Meisie glo by sportdag ontvoer

Argieffoto

Argieffoto

Die Klerksdorp-polisie in Noordwes ondersoek ʼn saak van ontvoering nadat ʼn negejarige meisie na bewering Vrydag tydens ʼn plaaslike laerskool se sportdag ontvoer is.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het Woensdag aan Maroela Media gesê Klara is glo op dié dag deur ʼn man by Laerskool Unie, waar sy skoolgegaan het, opgelaai. Die man is glo aan haar bekend.

Sy het sportdrag van Laerskool Unie aangehad toe sy die laaste keer gesien is. Klara het donkerbruin hare, donkergroen oë, weeg 28 kg en is 1,4 m lank.

Michelle Peach, ʼn senior maatskaplike werker van die SAVF Rethabile-kinder-en-jeugsorgsentrum, het Woensdag aan Maroela Media gesê Klara was verlede jaar deur die kinderhof in hul sorg geplaas hangende die uitkoms van ʼn finale plasingsaanbeveling van dié hof.

Die SAVF het die saak by die polisie aanhangig gemaak nadat dit aan die lig gekom het dat sy moontlik ontvoer is. Hoewel inligting oor kinders in sulke gevalle in terme van die Kinderwet nie in die media bekendgemaak mag word nie, het die SAVF ʼn hofbevel by die kinderhof bekom om inligting oor haar te versprei in ʼn poging om haar vinnig en veilig op te spoor.

Peach het gesê daar word vermoed dat sy in die Coligny-, Christiana-, Klerksdorp- of Hartbeesfontein-omgewing kan wees.

Mense wat weet waar Klara haar mag bevind of wat haar sien, word versoek om ao. Disipi van die Klerksdorp-polisie se gesins-en-kindereenheid te bel by 018 464 5385 of 082 568 6909 of die Pink Ladies by 072 214 7439.

Opvolg: Vermiste meisie veilig opgespoor

  • Aangesien die meisie gevind is, verwyder Maroela Media haar foto en gebruik ʼn skuilnaam om haar identiteit te beskerm in terme van die Kinderwet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

DPJ ·

Wat ‘n kwaade dae dat kinders so maklik ontvoer word. Hoop sy hou nie geestelik of liggaamlik letsels oor nie.

Louise ·

4 DAE later, als word vertraag in die land.
Mense moes LANKAL bewus gewees het hiervan.
Hoe langer dit vat hoe moeiliker is dit om die kind op te spoor.

Berhalet Beukes ·

Ai, wat besiel mense om ‘n ou dogtertjie te ontvoer? Ek hoop sy word spoedig gevind!

Elinette ·

Die persoon wat die dogtertjie opgelaai het, is aan haar bekend. Hoekom dink ek nou dit was dalk pappa, wat sy kind wou terughê, wat hieragter sit? Verskoon my, as ek nou verkeerde afleidings maak. Ek wil ook graag die vraag stel of die skool dan nie ‘n mate van verantwoordelikheid moet aanvaar vir die leerders terwyl die kinders gedurende skooltyd op hul perseel is nie? Ek hoop van harte dat Samantha ongedeerd terugbesorg word aan die mense aan wie se sorg sy toevertrou was.

Antoon ·

Ja, ek stem. Hierdie is tien teen een ‘n familielid of ‘n vriend van die familie. So paar jaar terug het ‘n iets soortgelyks by my kinders se skool gebeur. Die dogtertjie is uit die Ma se sorg geneem en onder die Pa se sorg geplaas nadat die Ma onbevoeg gevind is. ‘n Paar weke later het ‘n “tannie” haar opgelaai na skool en is met haar weg – die was al die tyd die Ma se skoonsuster wat haar (probeer) help het om haar kind terug te kry.

Twanay ·

Nee..nie haar pa nie..dit was bekend gemaak dat dit blykbaar haar sister se kerel is in die vorige berigte..

Annie ·

Hoekom is dit altyd die pa wat verdink word? In die geval is dit eintlik die ma uit wie se sorg die kind verwyder is

Dawn Neethlingd ·

Daar moet in gedagte gehou word dat kinders wat in plekke van veiligheid nie altyd besef dt dit in hulle eie belang is nie en ten alle koste na hulle families wil teruggaan Alhoewel die regsterme ontvoer is. het sy waaskynlik gewillig saamgegaan Dit beteken nie dat sy veilig is nie en dat daar nie na haar gesoek moet word nie

Caro ·

Ek hoop sy word vinnig gevind, en dat sy veilig is♡ Dis ongelooflik hartseer om te dink wat deur daai klein koppie gaan en hoe haar hartjie voel…

sarel strydom ·

Wat my moedeloos maak: daar is gevra vir die publiek se hulp om die kind op te spoor nie om ‘n boek te skryf oor hoekom en daarom sy ontvoer is nie. Mense moet bykom?

