Meisie ernstig beseer toe muur omval

(Argieffoto: ER24)

ʼn Jong meisie het ernstige beserings opgedoen toe ʼn muur op haar geval het.

“Die muur het in die Dalton-omgewing in KwaZulu-Natal op die 8-jarige omgeval,” sê Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24. Die meisie se ouers het besluit om self met haar hospitaal toe te jaag. Onderweg na die hospitaal het hulle verskeie ambulansdienste teëgekom wat op pad na die toneel was.

“ER24 se paramedici het by die toneel gestop en gesien dat die meisie reeds in een van die ander ambulanse behandel word. Sy het ernstige beserings opgedoen,” sê Van Huyssteen.

Volgens haar is die meisie op die toneel behandel en toe na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die presiese omstandighede wat tot die voorval gelei het, is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sean

Wat presies gaan in hierdie berig aan?

AmY

Ek sê nie dit het gebeur nie, maar hier by ons kompleks is die kinders alewig op die mure. Hulle hang selfs aan pype wat in die mure is.
Sê jy vir hulle dat hulle moet ophou, lag hulle jou uit, steek tong uit, maak haasoortjies en swaai hulle boude. Selfs middelvingers word vir ons gegooi, en dan gaan hulle verder aan.
Ek is werklik bekommerd dat daai muur gaan omval.
Ons Beheerliggaam doen absoluut niks. Steek nie eens hulle koppe by die deur uit nie.