensdom vang baie meer brutale en dodelike dinge aan, (nie net aan ander mense nie, maar diere ook!) En dis ook te danke aan die MENSDOM dat hierdie diere so uitdraai. Gaan kyk bietjie hoe hierdie diere behandel word! Hulle word geleer om te veg tot die dood! En as hulle nie ‘aggresief’ genoeg is nie word hulle so mishandel dis om van siek te word! As jy van geboorte tyd af gemoer en mishandel word en geleer is om te moor, kan mense jou nie kwalik neem as jy dan moordpleeg nie al is dit hoe verkeerd! Mense het darm nog verstand om te weet tussen reg en verkeerd! Diere nie! Ek sien nie dat mense doodgemaak word vir hulle dade wat soms 10x erger is nie! Pitbull honde is baie liefdevolle honde as hulle REG groot gemaak word! Beslis nie monsters en mensvreters nie! Jammer aan die familie vir hulle verlies. Die dogtertjie was ‘n onskuldige slagoffer van MENSDOM se aksies. So stenig die eienaar! Moenie ‘n hele honderas onder 1 sambreel plaas nie. Nes julle dit nie like as die hele wit nasie beskuldig/beledig word vir 1 persoon sê doen en late nie, moenie om draai en dan dieselfde doen nie. Die MENS is skuldig hier NIE die dier nie!!

w ·

Mense ek woon op Calitzdorp en die trotse eienaar van n lieflike pitbull. Kom ek vertel vi jul wa die probleem. Mense hou hierdi ras vi di verkeerde redes aan. Indien jy ni 100persent committed is tot jou hond nie muni hond aanhou nie ongeag ras. Honde hoort nie aan kettings. Honde raak ook honger soos mense. Die eienaar van hond wat dogtertjie doodgebyt het is n snotkop wie ini hof moet gaan verduidelik. Indien ek weet van enige honde gevegte sal ek persoonlik klag by polisie gaan indien. Julle wie so krities is teenoor Pitbulls asb hou jou kommentaar vir jouself. HONDE HOORT NIE AAN KETTINGS. Al my liefde vi my dierbare lojale Pitbull.

Kosie ·

Stem. Slaan hulle hard en genadeloos (net so genadeloos soos hul hond wat ‘n klein dogtertjie verskeur) met die reg. So 20 jaar sonder opsie van parool lyk vir my na ‘n goeie begin. Kom ons sien of hul liefdevolle hondjie dan nog so oulik vir hulle is. Die mensvreter moet natuurlik dadelik van kant gemaak word.

Sam ·

Ai tog, RIV klein Chante.

En vir almal wat so teen die pitbull is… Dis omdat jul geen ervaring van die ras het nie en laat jul deur die media aan jul neuse rondlei. Studies word gebaseer op die pitbull-tipe. So enige hond, maak nie saak met watter ras dit gekruis word nie, wat net effens lyk word as n pitbull geklas. Nerens in die studies word daar bietjie gekyk na die agtergrond en omstandighede waarin die honde groot gemaak is nie.
Ek is n trotse eienaar van n Rotweiler en n Pitbull… O die 2 mees gevreesde ras honde en raai wat, ek en my kinders is piekfyn. Hul is nie honde nie, maar nog kinders en kort ook hul liefde en aandag soos mense. Die gevaarlikste ras is nie die hond nie, maar die mens.
Gaan kyk watter verskil rescued pitbulls al gedoen het vir autistiese kinders.

Riana71 ·

Ek stem volmondig saam met Sam hierbo. Die mens is die mees wreedaardigste dier wat daar is. Elke tweede maande is dit die Rottweiler, Boerboel of Pitbull wat die gevaarlikste is. Ons as mens faal ons diere. Ek is die trotse eienaar van ‘n Rottweiler en ek teel met Boerboele. My diere word nie geteel vir hulle wrede temperament nie, maar vir hulle liefdevolle temperament in ‘n gesinsverband. Die gevalle waar Pitbulle kinders verskeur was waar die kind op die hond ry asof hy ‘n perd is, sy ore trek en waar die hond deur verbygangers geterg en getreiter word. My hart gaan uit na die gesin wat se dogtertjie op so ‘n manier verloor het, maar regtig … hoe stuur ‘n mens jou 9 jarige dogterjie alleen uit om iets af te lewer? Dit is moeilikheid soek in ons “demokratiese” nuwe Suid-Afrika.

Daleen Stephens ·

Ons het 2 Pitbulls – sal jou opvreet van liefde, maar sal jou verseker beskerm as jy ooit bedreig word. Dis ‘n bekende feit dat hierdie honde vir baie verkeerde redes gebruik word, veral in sekere woongebiede. Hulle word gesteel vir hondegevegte ens. Die moontlikheid dat hierdie hond ook een van díé ongelukkiges was is nie uitgesluit nie. ‘n Hond doen dit wat sy baas van hom verwag, want hy leef daarvoor om sy eienaar tevrede te stel… “Blame the deed, not the breed.”

