Meisie (9) glo verkrag

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Brits in Noordwes het ʼn man in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van ʼn negejarige meisie.

Maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die 25-jarige verdagte is Vrydag in Jericho naby Brits in hegtenis geneem. Makau het gesê die verdagte het die meisie glo Donderdag verkrag.

Die meisie, wat in die huis langs die verdagte se huis woon, was op pad na ʼn vriendin toe die man haar glo gegryp en in sy huis ingeneem en verkrag het. Die verdagte het glo ná die voorval vir die meisie gesê om huis toe te gaan waarna sy haar ma in kennis gestel het van wat gebeur het.

Die saak is by die polisie aangemeld en die meisie is na ʼn kliniek geneem waar bevestig is dat sy verkrag is. Die verdagte sal Maandag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.