Meisie gooi glo ander met kookwater by skool

Argieffoto: Pixabay.com

Die Gautengse departement van onderwys het ʼn voorval veroordeel waar een leerder glo ʼn ander leerder met kookwater gegooi het tydens ʼn onderonsie by ʼn skool in Brakpan.

Oupa Bodibe, die departement se woordvoerder, het Dinsdag gesê die voorval het by die Buhlebemfundo Secondary School in Tsakane plaasgevind.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die voorval Donderdag tussen twee graad 10-meisies, onderskeidelik 16 en 18 jaar oud, plaasgevind het,” het Bodibe gesê.

“Die meisies het vermoedelik rusie gemaak wat daartoe gelei het dat die 16-jarige warm water op die ander leerder gegooi het.”

Die Daily Sun berig die twee het glo oor ʼn kêrel rusie gemaak en die 16-jarige het kookwater in ʼn 2 l-bottel in die personeelkamer gaan gooi.

Bodibe het gesê die 18-jarige ontvang tans mediese behandeling en ’n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is teen die 16-jarige by die Tsakane-polisie aanhangig gemaak.

Die 16-jarige is geskors hangende ʼn tugverhoor. Sy is in die sorg van haar ouers vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Haan ·

Agtien en nog in standerd agt… Soos met al hierdie skool sake is daar weer n druipeling betrokke

Anoniem ·

Dit gaan my verstand te bowe dat meisies van hierdie ouderdom mekaar fisies takel oor ‘n boyfriend. Pleks hulle op hul skoolwerk fokus en hulself probeer ophef.

Rika G ·

Sy moes al klaar met matriek gewees het of nog in matriek die jaar. So baie van hulle van daardie ouderdom en ouer wat nog op skool banke sit.

Annelize ·

verdomp, leer ouers nog steeds nie, hoe kan jy jou kind alleen los by hulle

Lizanda ·

Dis hoekom sy sit waar sy sit kop is te besig met anderdinge, en in elkgeval wat soek sy in die personeelkamer, in my jare op skool was dit verbode om in die personeelkamer te kom!

Theresa ·

Nee wat. Sal loop waar sy wil – tot in die personeelkantoor in. Als is oop vir als en almal – anders krap mens die goedjies vreeslik om. Maar om ‘n ander aan te rand of seer te maak – dis nie so erg nie, sien. Iewers op TV weer gesien of die tip by van die moordenaars gekry. Dis mos ‘n geliefde manier van martel.

Christa ·

Gooi die meisie ook met kookwater, laat sy voel hoe dit voel.

kannieglonie ·

Eers spuit kinders ander kinders met spuitnaalde en nou gooi hul mekaar al met kookwater…wat gaan aan mwt vandag se kinders??o ja..hul mag mos nie meer gestraf word nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.