Meisie glo by spesiale skool seksueel aangerand

(Argieffoto: Hans Braxmeier/pixabay)

’n Werknemer van die departement van onderwys in Noordwes het glo ’n leerling aan ’n skool vir leerders met spesiale behoeftes in Potchefstroom seksueel aangerand.

Die departement het gesê hy is woedend oor die voorval wat glo op 9 Maart plaasgevind het.

Die personeellid het ’n 14-jarige meisie glo op die dag versoek om klere by sy huis te gaan haal. Hy het haar toe glo seksueel aangerand nadat sy die huis in is.

“Die meisie het die volgende dag vir ’n onderwyser van die beweerde voorval ingelig,” het Elias Malindi, woordvoerder van die departement, gesê.

Die onderwyser het die verpleegster by die skool en die skoolhoof van die bewerings in kennis gestel.

Die meisie is na die nabygeleë Thuthuzela-sorgsentrum vir slagoffers van seksuele geweld geneem en ’n saak is by die polisie aanhangig gemaak.

Mmaphefo Matsemela, LUR vir onderwys in Noordwes, het departementele amptenare gewaarsku om hul nie aan seksuele vergrype teenoor leerlinge skuldig te maak nie.

“Ek veroordeel hierdie voorval ten sterkste en verwag dat die wet streng toegepas sal word teen diegene wat hul hieraan skuldig maak.”

Amptenare van die departement sal die leerling se huis besoek om berading aan haar en haar familie te verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Swerwer ·

Hoe op aarde word daar verwag dat ouers hul kinders met ‘n geruste hart skool toe kan stuur as daar sulke Seksueel Versteurdes in die Onderwys opgeneem word. Nee genade, dit is tyd dat daar daadwerklik ingegryp moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.