Pieter ·

My tannie is 2 maande gelede deur haar eie Boerboel aangeval en byna dood gebyt, dit het geen nuus blaaie gehaal nie, maar sou dit n Pitbull wees, sou dit wyd en suid deur die media uitgebasuin gewees het.

Tanya ·

Ek stem met jou saam Pieter. Almal wil op hulle “high horse” spring as hulle net dink dit kan ‘n pitbull wees.

Pop ·

Pit Bulls is baie saggeaard en vredeliewend. Dis mense wat hulle so aggressief maak vir honde gevegte en onwettige praktyke. Daarom Dat hy aan ketting vasgemaak word. Dis om van naar te word dat ons geen wette het om diere te beskerm nie. Gaan probeer dié klas van ding in New Zeeland. Jy word aangekla.

Fanie ·

My ondervinding is dat hulle net saggeaard en vredeliewend is as die eienaar of huismense ook teenwoordig is. Wanneer die “saggeaarde en vredeliewende” ou dingetjie vreemdelinge in ander omstandighede raakloop, verander ta in ‘n monsteragtige mensevreter. Dis juis die probleem – die eienaar is nie altyd daar om die vrede te bewaar nie.

Fanie ·

Watter honderas veroorsaak die meeste sterftes na aanvalle? I rest my case.

CK ·

MMM… dis ook as gevolg van septisemia dat mense doodgaan… so wie gaan jy hiervoor blameer.
Maar toe dan, moet asb nie honde aanhou nie – beste raad mnr!

CK ·

Die dag as ‘n inbreker in my huis vir my wil kom “kuier” is ek bitter jammer vir hom. Ek het 2 pitties en albei slaap in ons huis, hetsy op die kinders se beddens of by my voete. In vandag se samelewing hou ek eerder honde aan as vuurwapens. My pitties sal hulle lewens vir my gee.
Enige groot hond sal iemand aanval ongeag van ras as hy / sy aan ‘n ketting is dag in en dag uit.

Lawwe Lizzy ·

My pit het voor my pasgebore babas se kotte geslaap en net ek kon hulle optel en vashou!!! Ek het nou n bullterrier en kry binnekort 2 boerboele ook!! Dit is verseker oor hoe jy jou hond grootmaak. My pit sou hare lewe vir my gee soos sy bewys het!

franje van spanje ·

n Kind is dood mense! Irriteer my mateloos dat sekere mense geroepe voel om vir die hond op te kom..
Kom by!

Maritza ·

Wat ‘n verskriklike dood. Innige simpatie aan haar ouers en familie.

MARYKE ·

IS tragies ‘n onskuldige kind sterf.
maar wie se skuld is dit,hoekom word ‘n hond vas gemaak onnodig.
daai eienaar moet kom sal hom vas maak aan daai ketting ,mense wat so teen hul is maak my briesend daai hond het sovel frustrasies a.g.v hy wat vas gemaak is.
word ‘n hond dood gemaak omdat hy nie reg groot gemaak is nie.!!!eienaar wat ‘n groot mens is wat hom soos ‘n kin d gedra mens doen dit nie met daai tipe honde nie.

Charmaine ·

Almal is gou om te se dis die tipe hond en want pitbulls word mos uitgekryt as hierdie vreeslike bloedlustige monsters maar dis nie die hond nie dis die verdomde eienaars wat hulle honde verkeerd grootmaak en enige hond of dit nou ‘n klein hondjie is of enige groot hond is baie meer aggressief as dit op ‘n verdomde ketting moet vasstaan! Dis geen lewe vir enige hond of dier nie!!! En vir al wat ons weet het hulle die hond nog geneuk ook om hom/haar meer beneuk te maak en niemand weet of iets die hond getrigger het om so op te tree nie!!! Ek is opreg jammer vir die kind wat moes sterf op so ‘n manier maar ek het self honde en moet gereeld met stout kinders buite my erf raas wat dink dis fun om hulle te verpes en dan te kyk hoe mal hulle kan raak. Hoeveel keer byt mense se honde mekaar wat eintlik mekaar love net oor orige mense en kinders wat hulle so aanhuts en verpes!!! Ek hoop hierdie eienaar sal geondersoek word oor hoe hierdie dier moes lewe want vir my is enige dier op ‘n ketting dieremishandeling en genoeg om selfs ‘n mens mal en aggressief te maak!!!!!

Neilia ·

Eerstens jammer dat n kind moes sterf agv honde eienaars wat dom is. Nou word pitties weer as gevaarlik af gemaak. Punt 1 .. geen maar geen dier hoort aan n ketting. Pitties is loveable dis die eienaars wat hom aggresief maak. Punt 2.. ouers wat nie hulle kinders respek leer vir diere,,ten to one is daai hond telkemale getart en n onskuldige kind dood. Daar is nie n maar tussen in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.