Meisie geskors ná boeliery by skool

‘n Skermgreep uit die video.

’n Graad 10-leerder aan die Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein aan die Wes-Rand is Donderdag geskors nadat ’n video vroeër vandag wyd op sosiale media versprei is. In die video kan gesien word hoe sy ’n graad 9-leerder by die skool met die vuis bydam.

Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys in Gauteng, het die voorval ná die skryf van ’n eksamenvraestel plaasgevind.

Daar kan in die video gehoor word hoe die skoolmeisie (16) herhaaldelik vir die skoolseun (15) vra waarom hy vir haar bang is. “Is jy bang vir my? Hoekom is jy bang vir my?” wil sy by die seun weet wat arms gevou kort-kort na die grond loer.

“Moenie vir my sê jy weet nie. Jy moet mos weet waarom jy bang is,” sê sy dan wanneer die seun haar nie antwoord nie.

Dit is egter wanneer een van die omstanders haar aanmoedig om vir hom te wys waarom hy vir haar bang is, dat sy die seun takel. Die skoolmeisie slaan die seun dan verskeie kere met die vuis terwyl sy hom beledigende woorde toesnou.

‘n Skermgreep uit die video.

“Vat weg jou hand,” maan sy die seun wanneer hy sy gesig met sy hande probeer beskerm waarna nóg ’n harde hou volg.

Die seun sak dan tot op sy hurke. “Kom, moenie huil nie. Kom kom,” sê die meisie voordat sy wegdraai en die video afsny.

Die departement het sy skok oor die video uitgespreek en gesê dit is jammer dat die voorval boonop in die eksamen plaasgevind het.

“Ons veroordeel enige wangedrag by skole wat tot ernstige optrede teen ’n leerder kan lei,” sê Mabona in ’n verklaring.

Luidens die verklaring sal ’n dissiplinêre proses nou gevolg word en die departement gaan die skool bystaan om te verseker dat só ’n voorval nie weer by die skool plaasvind nie.

“Leerders moet daaraan herinner word dat skole daar is vir onderrig. Daarom moet leerders altyd daarop fokus om verryk te word met kennis. Slegte dissipline sal nie leerders help om enige doelstellings in skole te bereik nie.” Mabona sê die departement het ’n beleid van geen verdraagsaamheid teenoor afknouery of enige vorm van wangedrag.

Hy sê die departement het sy span sielkundiges na die skool gestuur om ondersteuning te bied aan diegene wat deur die voorval geraak is.

Die departement doen ’n beroep op skoolhoofde en onderwysers om dadelik op te tree teen voorvalle van boeliery, geweld en intimidasie by skole.

“Deur die voorvalle te ignoreer, voel die slagoffer meer kwesbaar en onderworpe aan sekondêre trauma.”

‘n Skermgreep uit die video.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

C Meiring ·

STRONG PEOPLE STAND UP FOR THEMSELVES, BUT STRONGER PEOPLE STAND UP FOR OTHERS – UNKNOWN
This is the problem today few are prepared to stand up for what is right, they just prefer to follow the masses like sheep.
STAND UP, ONE PERSON CAN MAKE A DIFFERENCE IN THIS WORLD!!!!

delene tammadge ·

Ek is trots op die manier wst die situasie ge hanteer was , ek hoop van harte daai kind en ha ouers gaan op social media omverskoning vra aan die slag offer .
Ook trots op hom dat hy hom so mooi gedra het .
Well done

Stan Oberholster ·

As afgetrede onderwyser, krimp jou hart inmekaar as jy sien en hoor wat by die skole aangaan. Vir baie jare het ek vir die skole gevra om die onderwysers en kinders se lyste vir my te stuur om vir hul te bid. Nou mag die skole dit nie meer doen en ek sien hoe het dinge versleg.

Lc ·

Seun gaan maak n saak van aanranding teen haar. Ek glo die enigste rede hoekom jy nie trug geslaan her nie is omdat jy uit n welopgevoede hius uit Kom waar gooie waardes geleer is.
Hierdie boelies Leer maar hulle maniere by hulle rolmodele.
Trots dat jy nie trug geslaan het nie maar sy moet Leer haar gedrag Sal haar elke keer voor n hof bring. Wys haar

Nadine ·

Niks op deesaarde gaan verander nie … dis hoekom onderwysers soos ek in die buiteland skool gee en my familie in SA mis… eerder as om my lewe in gevaar te stel … waar ‘n leerder mens fiesies, emosioneel kan mishandel en dan word hulle maar net geskors of soos ek dit noem “‘n week se vakansie by die huis waar xbox en tv al te lekker gebeer sonder ouertoesig” … en dan wals hulle weer terug en haal dit net nog 2 keer erger op ‘n mens uit… kinders het meer regte as onderwysers .. en die departement doen maar min as dit kom by infrastruktuur en leerder disipline .
.

