Meisie kritiek ná weerlig kinders tref

Foto: Netcare 911.

Drie kinders is Vrydag deur weerlig raakgeslaan tydens ʼn hewige storm tussen Welkom en Kroonstad in die Vrystaat.

Paramedici Netcare 911 het op ‘n pad naby Thabong gery toe omstanders langs die pad hul aandag getrek het. Die paramedici het stilgehou en is meegedeel dat kinders deur weerlig raakgeslaan is.

“Al drie kinders is omtrent 14 jaar oud,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Paramedici het die kinders ondersoek en vasgestel dat twee kinders matige beserings opgedoen het en die ander kind in ʼn kritieke toestand was.

“Ons het verwoed gewerk om die pasiënte te stabiliseer. Die meisie wat kritiek beseer is, het gevorderde lewensondersteunde behandeling benodig,” het Botha gesê.

Die kinders is na ʼn hospitaal in Welkom vervoer vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.