Meisie verdrink in Pta toe sy by pa kom kuier

Die polisie en paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

Die 12-jarige meisie wat Donderdag in ʼn swembad by ʼn huis in Centurion verdrink het, het by haar pa kom kuier vir die vakansie.

Kapt. Bonginkosi Amos Msimango, polisiewoordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê die meisie is oorspronklik van Marble Hall in Limpopo.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het omstreeks 11:00 in Valhalla plaasgevind. Paramedici van ER24 is deur die polisie na die huis ontbied. Die meisie was met ʼn kombers toegegooi toe paramedici by die toneel opgedaag het. Twee ander jong meisies en ʼn bejaarde vrou was op die toneel.

Paramedici het haar ondersoek. Sy het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Volgens Msimango het die meisies in ʼn buurvrou se swembad gaan swem, soos wat hulle gewoonlik doen.

“Terwyl die kinders geswem het, het hulle besef die meisie is weg en het haar diep onder die water sien lê. Hulle het die huiseienaar geroep, wat haar uit die water gehaal het.”

Geen vuilspel word vermoed nie. Die Wierdabrug-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die meisie se naam kan nog nie bekend gemaak word alvorens al haar naasbestaandes van haar dood in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anne ·

Mense – asseblief! Moet nie julle kinders alleen los by swembaddens nie! Dis so ‘n onnodige verlies van pragtige lewens. My hart en gebede gaan aan haar ouers asook al die ouers wat kinders so verloor het. Mag hulle saam die engele in die wolke baljaar.

Deloris ·

Dis nou al die hoeveelste kind wat gerdrink die seisoen…..??

E.K. die eerste ·

Baie baie hartseer hierdie tyd van die jaar veral. Ai mense NETTE en laat jou kinders swemlesse neem vanaf babatyd – dis elke sent werd al het jy nie self ‘n swembad nie!! BAie baie sterkte aan die ouers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.