Sanell ·

Ek was geskok vandag toe die video of sosiale media verspry het. Nie net oor die daad van die meisie nie maar ook gedrag van die grootmense wat dit gedeel het saam met haar FB foto ens. Selfs ‘n besigheid hier. Kyk, wat sy gedoen is baie verkeerd en seker die skool sal dit erenstig sien maar die name en taal(ook onderwysers) gebruik het was verskriklik. Ons moet onthou kinders se emosionele IQ is laag maar vir volwassenes wat Cyber bullies is? Wat is hulle verskoning?

Kenny Williams ·

It is about time the department of education did something about this and also made it known that something has been done. How many cases of bullying have we seen in the past and yet no effort was made to inform us of the consequences.

Jen ·

My persoonlike opinie al die kinders wat betrokke daar was moet ook geskirs word. Hulle is net so skuldug om dit an te moedig, daar te sit en kyk, en as jy mooi kyk glimlag die een meisiekind ook nog. Daar ia n se ding wat altyd by my bly is, dat almal senons moet n beter wereld los vir ons kinders, maar het iemand al da an gedjnk on beter kinders vir ons wereld te los? O s wereld het siek geword.

Dries Moolman ·

Stan Oberholster ek weet nie by watter skool jy was nie, maar hierdie dinge gebeur al vir dekades, selfs toe daar nog gebid is. Ek het self eerstehandse ondervinding daarvan. Die enigste verskil tussen nou en toe, is dat daar destyds nie selfone was om die geboelie te verfilm nie. En daar was onderwysers wat hulleself medepligtig gemaak het aan sulke gevalle ook.

Binx ·

Nee kwit hulle wil die kinders nuwe seksonderrig gee. Plaas hulle eerder anger managment klasse gee!

Belinda ·

Nee vrek, ipv die nuwe seksonderrig vir 2020 instel, pas eerder anger management lesse toe.

Jennifer Honey ·

ANGER MANGEMENT is nou ‘n puik idee. seks onderrig gaan nie help nie hulle weet meer as die onderwysers. hulle weet presies wat hulle mag en nie mag en moet doen nie. al wat hulle nie besef nie is die nagevolge.

ChrisE ·

Ek het in my lewe nog nooit ‘n vroumens geslaan nie. Ek is al deur een aangerand soos in met die vuis bygedam en geskop. Die ergste was nie die fisiese geweld teen my nie maar die sielkundige aanslag teen my. Ek was lank in ‘n verhouding met ‘n meisie wat my sielkundig meer skade aangedoen het as die fisiese aanvalle. Ek praat enige geweld nie goed nie, maar enige mens kan net soveel vat. Ek het die “verhouding verbreek en was nog lank daarna “gepla” . Die veldtogte van geslagsgeweld konsentreer baie op die vrou, maar daar moet ook na die man se kant geluister word.

Hendrina ·

Wat het geword van die een wat haar aangemoedig het. Is dié ook geskors of het dié skotvry gekom? Om iemand aan te moedig om n “misdaad” te pleeg, pleeg self n misdaad.

Riaan ·

Die vet weet alleen, as hierdie darem my seun was. Ek sal die ouers uit-trek vir alles wat hulle het. Die geboelie in die skole is buite beheer, en die hartseer is dat die kinders nie daaroor praat nie. Was hierdie nie op sosiale media versprei nie, het die arme seun ook niks gesê nie. Ons het onlangs uitgevind dat ons dogter ook geboelie was in die hoërskool (gelukkig nie soos hierdie nie). Ek dink daar moet ‘n voorbeeld van die dogter (en al die aanhitsers, en kinders wat so sit en toekyk) gemaak word.
Sterkte met die pad wat voorlë ou seun, maar weet dit – hy is ‘n “hero” omdat jy ‘n beter mens as sy was.
En vir die dogter, sterkte vir jou ook, maar ongelukkig gaan hierdie behoefte om populêr te wees, jou baie duur te staan kom.

Hoe sê ·

Jy kan nie van die anc regering verwag om jou kind op te voed nie daai gedrag kom van die huis af

RegterVegter ·

Om haar te skors gaan nie help nie…dan kan sy net leegle by die huis. Sy moet n les hieruit leer. Laat sy na 10 skole in die omgewing gaan en n praatjie oor boelies lewer…

Jerry B ·

Stem saam met meeste mense. Skors haar punt. Sys op die verkeerde pad en die ouers sal dringend moet aandag gee.

Ollie ·

Ek wonder of geslags geweld nou van toepassing gaan wees want n man is mos nou aangerand, wonder maar net waar is diegene wat so geslags geweld aanhits teen mans

Koos de Meyer ·

Daardie seun het beslis ‘n beter opvoeding, hoeveel selfbeheersing moet ‘n kind aan die dag lê om sulke snert te vat. Hy het defenetief ‘n beter opvoeding. Wat ‘n skande, skors sommer die aanhits ers ook.

