Meisie (9) getuig oor moord op ma

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Negejarige meisie het in trane getuig hoe sy by haar pa gepleit het om nie haar ma met ʼn mes te steek nie.

Die meisie het via ʼn videoverbinding in die hooggeregshof in Port Elizabeth getuig. Volgens die staat het die meisie se 45-jarige pa, wat destyds as tegnikus by die plaaslike munisipaliteit gewerk het, in Oktober 2013 sy vervreemde vrou herhaaldelik met ʼn mes in haar bolyf en kop gesteek terwyl hul kinders, ʼn sesjarige meisie en 11-jarige seun, in die huis in Motherwell was.

Die hofverrigtinge moes talle male onderbreek word aangesien die meisie begin huil het en moeg geraak het. Volgens die staat is die meisie en haar broer ten tyde van die beweerde voorval aangesê om na hul kamers toe te gaan.

Die meisie het getuig hoe sy uit haar kamer geloer en gesien het hoe haar ouers in die sitkamer gestry het. “Ek het gehoor my pa sê hy soek geld by my ma. My pa is na die kombuis en ek is badkamer toe. My pa het ʼn mes gevat en is terug na my ma toe voor ek terug is na my kamer toe,” het die meisie getuig.

“My pa het my ma aan haar hare getrek en haar met die mes begin steek. My ma het die mes probeer gryp. Ek het gesê: gee asseblief my ma ’n kans sy sal jou geld vir jou gee.” Volgens die meisie is sy hierna na haar broer se kamer.

Die meisie se 14-jarige broer het in camera getuig en die media en publiek is versoek om die hofsaal te verlaat. Familielede het aan verslaggewers gesê die kinders het hul pa afgeskryf en intussen ook hul van verander.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Frans ·

Wat ‘n tragiese verhaal. Wat ‘n traumatiese ondervinding.Is ons samelewing besig om gek te word en totaal in verslawing te verval.Hoop die kinders kry spoedig berading want so kan ‘n mens die lewe nie binnegaan nie.

Sarel Strydom ·

My vraag is moet ‘n kind, wat reeds deur die Trauma is, bloot gestel word aan verdere Trauma deur teen haar Pa te getuig. Moet die regstelsel haar nie juis beskerm teen so iets nie. Daar kon seker ander bewyse gevind word?

Nix ·

@Sarel, ek is as kind verkrag deur my eie pa & my ma het ook besluit dat ek nie deur die verdere trauma van ‘n hofsaak moet gaan nie……ek glo sy het gedoen wat reg was maar hy het aangegaan en ander mense ook seer gemaak, partymaal voel ek as ek sterk genoeg was sou ek soveel ander se seer kon keer. So my eerlike opinie is dat dit ongelukkig partymaal nodig is vir kinders om te getuig (en in camera word hulle half beskerm)

Annie ·

Ek glo die kindjie sou berading ontvang het van wat sy kan verwag ens…hulle sal nie n kind net blindelings laat getuig nie en dit klink vir my of die liefiekind n sterk mensie is…bly egter tragies dat sulke jong kinders aan hierdie soort wreedheid bloot gestel is.

Dee ·

Sarel, ek dink dat jou vraag kompleet sinneloos is. Indien die kind nie die geleentheid gehad het om teen die moordenaar te getuig nie kon dit wees dat dit erger letsels op haar (sou/kon) laat omdat sy net *miskien* later van jare haarself sou verwyt dat sy nie teen hom getuig het nie. Dit is aaklig om daarvan te lees en te besef dat hy net tronkstraf gaan kry.

Nix, ek is jammer om te lees van jou ervaring. Grootmense se besluite vir hul kinders is nie noodwedig altyd reg nie en somtyds beinvloed hul eie omstandighede ook daardie besluite. Jy weet natuurlik dat, as hy steeds leef, jy steeds hom kan aankla.

Johann Marx ·

Enige mens kan ‘n kind verwek……..maar nie enige mens kan ‘n ouer wees nie. Jy’t ‘n lisensie nodig om ‘n kar te bestuur, vuurwapen te hê, sekere diere en plante te mag aanhou en versorg……maar niemand vra ooit of ‘n persoon by magte is om ‘n kind suksesvol groot te maak nie. Ons los hulle om voort te teel sonder denke……..en maak staat op die welsyn van ander om die resultate daarvan te hanteer, en die gemors op te ruim na die tyd. Ek skud partykeer my kop vir die mens”dom”…..