Zirts ·

Ag Dee, toe nou tog. Wat is voor opd ie wa van Sarel? Gun elkeen nou maar tog sy manier van dinge stel. as mens so kyk lyk dit my jy voel verplig om op amper elke liewe persoon se kommentaar ietsie by te sê. Dalk is jy die voor op die wa ene…

Magda ·

Sarel jy mis die punt.
Moenie lees as jy nie verstaan nie.
Hoop sy kom veilig terug

Elinette ·

Is die doel van deelname aan ‘n openbare forum dan nie om “hardop te wonder” of jou gedagtes uit te spreek nie, Sarel? Ek sou regtig help om die kind op te spoor, het ek nou nie in die Wes-Kaap gebly nie, Sarel …

Gesiggie ·

Ai tog” hoop net die meisie is veilig”’ Ek stem dit mag dalk haar Pa wees.. of n Oom. solank die Oom nie bedoelings het”’. Hoop net nie dit iemand wat haar wil skade aandoen, sy verdien nie om deur nog hartseer tegaan… kry so jammer om net na haar gesiggie te kyk, sy lyk so skaam en fyn ou dogterjie. En die feit dat sy in ander se sorg geplaas is.. Iets nie pluis by die huis? ASB Wie ook al die meisie gevat het, sorg dat sy veilig terug besorg word… of lig net die mense in waar sy is. Bid dat jy ok sal wees Samantha.

Dee ·

Miskien, net miskien is hierdie nie ontvoering met kwade bedoelings. Miskien is daar emosies ter wille van die kind betrokke.

Piet Pompies ·

Dit wil voorkom of dit ‘n geval is van ‘n persoon wat voel dat hy te na gekom is met die toesig van die kind deur die hof en dat hy nou eie reg wil toepas deur die kind te. Ek hoop van harte dat die kind velig is en in haar belang opgetree sal word.

Wouter ·

Sarel slaan jy die spyker op die kop. Dee en haar mede trawante soek altyd n verskoning en hoekom en waarom. Plaas hulle die berig lees en help soek. Maar nee hulle sal eerder afleidings maak van wat kon en wat moes ens.

CB ·

Wouter en Sarel! Hulle het ni gesê hulle gaan ophou uitkyk en net kommentaar gee nie. Ek is seker hulle versprei die woord dat die kindjie tog na gesoek word. Dee en haar trawante. Asb tog. Ek is dan verseker deel van Dee se span. Team TRAWANTE. En as mens na iemamd opsoek is begin mens tog wel by die familie en vriende van die familie en so kan mens haar opspoor. Sy het n hartseer verlede. Wat sal sy van julle dink as Sý dié berig moet lees en lees wat julle sê. Skaam julle 2!

Wouter ·

Sy is by haar eie ma. Kyk OFM se webblad. Sy is nie deur n moordenaar of wat ook al julle vrees ontvoer nie.

Oom Boer ·

Samantha, ons bid almal vir jou en hoop van harte dat alle soek spanne jou spoedig en ongedeerd terug aan jou geliefdes en veilige plek sal bring en jy weer verenig mag wees met jou familie. Sterkte en gebede aan Samantha se familie.

frans ·

Ek is ok n pa van kinders en die dag toe ek en die ma nie mee saam kan bly as gesin nie is ons met n par stamp en stoote uitmekaar ma ons het noit die kinders tusen ons gesit nie ek sien en het hule by my net waner ek wil en sorg vir hule behoevdes soos n pa ouers moeti kinders opmaak of weghou van mekaar nie verlange kan groot skade doen ek bid vir dai fam die kied is safe

Marcia ·

Iets maak nie sin nie… dit moet dan gesien word as ‘n naby persoon wat verantwoordelik is vir die ontvoering… meeste kinder ontvoerings is deur mense wat hulle ken….

Liewe Heksie ·

maar as hul dan vermoed wie het kind gevat wys ons sy of haar foto dan weet ons mos waarvoor om op te let of hoe dan nou

Ulrich ·

Ek hoop so hulle vind haar spoedig!!!!! Wel done Sarel, ek stem saam met jou, almal weet mos altyd beter. Daar is gevra vir julle hulp, nie kommentaar nie!

EMK ·

Miskien kan Maroela nou net duidelikheid gee: uit sommige kommentare wil dit lyk of die kind by die ma is en uit ander by ‘n suster se kêrel – so dalk is sy gevind en veilig?

Annie ·

Hoekom moet almal altyd bespiegel oor die redes agter so iets? Hoekom word die pa/man altyd verdink? Kom ons help net die kind vind en hou op bespiegel, dis nie vir ons om te weet wat die redes daar agter is nie, dis wel vir ons om te help om die kind op te spoor.

Wat ek wel gisteraand gelees het is dat dit blykbaar n ouer suster se vriend is wat die kind op aandring van die dogtertjie se ma by die skool gaan optel het, dus nie die arme pa wat skuldig is nie, wel die ma…hoe waar die beweringe is weet ek nie want ek vat nie als wat ek sien of lees as soetkoek op nie. Belangrikste is om haar foto so ver moontlik versprei te kry sodat sy gevind kan word.

Ackermann ·

Die dogtertjie is veilig dankie aan my span van ondersoekers en SAPS lede vir hulle harde werk en die moeite tyd wat in gesit is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.