Ditto! ·

Stem 100% saam! Het my seuns ook geleer dat as sy kan uitdeel moet sy kan ontvang. Net so sal ek nie aan my man klap en verwar Hy moet stilstaan nie

James ·

Hoekom word Boeliery in die opskrif gebruik ipv aanranding?

Vivian ·

Ek sê dis die referring se skuld jy mag mos nie meer jou kinders disiplineer nie dis hkm hulle geen respek vir “authority” het nie, skies vir die engels woord ken hom nie in afrikaans nie, en hulle maak soos hulle wil.

George ·

Ek dink baie keer die kinders is n ewebeeld van die ouers. In my kort tydjie op aarde het ek dit baie deur gemaak op skool en na skool sien mens as een ouer of albei ouers so n “baserige houding” het trek dit deur op kinders. Dis waar die boelies vandaan kom. Ek vermy gewoonlik sulke tiepe mense as ek kan want hul versuur net ander se lewens. Hoop die meisie kind dra haar “badge” baie lank met haar kop na onder.

Michelle ·

Ek is so bly die voorval is aangevat. My kind was geboeli by die skool dit was hel vir ons

Geskok ·

Ek is geskok! Sy is geen dame nie! Sies vir jou! Arme seun! Hy sal die vrugte pluk vir sy welopgevoede optrede.

James ·

Blykbaar is die meisie vir 7 dae geskors tydens die eksamen. Hulle mag haar nie eksamens weier nie en sy blok die res van die tyd om te studeer. So watse straf is dit? Al wat gaan gebeur is haar vriende gaan die seun net verder boelie want daar is geen straf aan verbonde nie. Ek voel jammer vir hom. Sy gaan terug kom en hom nog verder boelie want nou is sy uitgevang. As jy sy Jacaranda uitsending saam met Rian gister gehoor het is dit nie die eerste keer wat sy hom rondstamp en sleg sê nie. Wat keer haar om dit nog meer te doen?

lucas jacobs ·

Almal praat oor die kinders se gedrag en wat hulle doen en die ouers se byvoeging tot hulle dade en wat met die kinders moet gebeur , maar julle almal sit die pot mis , die hoof rede is daar is geen godsdiens in die skole nie, geen respek vir ander en geen lyfstraf soos in die ou dae . En beste van als ons regering verbied jou om teen n kind op te tree wat hom swak gedra , selfs by die huis , n kind mag nie meer n loesing kry as hy stout was nie , die gevolg hy weet nie wat is reg en verkeerd nie en die onderwysers sit in dieselfde pot sop , want hulle word betaal om jou en my kind te leer , maar daar is geen respek vir hulle ook nie . My gebede gaan na die regering van ons land , die onderwysers , ouers en kinders …

Niek ·

Ek was erg op skool geboelie. Toe ontgroei ek die boelies en begin terug baklei. Was amper in baie groot moeilik daaroor. Gelukkig was daar nie slimfone. Was ook op skool deur meisies geboelie. Hierdie is egter op ‘n ander vlak.
Ek dink sy moet voor die hele skool om verskoning vra. Dan moet sy vir ‘n maand lank die skooltoilette skoonmaak. Sy moet ook ‘n rooi band op haar bo-arm dra wat sê “Skoolboelie.”
Daarna moet sy haar goed gedra en weet dat die volgende oortreding haar permanent geskors gaan kry.

Ronel ·

Ek wil net graag weet or hoe lank is skorsing. By dogter se skool het n seun die juffrou geklap en row ons as ouers daaroor praat het die skool.hoof gese hulle kan die seun net vir sewe dae skors. Gaan die dogter ook net sewe dae geskors wees en Dan gaan sy terug en gaan aan met haar gedrag

Trudie ·

Sy moet in geen skool weer toegelaat word nie. So kan ons boelies uit roei.

E Swart ·

Ek is trots op kinders wat hierdie gedrag op videos vasvang….so word boelies dan aan di kaak gestel…

JP ·

Dis HOEKOM daar geen dissipline meer in skole is nie, Kinders kan doen net wat hulle wil… Ek wens dat die Departement van Onderwys kan wakker skrik om weer die REGTE Dissipline terug te bring…. Ja mens vra wat help dit!!! Maar glo my toe ek op skool was en ons het droog gemaak het ons, ons les geleer, en vandag kan ek dankbaar wees dat ek uit goeie akademiese skool kom waar dit streng was en ouers kon toestemming gee vir onderwysers om jou kinders te slaan as hulle nie luister of toetse slaag en of in n boelie geveg was. As ek na vandag se kinders kyk het hulle geen respek vir enige mens of sy eie ouderdom nie. Vandag se kinders word anders groot gemaak, DIS maar n Teleurstelling wat die jonges in die skole doen.

Cindy ·

Geen respek meer vir medemens. Dis tyd dat hulle lyfstraf weer terug bring in skole

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.