Meisie in Zuma-foto’s ‘familievriend’

Die foto's wat die ronde doen op sosiale media.

Die foto’s wat die ronde doen op sosiale media.

Die jong meisie wat in foto’s verskyn saam met pres. Jacob Zuma, wat haar onder meer op die wang soen, is glo ʼn familievriend wat hy help grootmaak het, volgens bronne na aan die presidensie.

Die bronne voer aan die onderskrif wat saam met die foto’s versprei is, is vals. Die onderskrif het gelui: “he is not just a blesser, we are deeply in love and I am grateful for everything he has done for me, much love. Xo xo.”

Volgens die bronne is die meisie 16 jaar oud en nie 19 soos op Facebook beweer is nie. Die meisie is glo ook “baie ontsteld” oor die misbruik van die foto’s.

Zuma se seun, Edward, het intussen aan die media gesê hy beskou die meisie as sy “suster” en dat daar niks verkeerd is met die president wat haar soen nie.

Die presidensie het steeds nie op navrae oor die foto’s reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Adeline ·

Hy is n MASSIEWE verleentheid vir die land..maar die meeste van ons weet dit. ‘Hy het haar help grootmaak’..

lizaan ·

Wat hel hahahhahaha nog ‘n joke van Zuma sorry maar dit is nou al so bekend ek het vergeet om telag

Denise van Tonder ·

Ek wonder of Zuma dink die res van Suid-Afrika se mentaliteit is laag!!! Met hoeveel liegstories wil hy nog vorendag kom? Lagwekkend – dit is die minste wat ons kan sê!!!!

Tc ·

My sugar daddy is the president of South Africa,whê,whê!!!!
Ja,nee Mel vinnig word die storie verdraai,na sy erken “we are deeply in love”
Ayanda Mabula skilder vir ons nog kunswerk van die jong poppie en haar Sugar Daddy!!!!

Annemarie ·

Sy leuns het geen einde nie. Laughing stock of the world,

Corrie ·

Hy het homself bo alle wette of moraliteit geplaas. “The African way” trumps the law…..

humor ·

Ag neewat, julle is nou sommer onbillik met onse president. Kyk tog hoe mooi soet stropies is hy met haar. En kyk hoe mooi tuit sy haar bekkie. Miskien is sy ons volgende grootmaak president.

Kobus ·

Soen jou hier, soen jou daar, dan op jou voorkop, dan ….. op jou wang. Stort is uit. Guptas is uit. Sensor is in. SABC is in. Rapporteer oor misdaad is uit. Kripties ?

Kobus ·

Watter instansies sensor almal, dit is nou die persone wat se kommentare binne die perke van welvoeglikheid val, maar nie die instansie skoen pas nie.

Boetman ·

Nou weet ons waarop hy sy salaris spandeer: “airtime”, “nike” en “shooters”! Niks oor om vir Nkandla te betaal.

GES ·

Die man het geen einde of selfrespek nie. Wat ‘n verleentheid!!!

humor ·

Sy het sekerlik al n miljoen of twee wat eintlik in ons sakke moes wees.

Natasha Brittz ·

Hoe groter die gaatjie. Hoe kleiner die vaatjie. Hys n moegoe.

Janneman ·

Die slag kan hy dalk onskuldig wees, wie weet? Ek soen my 3 jarige kleinkind ten minste 10 keer n dag op die wang. Maar as sy 17 is gaan sy my skeef kyk as ek dit nog doen.
Wat egter skrikwekkend is dat jakob, rooi-oog-van-sabc en dudu nog staande is. Hierdie demokrasie en belastingbetaler se geduld is enig in sy soort in die wereld!

Asle ·

Zuma se vorige verkragtigings- slagoffer was ook ‘n familie- vriendin!!!!!!! Ek skaam my vir die gemors wat ek nou moet respekteer as die president van Suid Afrika.

Lance ·

Wie kan tog nog enige iets glo …leun op leun en krises op krises ….presies die situasie van die land …slaan net heeltyd vure dood ….hoe mens nog anc kan stem na alles van die mense gaan my verstand net te bowe !

Stefaans ·

Dit is sy skelmpie – een van sy comrades se dogter en Mev. Zuma # 5

Dan ·

Meskien ‘familievriend’ – noem dit wat jy wil. Dit maak haar uitlatings soveel meer kommerwekkend en siek. So draai maar die storie soos julle goed dink, hoe lui die spreekwoord: ‘elke hond kry sy dag’. “deeply in love..” lmga

Elizabeth ·

O?
gister was dit sy dogter op ‘n ander nuusblad. wat is dit nou?

Nico ·

Ja nee cover vir hom hulle is net so n verleentheid vir die land soos wat hy is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.