Meisie (9) sterf in Bloem-ongeluk

Argieffoto: ER24

ʼn Negejarige meisie is dood in ʼn botsing in Universitas in Bloemfontein.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Sondag omstreeks 15:00 plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel aankom, het hulle die meisie en die bestuurder van die motor aan die kant van die pad aangetref. Daar was niks wat gedoen kon word om haar te red nie en sy is op die toneel dood verklaar,” het van Huyssteen gesê.

Volgens van Huyssteen het die bestuurder van die motor, ʼn 45-jarige vrou, matige beserings opgedoen in die botsing.

“’n 50-jarige vrou en 12-jarige kind het ook geringe beserings opgedoen in die botsing.” Die beseerdes is na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kapenaar ·

Dit is kommerwekkend dat daar deesdae net al hoe meer ongelukke is. Is daar nie ‘n manier war terugvoering gegee kan word oor oorsake nie. Dit is dalk moeilik om die tipe statistiek op datum te hou, maar ons sal iewers moet begin kyk na oorsake. Dit raak net te erg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.