Eliza-beth ·

@Johann Marx – ek stem volkome saam. Dis die dat ek al jare lank sê: the more I deal with people, the better I love my dogs. Baie mense verdien nie om onder die term “mens” geklassifiseer te word nie, jammer om dit te sê

Gesiggie ·

Hoe wreed en ongevoeilig… van so n Moster van n Pa… om so iets ten aanskoue van sy kinders te doen? Ek kan myself nie indink, wat als deur die arm meisie se brein moes gaan, as sy maar net hulp kon onbied”’kon dit dalk haar Ma se lewe gered het, ja alreeds deur soveel trauma… en nou nog getuig in hof” Ek is bly dat hul die Monster van n Pa afgeskryf het… ek hoop hul word veilig bewaar, want die Pa sal terug kom vir hul ook”’ Hoop nie hy het ooit weer die vooreg om hul te sien of kontak met hul te maak…. Hy is sieklik”’

PAM ·

DIT IS SO HARTSEER DAT ‘N KIND DEUR SULKE TRAUMA MOET GAAN. DIE ARME KIND GAAN VIR DIE RES VAN HAAR LEWE DIE GEBEURE HERLEEF

Sarie ·

Dis baie tragies vir die kinders. Maar ek glo hulle het familie lede wat hulle sal bystaan in die moeilke tyd. Gelukkig is daar vandag in ons moderne tyd mense wat alles sal doen om daardie kinders te beskerm. Die hof het ook die regte besluit geneem om die media en publiek uit die hof te laat gaan sodat die kinders kon getuig. Voordeel is ook dat hierdie kinders in die toesig van ‘n gespesialiseerde opgeleide persoon getuig het. Hulle het net gepraat oor die situasie en op ‘n manier is dit ‘n tipe van “berading” vir hulle. Daar is nog ‘n baie lang pad wat voorle en waar hulle ook al gaan sal daar mense wees wat ongenaakbaar sal wees. Gelukkig is daar iets soos “homes chooling” wat hulle kan doen as dit te veel raak. Die beste sal wees is om weg te kom van die omstandighede van die insident en elders ‘n nuwe bestaan maak. Die seer sal nie weg gaan nie, maar dit sal ligter word met tyd. Dit gaan skade los en die beste is – gaan maar vir berading wanneer dit nodig is. Sterkte aan die kinders en die mense wat hulle bystaan.

pop ·

Die Tv skerms is in die hof en die kind sit in n kamer met net n bemiddelaar by haar. Dis baie beter as in ou dae toe kinders in ope howe moes staan. En in camera moet almal die hofsaal verlaat sodat net die hofbeamptes oorbly. Die publiek hoor en sien niks. Ongelukkig moet kinders self vertel wat aan gegaan het.

Oom Boer ·

Ek raak skoon hartseer en weemoedig en kan my net indink wat hierdie kindertjies moes beleef het. Ek hoop net dat hierdie kindertjies se identeit beskerm sal word veral vir ‘n gespot by skool, teen boelies, vernederings, terg, ens, want kinderjies kan ook sielkundige skade doen as hul kwaad is of nie van iemand hou nie. Hul lewens is nog voor hul en hierdie onaangename daad wat gepleeg is sal hul lewenslank bybly. Mag die Hemelse Vader hul lewens aanraak en hul harte heel dat hul vergignis vind. Ons wens dat hul twee se lewens vorentoe net met liefde, geloof, vreugde, vrede en volmaaktheid besaai sal wees.

Oom Boer ·

Regstelling op spellings foute: Blammeer die ou ouderdom: moet lees Identiteit en nie identeit nie, asook kindertjies (nie kinderjies), en vergifnis.

gert joubert ·

Dit is hartseer, tragies. Die ergste van die hele ding is dit waardeur hulle die kinders sit. Geestelik sal daardie kinders nou eers, as gevolg van die hof gebeure , dit nooit kan verwerk nie. Is dit nodig om die kinders onder soveel druk te sit. Dit volgens my is nie reg nie.

tamboti ·

Dit gebeur net omdat mense, groot mense, geen onsag of vrees het vir die gereg.
Waar is die dae toe enige fight gestop kon word met; “ek bel nou die polisie!” Selfs stout kinders was bang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.