Meisie ernstig beseer in botsing met bakkie

Die meisie is per ER24-helikopter hospitaal toe gebring. Foto: ER24

ʼn Agtjarige meisie van Carletonville aan Gauteng se verre Wes-Rand is Saterdagmiddag ernstig beseer toe ʼn bakkie in haar vasgery het terwyl sy op haar fiets in Coronationstraat op haar tuisdorp gery het.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê toe paramedici omstreeks 14:00 op die toneel aankom, het hulle die meisie aangetref waar sy in die straat langs die bakkie gelê het. Haar fiets het enkele meter daarvandaan gelê.

Paramedici het haar eers gestabiliseer en toe met die ER24 Oneplan- mediese helikopter na ʼn hospitaal vervoer.

Van Huyssteen sê dis nog onduidelik presies hoe die ongeluk gebeur het, maar die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.