Meisie glo by Boksburg-skool verkrag

Argieffoto

Twee skoolseuns is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ’n 13-jarige meisie naby haar skool in Reiger Park in Boksburg aan die Oos-Rand verkrag het.

Volgens konst. Jan Mokwana, woordvoerder van die polisie, was die meisie die oggend van 28 Februarie een van ’n groep leerlinge wat laat was vir skool. Die meisie het probeer om oor ’n heining aan die agterkant van die skool te klim waarna die skoolseuns haar na bewering gegryp en na nabygeleë bosse gesleep het.

Mokwana sê dat vier skoolseuns tussen 16 en 17 jaar oud by die vermeende verkragting betrokke was. ’n Groep skoolmeisies wat ook laat was vir skool, het glo gesien hoe die skoolseuns die slagoffer gegryp het.

Die voorval is glo deur een van die leerlinge afgeneem.

Die slagoffer en haar ma het die voorval gister omstreeks 10:00 by Reiger Park-polisiestasie aangemeld waarna die meisie onmiddellik vir ’n mediese ondersoek gestuur is.

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het Woensdag twee skoolseuns in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hulle is tans besig om die voorval verder te ondersoek.

Maroela Media het Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, om kommentaar genader, maar hy het geweier om kommentaar te lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

emily ·

Hulle is groot genoeg om te weet wat hulle doen, Wel dan is hulle groot genoeg vir JARE se tronkstraf.

Johannes ·

Nee Sharon, ‘n sekere gedeelte van die mensdom val uitmekaar. Ek kan jou verseker hierdie tipe goed is nie die norm vir my familie, vriende, medegelowiges en mede volksgenote nie.

Siek samelewing ·

Vandag ia daar so baie wat ons ons kinders moet leer en teen beskerm. Daar is soveel moets en moenies en magnies.
**Die beste geskenk wat jy jou kind kan gee is n GESONDE GEWETE. Dit sal enige persoon lei om die regte besluite te maak.

SlimJan ·

Die misdaad het op 28 Feb plaasgevind – eers gister aangemeld? Ooggetuies wat geen hulp verleen nie? Ons woon in ‘n siek samelewing!

DomJan ·

My rekenkunde het my ook weereens in die steek gelaat. Ek sal ook graag wil weet hoekom meld die ouers dit nou eers aan?? Glo die ouers nie die kinders nie of het sy gedink sy het iets verkeerd gedoen en nie vir iemand gese totdat die video die ronte begin doen het nie??
En terloops, as jy laat is vir skool, stap by die hoofhek of kantoor in, dit wat hulle daar aan jou doen (raas) is nie erger nie … ?

Skroef ·

Laat my altyd wonder waat die verreoue tussen ouer en kind heen is. Wie is die skuldige? Ouer met pyp, pil, bottel of foon in die hand wat nie gepla wil wees nie? Dis wat die anc gesaai het toe die God uit die skool geskors was.

D B ·

Naar, naar, naar! Hier moet vinnig iets gebeur om hierdie land te veranders!

se maar ook net ·

Snaaks hoe vinnig mense deesdae is om alles op video vas te vang en orals te versprei, plaas hulle dadelik hulp ontbied het dan kon hulle dit dalk verhoed het! Ons land gaan vir ‘n bol nonsens

bernelle ·

Alle meisies/vrouens in suid afrika moet maar soggens voor hul uit die huis gaan blik panties aantrek met slotte, dis al hoe mens deesdae sal oorleef.

Michael ·

Van dat die ANC aan bewind is het die land net in n nag merrie ontaard

Susan ·

Kla die meisies wat die video geneem aan. Hulle het alles gesien en geheim gehou. Was vinnig om die video te versprei vir sensasie, en om dan seker te spog “ons het dit gesien/geweet”.

Lindtjies ·

Mens kan nie eers meer jou kinders met gemoedsrus skool toe stuur nie. ‘n Week of wat terug is ‘n seun by ‘n Curro skool verkrag. Dit sal maak dat “home schooling” ‘n beter opsie is.

Skroef ·

Laat my altyd wonder waat die verreoue tussen ouer en kind heen is. Wie is die skuldige? Ouer met pyp, pil, bottel of foon in die hand wat nie gepla wil wees nie? Dis wat die anc gesaai het toe die God uit die skool geskors was. Hoe neem jy n video van n verkragting sonder om die te probeer keer? Dalk tyd dat ouers die brons manne voor die voet oo blou vitrioel sit.

SjN ·

Die vroue regter was in die kol met haar stelling wat soveel negatiewe reaksie uitgelok het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.